Wednesday, February 28

Dr Seuss verjaar by die skool

Ek het die afgelope twee dae weer bietjie by die skool gewerk en dit het my natuurlik geleentheid gegee om die graduation foto's (gister) en Dr. Seuss se verjaarsdagpartytjie vandag te kon ervaar saam met die kinders.

Dr. Seuss is 'n bekende strokieskarakter in boeke van wie die kinders baie hou. Vandag moes hulle hoede opsit wat pas by Dr Seuss of een van sy storieboek karakters en die kinders en/of hulle ouers en onderwysers was verskriklik vindingryk. Hier is 'n paar foto's van die hoede en die koeke geskenk deur die Sheikha. (Dankie vir jou aandeel in die neem van sommige van die foto's Sharyn)

Hieronder is klein Dean Carstens (van SA natuurlik) met sy "huisie" hoed. PJ (van Heerden) het ook 'n hoed op, maar in my boek sou die Blou Bulle hoed nou nie punte gekry het nie.

Nie seker wat hierdie hoed verteenwoordig nie.

Die laerskool klasse het orals buite gesit en stories gelees. Die hoededag het saam met hulle leesweek geval.

Hierdie onderwyser het gekom as .... ek weet nie ... maar dis baie geel.

'n Olifanthoed.

Marnus (Hendrikse), ook van SA, het ook hoed gedra.

Hierdie besondere hoed het soos 'n juwele kis gelyk.

Die juffrou het 'n hoed/sambreel vol blomme gehad.


Die skool het heelwat van die "royal-familie" as leerlinge. Die Sheikha (vrou van die Sheikh) het drie verjaarsdagkoeke vir Dr. Seuss laat bak om vir die kinders te gee. Die foto's mag dalkies nie wys hoe groot die koeke werklik is nie. Hierdie een is in die vorm van een van die boeke.

Dan die kersie op die koek. Die sjokolade koek. Hier word dit afgelaai en deur 6 groot mans gedra. Die sjef sĂȘ dat die koek 80 kg weeg!!!! Niks word hier klein gedoen nie.

Dis 'n koek van "The Lorax" een van die karakters in een van die boeke.

Vier mans moet hierdie halwe een dra.

Die paleis het ook hulle sjef saamgestuur om toesig te hou dat die koeke nie beskadig nie. Hier is hy besig om die laaste van die 3 koeke af te rond.


Die koek is 'n prentjie van 'n voorblad van een van Dr Seuss se boeke.

Tuesday, February 27

Nog een amper uit nes....

Dit voel soos nou die dag dat James hierdeur is. Ja, dis tyd vir die "graduation" foto's om geneem te word. William voel hy het 'n haarsny nodig voor die foto's. Selina knip sy hare en aan die begin is dit groot pret maar ....

Die man is ook baie versigtig. Net hierdie stukkie wat oop is .... en dan hou hy sy kop vas!

Netjies en reg vir die dag se foto's. Die res van die manne maak gereed vir die foto's

Almal het 'n storie te vertel of te verduidelik. Hier het hulle bietjie pret. Die ou regvoor, Stefan is ook 'n Suid-Afrikaner.

Ek weet nie hoe hierdie ma dit more gaan maak as haar dogter afgeneem word nie. Klaar was sy in trane oor William en more is Al-marie se foto's wat voorlĂȘ. Sy het sommer in die sekretaresse se kantoor op die grond gaan sit. Beide Sharyn (op stoel) en Hannelie (op grond) is Suid-Afrikaners.







.

Foto "update" uit Egipte


Eddie se 7 dae trippie Egipte toe is nou-al 11 dae lank. As hulle nie nog werk vir hom uitdink nie, behoort hy Vrydag weer in Abu Dhabi te wees. Eergister moes hy gaan werk doen in Alexandria en hier is bietjie foto's daarvan. Klik op die foto vir 'n beskrywing - vir die wat nie beskrywings het nie, dit sal kom. (Sal van hom 'n volledige verslag vra ... oor Egipte).

ADSAC 2007


Kan julle dit glo. Hierdie meisies het net gisteraand van die vliegtuig afgeklim na 'n toernooi in Egipte en hier moet hulle al weer aan 'n toernooi deelneem. Die meisies was moeg en bietjie kranklik en die eerlike waarheid ... ek het nie eers gedink hulle sal hul eerste wedstryd teen 'n baie sterk span wen nie. Maar hulle het almal verras en al hulle wedstryde gewen om deur te dring na die semi-finaal toe. Die wedstryd was 'n tawwe een en hulle wen in die laaste sekonde met 2 punte. Sonder ruskansie moes hulle toe in die finaal teen hulle groot teenstanders ACS speel. Die meisies het hulle harte uitgespeel, maar die bene en arms was nie altyd so gewillig nie.

Ons is trots op julle tweede plek ---- julle het 'n harde week agter die rug, julle is sterre. GO LIONS!

Kindergroep

Gisteraand tussen die basketbal toernooi was dit nog Kindergroep ook. Soos altyd het die kinders die Praise en Worship geniet en ek deel van die foto's met julle. (O ja, die rede waarom ek foto's van hulle neem, dit kom in die weeklikste kindergroep epos aan die ouers). Ongelukkig met al die gejaag tussen les en wedstryd het ek nie afgeneem wat in die groepe gebeur het nie.


Daleen dans "before we go ... we stop" saam met 'n paar van die meisies en Liam.

Sarah, Daleen en Claudia besig om saam met die musiek bewegings te doen.

Klein Philip, die twee voordansers en Dominique

Nog van die meisietjies wat dans.


Monday, February 26

"Spiderman" besoek Abu Dhabi - weer

Gister het die Fransman Alain Roberts alias Spiderman Abu Dhabi weer besoek om die hoogste gebou hier (38 verdiepings) te klim. Dit was nie sy eerste besoek aan Abu Dhabi nie en vorige kere het hy oa die National Bank of Abu Dhabi en Etisalat (waar Eddie werk) geklim. Hierdie keer was dit die Investment Authority Tower op die Cornish.

Die man lyk glad nie skrikerig vir die hoogtes nie
Amper bo en die mense se nekke al seergekyk
Duisende het die strate vol en toegepak.

Spiderman word trap vir trap dopgehou en elke beweging word uitgewys.



Saturday, February 24

ENGELTJIE, duiweltjie, DIEF

'n Fotoberiggie vanaf Bloemfontein. My "engeltjie" (hoekom twyfel ek?) en 'n "duiweltjie" oppad na 'n partytjie.

Hoekom lyk die engeltjie nie soos een nie ....OK nou is ek bekommerd, wat dink hy?

(Dankie vir die foto's seun)

'n Rustige middag vir 'n slag

Geen sportwedstryde en geen kitaar en die middag is sommer stiller!! Met Eddie en Nelmari wat elkeen op sy/haar eie misie in Cairo is, het ek en William gisteraand gaan ietsie eet (ja, ek weet Marie). Ons was nie heeltemal alleen nie, Selena (die meisie) was ook saam.

William is nie iemand wat enigiets "normaal" op 'n spyskaart bestel nie, hy probeer altyd iets nuuts wat niemand anders voor kans sien nie. Gisteraand was dit weer die geval. Sy "drankie" was 'n peanutbutter en piesang melkskommel. Uuug ja, en dit proe soos dit!!

Hier verduidelik hy vir Selena hoe dit smaak.


Laat ek net 'n bietjie van die room af eet.

Dis baie lekker ..... (Ons het nie so gedink nie)

Die twee ernstig besig om die diensvorm in te vul