Tuesday, March 29

Besluite, besluite, ons tel die dae af

Nog net 3 weke van formele skool ma dan's ek klaar, is al wat ek van Nelmari hoor! En so word die daggies afgetel ... En dan is dit nog een uit die huis in 'n ander land besig om te swot.


ANLP004


William stuur foto's van "sy werk" en dit laat my dink aan die kinders se loopbaanbesluite. James het onmiddelik geweet hy wil iets gaan swot wat met sport te doen het en na vier jaar studies is dit wat hy doen. Lekker geen hemp en das vir hom nie.


Page2


William aan die ander kant swot en doen nog prakties - en dit om ander mense op hierdie hoe stillasies te laat klim sodat hulle oa kan leer van saamwerk, hulle vrese oorwin en selfvertroue in hulleself ens. Baie firmas maak deesdae van hierdie metodes gebruik om hulle werkers spanwerk te leer. En ek het nooit geweet mens moet swot om sulke waaghalsige dom goed aan te vang nie :-).


Page3


Miskien was die invloed van die warm Abu Dhabi onbewustelik groot in hulle finale besluit op beroepe, ek weet nie. Het die feit dat daar 41 nasionaliteite in die skool is, 'n rol gespeel in hoe die kinders met mense werk en klaarkom? Nelmari wik en weeg nog tussen twee keuse maar in dieselfde rigting. Wat sou haar beinvloed het wonder ek? Dink julle waar en hoe mens grootword speel 'n rol??


Hoe dit ookal sy, ek wil net he dat hulle gelukkig moet wees in hulle keuse en dat dit lekker moet wees om jou werk te doen en dat hulle presies daar moet wees waar Vader hulle wil he.


Nou is dit een daggie minder as drie weke ...... en ons tel af.


Thursday, March 24

Tussen die ontwikkeling en glasgeboue

Ek het al baie vertel van al die ontwikkeling en hoe geboue wat orals opspring in die dorp - en meeste van die tyd kan mens ampertjies vergeet jy's in die woestyn. Een van die "goed" hier wat my elke keer terugbring na die "woestyn" en iets wat ek so geniet om te sien is dit ....

DSC_0065

Kamele is nog steeds ondanks al die groot 4x4's en plat motors deel van hulle. Oppad mall toe het Nelmari sommer die outjie agter op die bakkie afgeneem.

DSC_0067

Wonder of die ou ook mall toe gaan? Dit lyk darem asof sy/hy baie geintereseerd is in al die 4wiel kamele rondom. Miskien wonder hy ook of sy oupa en ouma lank terug die oorspronklike pad uitgeloop het.

Amper naweek vir almal!

Sunday, March 20

Alles het ‘n einde

‘n Naweek wat die einde van ‘n klomp goed gebring het en natuurlik lekker sport uitslae vir my met die Proteas en Stormers wat ook hulle ding gedoen het.

Page2

Eerstens was dit die laaste wedstryde van die seisoen met die ISAC toernooi in Oman. Die span het 'n goeie UAE seisoen agter die rug en die span se nuwelinge het geweldig ontwikkel, dus het almal versigtig opgewonde uitgesien na die toernooi. Nelmari wat vanjaar haar sport mooi moes balanseer met die laaste jaar van IB het self 'n goeie seisoen gehad en sy wou so graag haar laaste wedstryd met 'n wen afsluit.

DSC_0066

Waar ons in SA gewoond is aan interskole toernooie, kan Nelmari regtig geseend voel met al die geleenthede wat sy deur die jare gehad het. Met haar lengte ‘n groot voordeel, het sy reeds haar skool in Graad 5 by ‘n internasionale toernooi in Cyprus begin verteenwoordig. Hier is die span met uitsondering van die een met die kortbroek, reg om lughawe toe te gaan.

DSC_0068

Hoekom mens dit hou weet ek nie, maar sy het al die toere se vliegstrokies gehou. Sedert Graad 5 was sy in Cyprus (1x), Kuwait (2x), Qatar (2x), Syria (1x), Egipte (1x) en Oman (x5). Toernooie is in die jare ook weens onrus en oorloe partykere afgestel.

DSC_0020

So ‘n hele klompie jare het James hulle se span die leeus op die gym se mure geverf en met William se kuier hier in Januarie, het ons die “laaste” foto van die drie saam met hulle afrigter by dieselfde leeus geneem. Tim het op een of ander stadium die laaste 13 jaar ten minste een Holloway in sy Varsity span gehad en ‘n groot rol ook in die kinders se “sportontwikkeling” gespeel.

DSC_0069

En wat 'n lekker manier om mens se skool sportloopbaan mee af te sluit, die Varsity Basketball kampioene vir 2011!!!

En nou is dit die einde van 'n era van soos hy (Tim die afrigter) dit noem "the Holloway clan" wat skoolsport betref. Ek weet nie of ek bly of hartseer is nie. Maar nou le die universiteit sport voor :-).

GO LIONS!

Tuesday, March 15

Kuns in hierdie land

Dis nou al 'n paar maande later as November toe ek oorspronklik die foto's wou wys, maar ek gaan in elk geval. "Kunstefeeste" in watter vorm (musiek, kuns, rolprente) ookal, is deesdae baie gewild hier in die dorp en nou 'n jaarlikste instelling. Waar die klasiekemusiek fees in die volgende week of wat gehou word, is die kunste gewoonlik rondom November. Die uitstalling is by 'n groot hotel gehou en die werke van ongeveer 49 kunsgallerye was iets om te sien. Kyk net 'n bietjie.

73211_453654187927_533407927_5376244_7285550_n


73614_453653552927_533407927_5376225_7455144_n


73731_453652807927_533407927_5376204_5374898_n


74359_453655422927_533407927_5376284_5408114_n


76099_453655077927_533407927_5376272_497800_n


76617_453653157927_533407927_5376216_2288210_n


76697_453655367927_533407927_5376283_3014101_n


148495_453653712927_533407927_5376230_5387059_n


149615_453654422927_533407927_5376252_2169638_n


149915_453653282927_533407927_5376220_6652386_n


150050_453654232927_533407927_5376245_6632477_n


150200_453655287927_533407927_5376281_5706725_n


Hayv-Kahraman_080206_ssh


Watter een sou jou keuse wees?


Thursday, March 10

Van die eiland na die eiland

Ek kan nie glo dat ons alweer in die middel van Maart is nie. Die jaar het met al so dingetjies met 'n spoed en besig wees weggespring. Nie dat ek kla nie, want meeste van alles is iets wat ek verskriklik geniet. Na ons eerste kerkdiens op die eiland van Sir Baniyas, is 'n maandelikse diens nou op die lys en ons sien uit daarna om te sien wat Vader daar beplan.

Page7

Gewoonlik het ons 'n groepie jongmense saamgeneem om die diens ook by te woon, maar hierdie maand met netbaltoernooie ens was dit net 10 van ons. En watter lekker verrassing om soveel van die eiland Suid-Afrikaners hierdie keer te sien. Dit was lekker om die "ou" en "nuwe" gesigte te sien en daar was 'n besondere boodskap vir elkeen van ons.

Page1_0

Weereens is ons genooi om saam met die inwoners te eet. Een van die mans op die eiland is 'n plantkundige en na ete het hy almal geintereseer met inligting. Die "tandestokkie" het almal aan die proe en byt gehad alhoewel ek nie weet of ek weer daai gras tussen al die ander sal herken nie.

Page2

Die kameelperde was soos altyd 'n gewilde stop en honderde foto's deur almal geneem. Mens kan nie help nie, hulle is so oulik.

Page3

Ons het gevra vir 'n seestop want Nelmari soek skulpies vir haar verjaarsdaguitnodigings en soos gewoonlik het ons dit vreeslik geniet.

Page4

Wou darem ook vir die nuwes in die groep die ou kerk uitgrawings gaan wys en om te sien hoe hulle stukkie vir stukkie nuwe mure uitgrawe. Die moontlikheid is genoem dat ons selfs 'n diens hier by die uitgrawings kan kom hou ... dit sal so lekker wees.

Page5

Die bokke was hierdie keer baie nuuskierig en het selfs na ons in die motor kom loer. Die kleintjie op die foto links het baie ooooooee en aaaa's gekry en ons het gehoop die trop hardloop nie bo-oor hom/haar nie.

Page6

Daar is altyd so 'n heerlike rustige gevoel as mens op die eiland is en mens voel half hartseer as jy die eiland moet verlaat en die besige paaie moet aandurf, maar darem is dit net tot April.

Liefde

Saturday, March 5

Werkuitstappie

Daar is soveel mooi klein dorpies in die wereld wat ek nie eens van weet nie, en die een voordeel van rondreis en duisende foto’s neem, is dat mens die naam en wat besonders aan die plek is begin onthou. Natuurlik met die ouderdom vat dit langer, maar mens is nooit te oud om nuwe name te leer nie.

molen van de Zuidpolder

Eddie is die afgelope week vinnig vir ‘n heen en weertjie Nederland toe vir werk, en het in die dorpie Edam gebly. As ek Edam hoor, dink ek kaas …. natuurlik sal ek nie heeltemal verkeerd wees nie, maar ek het nie regtig geweet daar is ‘n dorpie met die naam ook nie. So kom loer sommer saam met my na ‘n paar foto’s.

CSC_0144

Die dorpie het sy ontstaan so rondom die 12de eeu toe boere en vissersmanne langs die Ye rivier kom bly het en so die naam “Yedam”.

DSC_0028

Skeepsbou het ‘n groot rol in die dorp se ontwikkeling gespeel en vroeer jare het hulle ‘n groot hawe gehad waar bote gebou is.

DSC_0016

Lyk my vandag bou hulle sommer die bote in die agterplaas.

DSC_0005

Daar is heelwat historiese geboue as mens langs die kanale, waarvan daar baie is, stap.

DSC_0010

Lyk vir my asof parkering ook soos in baie stede oor die wereld ‘n probleem is alhoewel

DSC_0020

fietsry ‘n meer gewilde opsie is. Met ‘n dorpie waar hulle se ongeveer 7300 mense bly, is/kan parkering darem seker nie te groot ‘n probleem wees nie.

DSC_0018DSC_0093

Met die dorpie wat rondom ‘n dam naby die Zuiderzee gebou is, beteken dit ook dat daar orals kanale is waar bote deur en op vaar.

CSC_0178DSC_0140

Mens kon amper dink jy’s in SA met van die bote se name.

DSC_0012

Die kanale maak nogal op ‘n foto lyk asof dit ‘n baie rustige dorpie is. Die bome is maar lekker kaal en ek hoor dit was lekker bibber koud daar

DSC_0132

Ek neem aan dis ook nie nou tulpe tyd nie, maar die straatmarkte het beslis ‘n goeie voorraad plantjies en saadjies te koop.

DSC_0007

En natuurlik is ‘n besoek aan die kaasmuseum en winkels ook ‘n moed. Daar is kaas huistoe gebring maar ek’s nie seker wie se geskenk dit is nie.

CSC_0126

Alhoewel Nederland bekend is as een van die lande, indien nie die land waar sedeloosheid heeltemal oorgeneem het, was dit darem bemoedigend om die foto te sien.

DSC_0029

‘n Pragtige dorpie en soos hulle “advertensie” se, kom kyk maar self. Weet nou nie of Nederland op my lysie van moet sien is nie, maar mens weet nooit want net in die week het ek ‘n geleentheid gekry om Singapore te besoek Nie dat dit op my lysie is nie, maar dis 'n aanbod wat mens stupid sal wees om te weier. Wonder of ek toestemming sal kry?

Geniet julle naweek en mag ons spanne in die krieket en rugby sommer baie goed doen!