Friday, October 28

Ons geniet en ervaar die dorpie

Wat presies wil julle he ons moet in Outjo kom doen was 'n vraag wat ek baie gevra het. Die antwoord vir iemand soos ek wat hou van vooruit beplan was nie eintlik bevredigend nie "kom, bring alles saam wat jy kan en dan kyk ons hoe en waar" want hier is baie om te doen. Ek het mooi op die kaart gekyk waar die dorpie is, maar niks kon ons voorberei op wat ons die afgelope week al ervaar het nie. En natuurlik moes alles in 'n kort tydjie gedoen en gebeur. Ons is vinnig in kennis gestel dat die eerste dag ons die Kanker 5 km moet stap - wat dan ook 'n geleentheid is/was om die dorpie se inwoners te ontmoet. Almal, behalwe ons natuurlik, was in pienk en ek het lanklaas soveel mense bymekaar hoor Afrikaans praat. Ek dink dat 'n groot presentasie van die dorpie se mense deelgeneem het en Elriza kon ook tydens die wedloop met van die jongmense kennis maak. Die res van die dag is op die plot deurgebring en het ons die buite wees geniet! Drummer die Great Danes moes gebad word en dit het vir groot vermaak gesorg. Hierdie ou het net heeltyd uitdrukkingloos voor hom uitgestaar en ek wonder wat hy gedink het. Wanneer hy wel weggestap het, het dit heelwat gekos om hom weer by die waterpyp uit te bring. Orals op die grond is diere en hul babatjies en selfs die poue wat Vicky hans grootgemaak het, kom kuier en eet bietjie van Drummer se kos. En het ek al gese ons geniet die buitewees en groenigheid? .... Ons geniet die buitewees, groenigheid en al die diere verskriklik. In die laatmiddag is daar selfs geleentheid om lammers bottel te gee. Ons geniet dit en sien uit na die "werk" wat die volgende dag begin.


Lekker naweek vir julle!

Tuesday, October 25

'n Avontuur begin

Groot opgewondenheid om die uitreik na Namibia te begin en nog meer toe ons hoor dis maar 'n klein vliegtuigie wat vanaf Johannesburg af Windhoek te vlieg. 'n Maksimum van 37 en ons kan lekker uitkyk oor alles. Daar is selfs party van ons wat kans kry om aan 'n boodskap of twee te werk. Wat ons nie geweet het nie, is dat die vliegtuig eers op die besige Walvisbaai lughawe gaan land en vir 'n paar minute oorstaan voordat 7 van ons verder vlieg. Na Abu Dhabi en selfs Johannesburg lughawens is dit ons eerste indrukke van Walvisbaai s'n. Windhoek lughawe was nie veel groter nie, miskien net die grootte van die vliegtuie. Paul en Vicky kry ons op die lughawe, nadat ons eers bietjie gesukkel het om die visum stempel in ons paspoorte te kry. Ons eet lekker middagete saam met nog ander in Windhoek en toe die langpad Outjo toe. Die padmark in Outjiwarongo is toe vir die middag - nie dat ons regtig kano's wou koop nie. Laat eers in Outjo waar ons heerlik buite langs die vuurtjie kon sit en braai. Lank laas wat ons so buite kon kuier en sterrekyk ... en ons sien vreeslik uit vir wat in die volgende week voorle.


Ek deel dit gou

Monday, October 10

Tel 'n kerkgebou punte?

Altyd lekker vir my as ek op iets nuuts in Abu Dhabi afkom wat ek nog nie vantevore gesien het nie. Nou 'n moskee in hierdie dorp is glad nie "iets nuuts" nie, want elke straathoek het omtrent een, maar hier by die derde sandduin in die woestyn is hulle nog relatief skaars. En om eerlik te wees, kyk mens hulle hul so half en half mis omdat almal maar min of meer dieselfde is en omdat dit nie 'n plek is wat ek besoek nie.Natuurlik het ons al by die oudste een in die UAE gaan besoek afle (400+ oud) en loer hoe dit binne lyk. As julle meer daarvan wil sien kan julle hier gaan lees. En die mees indrukwekkendste en groot ene. Alles hier is groot, vanaf die mat en indrukwekkend en duur en grootste koepel en lig selfs in die aand.


Page1


Hulle het selfs bietjie moderne begin gaan met van die moskee ontwerpe, maar die een wat ek hierdie week gesien het, net so 'n klipgooi van ons af by duin 4 het met die eerste sien na een van die kerke by die huis gelyk. Jinne sou dit nie lekker wees as ons kerke hier daardie tipe geriewe gehad het nie? Iemand se boustyle word deur mense en omgewing beinvloed ~ sou dit waar wees?


Page2


Ons klein kerkie wat nou onlangs van die eiland af begin het, (die op die eiland een het darem 'n groot kompleks wat 21 kerke gebruik) word gehou in 'n Arabiese restaurant. Ek wonder of die mense gedurende die week dis 'n kerk op Vrydae oggende :-). So dankbaar dat die gebou en plek nie saakmaak wanneer ons God wil worship nie.


Lekker week vir julle!


Liefde


Tuesday, October 4

Lekker vuil hande

Dit voel omtrent soos 'n ewigheid dat ek laas geblog het. Intussen het al ons groepe en aktiwiteite begin met die nuwe jaar wat middel September afgeskop het. Vir alles wat in ons groepe gebeur kan julle hier gaan loer. Ek het ook iewers al genoem dat ons beplan aan 'n uitreik in Namibie en met die vliegtuigkaartjies wat bespreek is, kan ons ook nou besig en opgewonde uitsien na die trippie. Nie heeltemal seker wat alles daar vir ons voorle nie, maar die hoofdoel is om te gaan uitreik in die gebiede waar veral ons kinders sukkel en om hulle van Jesus se liefde vir hulle te gaan vertel. Dan ook om te kyk na verskeie projekte waar ons jongmense in die nuwe jaar kan gaan werk. Ek dink opgewone is ligtelik gestel, dis soort van 'n afwagting ... want daar is/gaan hope geleentheid wees waar ons kan werk. Maar verseker sal julle van alles vertel word.


DSC_0008


Nelmari en Elriza het ook weer hulle pottery klasse begin en die vorige handwerk het pragtig uitgekom en word in beide huise reeds gebruik :-). Nelmari het vreeslik uitgesien om op die wiel te begin en verlede week was dit tyd.


DSC_0012


Sy het sommer gou-gou agter die tegniek gekom en gou-gou 'n silinder begin maak.


DSC_0015


'n Mens kan maar lekker vuil raak en die meisies was behoorlik vol van die klei na die tyd.


DSC_0014


Baie tevrede met wat sy regkry kan mens sommer sien.


Intussen was daar nog 'n klas en na Namibie sal ons kan sien hoe die bekers en goed lyk nadat hulle behandel en geverf is.


Geniet die week!