Thursday, February 15

Valentynsdag en William

Dis Valentynsdag en gelukkig, behalwe een vorige keer 'n klompe jare terug, het die seuns se planne nie te veel die huishouding omgedolwe nie. So 10 jaar terug wou James vir sy "meisie" 'n katjie vir Valentynsdag gee en moes ons eers by die ouers toestemming kry, en die kat toe saam met die koerant die oggend voor die deur hê. Sien as die pa die koerant optel, is die katjie met die strikkie daar. Wel dit wás destyds 'n treffer en genadiglik die laaste vroeg opstaan vir Valentynsdag. Ongelukkig het ek nie foto's geneem nie, maar vandag met William se poging was die mamma-ratzi en pappa-ratzi daar in volle sterkte, tot sy spyt.

Die ou het besluit op 'n verrassingspiekniek vir Selina. Hier berei hy die kos voor.

Hy steek weg agter die koelboks. Asb ma moenie alles afneem nie.

Die druiwesap glase en 'n bottel met 'n spesiale gemaakte Valentyn-label. Met 'n hartjie, name, datums en alles.

Ag tog, ek gee moed op met al die foto's.

Neem tog net hierdie een en kry klaar asseblief ma.
By die piekniekplek
Selina kyk na die "label" van die bottel
Dankie William.

2 comments:

Anonymous said...

Waar is Casanova? Nelmarie

Sandra said...

Kan jy nie sien nie sussie, hy's self die Casanova die keer