Thursday, December 29

Mengelmoes van kleure en geure

Ons kan die laaste week of twee glad nie kla oor die weer nie, dis regtig heerlik koel en in die lae twintigs ~ wat beteken dat mens net jou baadjie wil uithaal en dra want dis koud! Dus die regte weer om weer 'n besoek aan die Global Village te bring aangesien dit nie gedurende die somermaande oop is nie.



DSC_0018



Alhoewel die park al 15 jaar bestaan (so lank soos ons hier is) is dit maar die derde keer dat ons daar gaan kuier en veral na 'n klomp bouwerk was ek nuuskierig om te sien wat daar gedoen is.



Page1



Hulle se dit is die grootste toerisme, vermaak en inkopie projek in die wereld .... natuurlik mens weet mos die ouens hou van grooter, beter ens. Ek's nie heeltemal seker van die feit nie, maar dat dit jaarliks meer as 6 miljoen mense trek en dit in die paar maande wat dit oop is, glo ek, want dis besig!!



Page2



Omtrent 25 lande het stalletjies, en dan bedoel ek STALLETJIES waar goed uit die land verkoop kan word. En as mens so instap en die kleurvolle items, materiale, matte, beddegoed, skoene, ens. ens. is so kleurvol uitgestal, stap mens baie moeilik daar verby sonder om iets te koop. Anders as my maatjies, kan ek dit natuurlik doen :-).



Page3



'n Plek waar die wereld bymekaarkom sodat mens kan koop en na opvoerings en uitstallings van die onderskeie lande kan kyk. Hier is die stalletjies van Spanje, Syria, Tunisia, Morocco en die Philippines.



Page4



Ja, daar is 'n Afrika paviljoen ook, maar jy gaan hard soek as jy SA soek. Dis Afrika en al die produkte wat mens maar voor die dieretuine en vlooimarkte kry. Mens het eintlik gehoop daar is so 'n bietjie "huis" iewers uitgestal.



Page5



Dis 'n baie feestelike atmosfeer en orals is daar klein opvoerings van danse en musiek van die verskillende lande.



DSC_0041



Die mensgemaakte "rivier" wat deur die village loop waar mens op 'n abra kan vaar. Met al die liggies lyk dit vreeslik mooi. Neem kennis van die baadjies en stewels .... dis winter :-).



DSC_0052

En altyd nog 'n tydjie om rond te soek vir 'n winskopie en ek moet erken dat party produkte wel goedkoper hier is.


DSC_0074



Daar is ook 'n groot pretpark, maar die meisies het slegs op die "big wheel" gery om die liggies van bo af te kan sien.



DSC_0102



Moeg geloop soek ons vir 'n lee bankie en die enigste een is op die "rivier". Maar ons word bederf met 'n pragtige watervertoning reg voor ons :-)




En so met die wegloop 'n Global Village-vertoning in die water en rook met laser .......


Hoop julle almal geniet nog 'n heerlike vakansie!


Liefde


Monday, December 26

Die tydjie voor Kersfees

Die laaste paar weke veral die aanloop tot Kersfees was maar ernstig dol, ek's seker by julle ook en van blog was daar geen sprake nie. Hier is so 'n paar goedjies wat ons gedoen het :-).


Page3


Die vroue Retreat was 'n absolute noodsaaklikheid so voor alles en veral omdat dit 'n "stil" retreat is, waar ons baie min praat en net in Pa se teenwoordigheid tyd spandeer.


. Page4


Elkeen het in afsondering iewers gaan sit en werk en later het ons bymekaar gekom om 'n handwerk item te maak.


Page5


Dit was werklik weer 'n geseende tyd saam met 'n paar ander vroue. Julle kan gerus hier bietjie meer daarvan lees.


Page1


Ons kinders het ook hard geoefen aan hulle Kersspel ~ van die jong volwassenes waar oa James, Leane en Nelmari by betrokke was, het ook deelgeneem.


Page2


Die aand van ons opvoering het baie ouers en vriende dit bygewoon. Ons het ook eetgoed verkoop om fondse vir die Namibia-projek in te samel ~ amper R8000 vir 'n eerste keer was ongelooflik.


Page6


Die kleintjies het ook Jesus se "verjaarsdag" gevier met 'n partytjie. Hulle het begin om versierings vir die boom te maak, en daarna het die jongmense en Elriza vir hulle vertel wat die betekenis van alles op die boom is voordat daar lekker geeet en gespeel is.


Page7


Ook by die kerk het die kinders 'n "kersopvoering" gedoen.


Anders as jare terug in die sandland, het ons orals die gevoel van Kersfees gekry.


Nog is dit die einde niet. Geniet die laaste week van die jaar!


Sunday, December 11

Alles kom in rooi, groen, wit en swart

Ons ry gisternaand na die Emirates Palace toe vir 'n Kersfees simfonie konsert en ek sien die liggies is nog almal op en die dorp lyk heel feestelik. Daar is 'n paar wat ek nog nie gesien het nie wat ek beslis moet gaan afneem.


Page1


Met al die feesvieringe van die land se verjaarsdag amptelik verby verlede week, lyk dit asof die mense dit nog so 'n klein bietjie wil vier en orals in die dorp is villas met vlae versier. Hier aan ons kant van die woestyn het party villas masiewe vlae.


Page3


Minder versierde motors in die strate, maar vir party is "versier"nie 'n woord nie, ek kan nie glo hoe die motors opgemaak is nie, blomme, ruikers, prentjies en enigiets wat moontlik kan.


Page4


Anders as by die huis is die winkelsentrums nie vir Kersfees versier nie, maar in nasionale kleure - maar dit gee alles nog steeds 'n feestelike gevoel. Foto onder regs was nog 'n "wereldrekord" aanslag. Die grootste landswapen gemaak van dadels. Ek neem aan die dadels is gekleur.


Page5


Dan natuurlik in die aand word alles "opgelig" as dit donker word en dit lyk so mooi. Het gisteraand die paleis se mure gesien en dit was werklik iets besonders. Selfs 'n motor versier met liggies :-).


Page2


Groot vieringe is op die 2de gehou by die sportsentrum gehou. Ek dink alles wat lankgenoeg stilgestaan het, is in vlagkleure geverf of verlig.


2867551204


Die kersie op die koek was hierdie foto wat ek in die plaaslike koerant gesien het. Die goudvissies is ook met die vlagkleure geverf. (ek weet nie is dit dieremishandeling nie)


Sterkte met julle week vir baie die laaste voor vakansie, en ander wat met vakansie gaan veilige reis.


Liefde


Friday, December 2

Die woestynland word 40 jaar oud



Elke jaar rondom 2 Desember, blog ek oor die woestynland en sy feesvieringe rondom hulle Nasionale dag. Ek wys die versierde motors, die geboue en liggies! Vanjaar het ek nog nie daarby uitgekom om regtig klomp foto's te neem nie - dis op die bucket lys vir die week.

Hierdie jaar is dit egter 'n spesiale viering want die land is 40 jaar jonk. Dis partykeer moeilik om te glo as mens sien wat hulle alles in die 40 jaar vermag het. En om te dink al die plaaslike mense ouer as 40 en selfs 50 het nog in die regte egte woestyn gebly en kamele gery en dit net nou die dag!



Ek dink hierdie land het met reg rede om groot fees te vier.

Een van my gunsteling plekke om hier af te neem is die groot moskee soos julle wat gereeld hier lees weet, en dit was een van die plekke wat deel van die vieringe is. 'n Laservertoning wat die oorlede Sheikh se visie dmv ligte wys. Hier is 'n paar foto'tjies daarvan.



Page2



Daar is twaalf tonele op die mure van die moskee gegooi wat die storie uitbeeld. Die eerste toneel was sy persoonlike gevoel oor die moskee en dit het gepaardgegaan met die swaai van ligte en klere orals oor die mure.



Page3



Dan was daar 'n toneel wat die verskillende patrone wat in die moskee gebruik is.



Page4



Die grootste kandelaar se patrone is ook gebruik en met 'n ander een die blomme wat groei simboliseer.



Page5



Ander tonele uit die hoofgebed saal is ook gewys en dan die koepels se kleure.



Page6



Palmbome was gewys wat groei verteenwoordig is oa ook gewys.



Page7



Kleure, lig, teeltonele en sterre is gebruik vir van die ander tonele.



2471966236



Hierdie foto was in die koerant en wys die ten volle verligte moskee uit die lug .... werklik iets besonders. Sal na die naweek vir julle van die ander foto's en die-land-gaan-oorboort-stories wys en vertel.



Geniet julle naweek!




Tuesday, November 29

Vele kontraste

Dit is seker tyd dat ek ophou "vakansie" in Namibia en die foto'tjies bere. Die Nel'le het ons natuurlik met 'n ompad lughawe toe gevat en ons het ons verkyk na nog meer kante van die land wat ons nie geken het nie. Die eerste stop was Hentiesbaai ... En nou ja die van julle wat my ken, weet ek dood oor die see en hier in die klein vakansiedorpie vir vissermanne kon ek my verkyk aan die see en die sonsondergang.


DSC_0152


Hentiesbaai het 'n lang geskiedenis wat begin het toe Dias rondom 1488 klomp vis daar gevind en hy dit die Kus van die Vis genoem het. Maar sy naam het hy gekry van 'n majoor Hendrik "Henty" van der Merwe wat die plek in 1929 "ontdek" het terwyl hy vir water gesoek het. Hy het al langs die Omaruru rivier gekom en later gedurende 'n Kersfees 'n klein houthut naby die rivierbank gebou wat toe bekend geword het as Henty se baai en later 'n vakansieplek vir baie, met baie vis vir die vissermanne.


DSC_0177


In 1951 is die erwe gesoneer en huise het begin opskiet met 'n lighuis wat mense teen die gevaarlike kus waarsku, al lyk dit nie so op die foto nie. 'n Paar jaar later is die hotel gebou en die dorp het ontwikkel :-). Die huisie langs die see is hoog op die duine gebou en dit het 'n besonderse uitsig.


DSC_0184


Alhoewel daar baie ontwikkel aan die gang is, is dit nog 'n "klein" dorpie met 'n unieke informele karakter. Die huise het snaakse name, meestal in Afrikaans, die strate loop nie in blokke soos mens gewoond is nie, daar is geen verkeersligte nie en daar is soutpaaie. Hulle waarsku mense egter dat die verkeersman sy werk baie ernstige opneem veral as mens nie die padreels nakom nie - en dat mense versigtig moet wees vir die twee spoedwalle!


Page1_0


En dan het ons hier in Abu Dhabi gespog met ons sand golfbaan .... en Hentiesbaai het ook een. Uitgele in die droe loop van die Omararu rivier, 'n 9 putjie van amper 3 km lank. Dis 'n baie gewilde speelplek vir die golfers in die vakansie en gedurende Desember is daar ook 'n groot golftoernooi. Vir die van julle wat graag op 'n sandbaan wil speel en dink Abu Dhabi is te ver, probeer Henties.


DSC_0188


Nog 'n bekende landmerk van die dorp is die "Galg" wat deur twee dorpenaars opgerig is met die woorde "'n Gebrek aan selfdissipline is my grootste skande" Op die kennisgewing word mense ook gewaarsku teen rommelstrooi. Die galg was bedoel om as waarskuwing te dien vir morsjorse en vandale oor wat met hulle gaan gebeur as hulle gevang sou word :-).


Page2_0


Oppad Swakopmund en Walvisbaai toe, ry ons verby die dorpie Wlotzkasbaken. Hulle noem dit 'n vakansiedorp, maar dis 'n baie "eksklusiewe" plek vir blanke Duitsers en volgens die inwoners in ander mense nie baie welkom daar nie. Die dorp is vernoem na 'n Paul Wlotzka. Daar is omtrent 100 erwe en die mense het GEEN elektrisiteit ens. nie. Water word in watertenks opgegaar en die wat nie sonpanele het nie, gebruik lampies. Dit lyk eintlik so met die verbygaan na 'n spookdorpie, maar die mense is blykbaar baie aktief besig om met die regering te baklei om alles te hou soos dit is.


DSC_0200


Orals oppad kan mens sien dat visvang groot is, want mense staan sommer so langs die hoofroete en visvang.


DSC_0206


Ons gaan maak vinnig 'n draai in Walvisbaai voordat ons omdraai Swakopmund toe.


DSC_0252


Gaan julle nie nou 'n geskiedenis les oor die plek gee nie, behalwe dat dit 'n vakansiedorp is met
baie interessante boustyle.


Page3_0



Die wou Woermannhaus met 'n toring is in 1906 gebou en vandag is dit 'n biblioteek. Ons loop ook lekker in hulle "mall" rond en besoek die Brauhass vir die van julle wat dit so graag Abu Dhabi se een besoek :-).


DSC_0213


Die pad terug ry ons verby die hoe sandduine wat wys dit is ook 'n woestyn.


DSC_0217


Die soutpad tussen die woestyn en see.


Page5


'n Interessante koffiewinkel wat ek weet 'n paar van my blogvriende oor mal sou wees :-). Kyk net hoe word die toilette aangedui. Ek is nie 'n groot sushi fan nie, dus het ek van hulle nota teen die muur gehou. "In Swakop we have a word for sushi : bait".


Page4_0


Nog van die geskiedkundige geboue in die dorp.


DSC_0014


Dan die laaste stukkie pad waar ons verby nog 'n paar winkeltjies ry.


DSC_0020


En nog 'n "trots" van Namibia, die Spitzkoppe. Hierdie "kop" en die hoogste punt omtrent 1784m bokant seevlak. Ons het nie by dit gestop nie, maar hulle se daar is heelwat boesmankunswerke. Hierdie kop is die afgelope 100 jaar slegs deur 'n handjievol mense suksesvol geklim


Page6


Ons laaste koffiedrink voor Windhoek en ek onthou ek het nog nie namens Nelmari 'n creamsoda gedrink nie. Ons dink 'n float sal die ding doen en moes lag vir die bediening daarvan. 'n Bakkie roomys, blikke creamsoda en lee glas ~ maak jou eie float :-). Weereens geniet ek die manier waarop hulle die verskillende kleedkamers aandui.


Die trippie is nou amptelik klaar, net 'n paar verslaggies wat aangestuur moet word en dan begin ons in alle erns voorberei om 'n groep werkers iewers in volgende jaar soontoe te neem om te gaan werk by die projekte wat ons kon identifiseer.