Friday, February 16

Weer 'n sportmiddag vir die kinders

Nog 'n sportmiddag vir die kinders. Donderdagmiddag het William se span teen UAS van Dubai hier in Abu Dhabi gespeel. Dit was 'n baie goeie wedstryd en op 'n stadium naelbyt. William het dalk nie een van sy beste dae gehad nie, alhoewel hy 13 punte geskiet het, het hy ook 5 "fouls" teen hom gekry. (Kwaai verdediging). Ons het uiteindelik met 38 - 30 gewen!!! GO LIONS!

Probeer die bal hier verby kry.

Die een paviljoen se ondersteuners.
Ernstige spanpraatjie na die wedstryd.

Uitgevang ...


Die dogters span van Nelmari is Dubai toe om daar teen DAA te speel. Ook 'n baie gelyk op wedstryd en die dogters het goed gespeel. Nelmari skiet 12 punte maar dis nie genoeg om hulle te laat wen nie. AISA verloor 21 - 25.

Nelmari warm op
Hier loop sy saam met haar span. Sy's die kort spanlid regvoor en saam met 'n ander lid die jongste in die span.
Al het hulle verloor, was die span steeds positief. Hier is Nelmari saam met Minri

Een, twee, drie .... LIONS!!!

Die meisies se ondersteuning op die paviljoen.
Saterdag speel William hulle in die Mustafa Radwan Memorial Basketbal Toernooi in Ras Al Khaimah. Nelmari hulle speel teen AGS op Sondag en vlieg Cairo toe vir ISAC op Woensdag.

No comments: