Friday, February 8

Verjaarsdagete

Dis ook nou al 'n lang tydjie terug ...  
2631759-Hyatt-Capital-Gate-Abu-Dhabi-Hotel-Exterior-1
Nelmari het met haar kuiertjie hier so graag by die "skewe-gebou" gaan eet het en daar was net nooit 'n geleentheid nie.  Dus was dit die regte plek om te eet met my verjaarsdag, al was ons nie voltallig nie.
DSC_0306

Die restaurant is in die middel van die gebou, maar tog het ons 'n goeie uitsig op die besige strate van Abu Dhabi gehad. 

DSC_0309
Met al die lekker reen wat daar heeldag was, was dit gelukkig nie bewolk nie.

DSC_0312

Hier kan  mens sien hoe nat die paaie is.  Dit is 30ste straat wat lekker besig kan raak en as jy met hom afry kom jy tot aan die onderpunt van die eiland by die Cornish uit.
DSC_0320

Dankie julle vir die saamkom en al die lekker bederf op die dag, en die Sondagaand!  Ons sal weer gaan as William en Nelmari weer hier is :-).

Monday, February 4

Leane se ooievaarstee


Net so voordat Nelmari terug universiteit toe is wou sy bitter graag vir Leane 'n ooievaarspartytjie hou - ook maar nie lus om uit te mis terwyl sy in SA sit nie.  En binne 'n paar daggies is dit gereel en Leane hou die dag oop vir 'n spa.  Hoe geloofwaardig kan mens dit maak deur vir die ds te vra om vir jou part te jok :-).  

Page1

'n Lekker verrassing.  

Page3

Ons speel 'n speletjie oor verskillende woorde waarmee sy in die volgende paar maande te doen gaan kry.   

Page4

Maar gou-gou word daar antwoorde by ander gesoek. Dan word die geskenkies oopgemaak.  

Page5

Ek weet nie hoe dit met die ander gegaan het nie, maar ek en Nelmari het in die week voor die partytjie nie by een babawinkel verbygeloop sonder dat ons ietsie ouliks gesien het nie :-).  
Page6

Weer speletjies tyd en nou word daar gekyk wie die beste 'n babadoek kan aansit met toiletpapier :-).  

Page7

Daar word ook lekker gekuier rondom al die eetgoed ...   
Page8

Weer geskenke oopmaak tyd en dit lyk asof Lara heerlik gaan kan opdress elke dag. 

Page9

'n Briefie van haar ma en boetie van SA word ook oopgemaak en gelees.  (Weet jy sou graag hier wou wees Sue).  

Page10

Die ampertjies-pa kom ook by en hy kry ook 'n geskenkie om oop te maak.  'n Spesiale daddy's little girl pakkie en sportskoene vir haar "wedstryde".  
DSC_0295

'n Heerlike oggend saam met die dames en sulke oulike geskenkies vir die baba.