Thursday, December 27

Pret in die Waterpark ...

Dis baie lekker om Nelmari bietjie by die huis te he, maar die kinders wil ook nie elke dag saam met die ou tannie rondhang nie.  Maar die ou tannie het geen probleem toe hulle wil Wild Wadi toe nie, want dit beteken sy kan bietjie alleen in haar gunsteling mall in Dubai rondloop :-).  Gelukkig het ek in Nelmari iemand wat ook 'n ywerige fotograaf is, en nogals nie slegte foto's neem nie :-). 
 
photo(9)
Daar word rustig op die rivier in die waterpark "gery" na die volgende rit toe.
 photo(1)
 
In een van die tonnels op die rivier.
 
photo(3)
 Nelmari onder die water by een van die poele/swembaddens.
 
photo(7)
 
 'n Aksie onder-water-foto van Elriza. 
photo(21)
 
Die rivier lyk ook nie altyd so rustig nie. 
Page1

Die park bo van een van die ritte geneem.  Baie mooi foto's Nelmari.

Aan die einde van die dag was ons almal lekker moeg.  Ek van die lopery in die mall en hulle van heeldag in die water, maar dit was 'n lekker uistappie ~ ek hoor hulle het nou afslagkaartjies, so hulle gaan weer :-)

Monday, December 24

Dit kan net hier gebeur - 22

Ek dink nie vandag se foto kan net hier in ons woestyndorp gebeur nie, maar as mens die tyd van die jaar en die plek in gedagte hou, is dit nie iets wat sommer enige plek gesien word nie.
282445_10151151040767563_2038810128_n

Ek wil dan ook vir almal wat hier lees, waarvan ek weet en nie, 'n baie Geseende Christusfees toewens. My wens is dat hierdie Kersdag alles wat Christus aarde toe gebring het vir almal sal inhou - liefde ~ vrede ~ vreugde ....

Liefde

Wednesday, December 19

Ons soek geskenkies

Die weer is nou baie lekker by ons en dit beteken ons kan regtig nou bietjie buite rondloop en dit sommer net geniet sonder die verskriklike hitte.  Global Village wat gedurende die somermaande toe is, was die regte plek om te gaan probeer shop vir geskenkies. 
DSC_0021
 
Juis weens die hitte, maak hulle eers vieruur in die middag oop en dit was heerlik stil. Ons het besluit om eers te gaan eet voordat almal by die village uitkom. 
 
DSC_0024
 
Met meeste van die lande wat 'n stalletjie het, het Suid-Afrika nog altyd tydens vorige besoeke geskitter in hulle afwesigheid, en ons was meer as opgewonde toe ons die SA stalletjie sien vanwaar ons sit en eet het.  Eenparig is besluit om dit heel eerste te gaan besoek. 
DSC_0030
 
Maar wat 'n teleurstelling! Al wat SA was, was die naam aan die buitekant!  Vorige jare was verskonings dat dit "te duur" is om so 'n stalletjie te huur ens. maar julle moet party van die regte arm lande se stalletjie sien.   Dis mos 'n geleentheid om ons produkte te adverteer en selfs 'n lekker koffie plekkie met tradisionele eetgoed te he! 
 
DSC_0029
Ons het egter die Afrika saal geniet alhoewel dit dieselfde goed is wat mens by meeste van die vlooimarkte in SA kry.  'n Paar ander sale soos Morocco, China, Tunesie en Afrika was op die aand die groot gunstelinge.  
DSC_0039
 
Nelmari het darem ook kans gehad om so bietjie inkopies te doen :-). 
DSC_0037
 
Die plek het begin vol loop toe ons huistoe gaan, en die weer was steeds lekker, selfs koel.  Soos met vorige besoeke hier in 2008 en hier in 2011 was dit weereens 'n lekker ondervinding.  Nie net vir die shopping nie, maar ook om die buite te kan wees 'n bietjie te geniet.

Monday, December 17

Dit kan net hier gebeur - 21

Ek onthou hoe ek as gekind gewonder het wanneer die zebras oor die zebrastrepe gaan loop.  Baie jare terug kan ek getuig dat ek dit nooit gesien het nie. 
406906_458032077572190_925124590_n
 
Hier wys die kamele dat hulle dit verkies om by die kameeloorgang oor te gaan :-).

Thursday, December 13

Verjaarsdag en ons word getreat

Dis noual 'n maand terug wat ons Charmaine se verjaarsdag bietjie by twee van die hotelle op Saadiyat eiland gaan vier het.  Ja kyk ons speel nie net by een ryk nie, maar sommer by twee.  Wat sal ons tog sonder afslagkoeponne doen :-). 
Page2
 
Ons eerste stop was die Montecarlo beach club se spa.  Nadat ons eers in die japonne was, party van ons het natuurlik heeltemal verdwaal in die japon, is daar bietjie getee terwyl ons wag vir die behandeling. Ons ouer tannies was maar versigtig en het net die hande en voete laat behandel, terwyl die jongeres 'n paar ander goed bygehad het. 
Page3
Eerste klaar was dit tyd vir inspeksie, en dis beslis 'n plek waar mens lekker kan kuier en ontslae raak van stress en glad nie besig nie.  As mens kom vir 'n behandeling is die geriewe alles tot jou beskikking. 
 
Page4
 
By die swembad was dit sooo mooi, maar ons kon nie bly nie, die volgende treat vir die verjaarsdagmaatjie het gewag. 
Page6
 
Die Beach house restaurant is sekerlik een van die lekkerste plekkies om te eet.  Die restaurant sit op die strand en mens kan lekker see toe loop sou jy wou.  
Page5
 
Heerlike visgeregte en slaaie is op die spyskaart en ons het so lekker gekuier.  Daar was selfs plek vir lekker nagereg alhoewel die meisies gedeel het.
 
Jy kan maar weer verjaar maat, ons het lekker gekuier :-).

Monday, December 10

Dit kan net hier gebeur - 20

Motors versier in die vlag se kleure is baie hoog op die "te doenlysie" gedurende die Nasionale Dag vieringe. 
306039_440555009337777_997888061_n
 
Hierdie ou het seker die kameel bietjie gaan rondwys en hom selfs "opgedress" vir die okkasie. Dit kan regtig net hier gebeur.

Thursday, December 6

‘n Land se verjaarsdag

Die afgelope week was ons tydelike bly land se 41-jarige vieringe.  Anders as vorige kere waar ons regtig die motors en liggies en alles afgeneem het (loer gerus by die skakel van vorige vieringe), het dit hierdie keer half so stilweg verbygegaan.  Een van die redes omdat ons deesdae in die woestyn bly en dit net teveel is om die verkeervieringe aan te durf.  Maar ons het nie gekeer dat die land groot gegaan het met hulle vieringe nie.  Mens sal half se dis 41 en nie 50 nie, maar 'n fees is 'n fees. 
Page1
 
By die maatskappy waar Eddie en vriendin Charmaine werk, het hulle hul eie vieringe gehad.  Kinders van die werkers was feestelik in die landsklere aangetrek.
Page2
 
Die binne en buitekant van die geboue is versier en daar was selfs perderuiters wat 'n vertoning kom gee het.
Page2
 
Verder uit die dorp uit waar ons bly was dit net vlae en vlae in alle groottes en vorms.  Ons het 'n bietjie die bure afgeneem. Dis nie my land nie, maar dit gee my 'n lekker gevoel om te weet dat hierdie mense trots is op hul land ... het my so laat dink aan die Republiekvieringe wat altyd op 31 Mei plaasgevind het toe ek nog op skool was. 
Page3
En met 'n paar dae na die 2de is dit asof almal nog baie traag is om die vlae af te haal. Ek bly wonder hoe dit sal lyk as ons met 'n "projek" in my area begin om te vra dat al die Saffers 'n vlag bo hulle huise sal hang, daar sal klomp wees dit weet ek. 
63173_502931721734_815679175_n
Sheikh James en Sheikha Leane het deelgeneem aan hulle skool se feesvieringe.  Jinne onthou julle ons skoolvieringe elke jaar ~ ek ken nog selfs die volgorde wat ons die liedjies gesing het.

Sunday, December 2

Dit kan net hier gebeur - 19

Hierdie advertensie op 'n faceboek blad vir Suid-Afrikaners in die UAE het my in die week laat glimlag want ek kan so die frustrasie verstaan.  Die eienaars van die meeste huise verhuur baie keer plekke wat net sand het en dan word daar geen bydrae gemaak om die tuine uit te le of mooi te maak nie. 
DSC_0191
Hierdie mense het duidelik genoeg gehad, hulle trek en nou verkoop hulle die tuin sodat die eienaar nie die voordeel daarvan kan kry nie :-).  Mense dit gebeur so baie hier in die woestyn.

Friday, November 30

So boer jy in die woestyn

Met die onlangse retreat in die Liwa woestyn het ons 'n kansie gehad om 'n foto of twee van die plase daar te neem.   Liwa is op die randjie van die Rub' Al Khali woestyn en grens aan Saudi. Dadelplase is hulle bron van inkomste  Ek lees ook dat die oase die geboorteplek van die heersende families van Dubai en Abu Dhabi voordat hulle in 1793 hulle huise Abu Dhabi (Al Ain) toe geskuif het.
DSC_0512
 
Mens kan mooi sien waar elke plasie is met die groen so tussen die duine. 
 
DSC_0514
 
Hier kan daar defnitief nie staatgemaak word op reen nie, en word die water aangele. 
DSC_0515
 
En so ver die oog kan sien, sien mens duin op duin.  Kuier by die buurplaas kan nogal 'n misie wees.
DSC_0518
 
Die bome wat so om die "lande" geplant is, help so bietjie om die sand uit te hou :-).  Kan julle dink wat 'n sandstorm aan die oes kan doen? 
 
DSC_0519
 
Die regering doen baie vir die boere, help ook met die aanle van water en in die eerste paar jaar het hulle ook die waarborg gehad dat die regering hulle oes sal koop.
 
Ek dink nie dis maklik om so te boer nie, maar dit maak 'n mooi prentjie om af te neem.


Wednesday, November 28

Vroue Retreat

Die afgelope naweek het ons die voorreg gehad om vir twee dae lank net stil te raak en tyd met ons Pa te spandeer.  Daar is nogal gesoek na 'n plek waar ons teen 'n billike prys, sonder om moeilikheid te kry oor godsdiens, buite in die natuur stil te raak.
Page3

Die keuse het op 'n ou tradisionele resthouse geval en vir baie van die vroue was dit 'n ondervinding so sonder die "luukshede" wat ons so as vanselfsprekend vat bv. warm storte. sagte matras ens.  Ons kon een vertrek gebruik sonder dat enige locals agterkom wat ons doen en met 'n kerse hier en daar in elke kamer, kon die reuke ook beheer word :-).  

Page1_0


Die Vrydagmiddag was ons eerste sessie van stilraak en dit was heerlik om so tot sonsondergang buite te sit/le en mediteer oor Psalm 23, 42, 63 en 139, om te hoor wat Pa vir ons elkeen wil se.
Page2

Die motel se kombuis is nie meer in werkende toestand nie, en daar is somer so in die kamer se portaal kombuis ingerig en kosgemaak vir die vroue.
Page4

Die aand is daar gescrap oor wie/wat/waar elkeen dink sy op die oomblik is.  
DSC_0487

Na ontbyt die volgende dag is elke vrou met haar kombersie tuin toe vir stilraak.  Vir die wat vir die eerste keer op 'n Stil Retreat was, was die tweede dag bietjie makliker en is alles, selfs middagete in stilte geneem en geniet.  
Page5

Die laaste sessie is daar weer scrap boekmerke gemaak oor wat elkeen "gehoor" het


DSC_0477

Dankie vir elke vrou wat die naweek saam met ons was, dankie vir Elriza wat so mooi na ons Pa geluister het toe sy die naweek studie geskryf het en Dankie Pappa dat ons so 'n geseende tyd saam met U kon deurbring.  Dankie vir U vermoeienis met ons en dat ons kan weet dat U elkeen van ons by die Naam geroep het.


Monday, November 26

Dit kan net hier gebeur - 18

Die afgelope naweek oppad Retreat in Liwa toe, 'n nuwe padteken ...


DSC_0527

Ek weet nie of dit die "road surprises" vervang nie.  Agter die bome is regte egte woestyn, en kms daarvan en in 'n sandstorm kan die paaie baie vinnig toegewaai word.