Saturday, February 3

Verjaarsdagtee!!!

En toe bederf my vriendinne my met 'n verrassingstee gisteroggend. Charmaine en Hannelie het heerlike koeke en terte gemaak (almal my gunstelinge) en dit was lekker om met almal te kuier. Enige iemand wat sou "afluister" sou ons ouderdomme sommer kon raai want soos kwale en skete en raad oor en weer gegee en van vertel was, was dit 'n dead give away.

Hier is 'n paar van die foto's wat publiseerbaar is:

Vicky en Tasja diep in gesprek. Wonder sal dit oor die eetgoed of sterk tee wees?

Vanessa dit help nie jy koes nie, die "evidence" is op kamera.
Marina watste beweging is dit? Die nuwe mamma luister aandagtig.

Helene en Sanette deel 'n stukkie koek.

Marina en Charmaine besluit of hulle van die koel hou terwyl Nelmari toekyk. (Sy's 'n bietjie siek).
Dankgebed

U het so baie gegee aan my
Gee nog een ding - 'n dankbare hart,
Nie dankbaar volgens elke gier van my
Asof u seening afdae het
Maar 'n hart wat as doel net U behae het.
(geskryf deur George Herbert)


Dankie julle dit was 'n heerlike en groot bederf!!

1 comment:

Muriel said...

Lekkerrrrr!!!