Friday, November 30

Seuns by die huis

Ons sien darem nou al vir 'n lang ruk uit na die seuns se kuier en eindelik was dit tyd.Natuurlik was die vliegtuig ook met 'n uur en bietjie laat. Lekker om hulle te sien uitstap. James het vir William mooi geleer sien ek, hy moet die trollie stoot.James is op die foon, maar dis nie vir ons wie hy bel nie. Ja, nee, ek kan sien hulle gaan weer hard aan hulle pa se bonus by Etisalat werk. Die weersiens by die huis was iets om te sien, Begeera het sommer gekla vir die jaar wat sy James laas gesien het.
Vanoggend net na ses ruik ek iemand maak kos en ek hoor messe en vurke raas onder in die kombuis. Ek weet dis nie ek of Eddie nie en ek weet dat Nelmari beslis nie daardie tyd sal opstaana wat nog te sê ontbyt maak nie. Gaan loer by die seuns in en niemand in die beddens nie, stap af en daar sit die manne elk met 'n groot bord kos wat hulle gemaak het. Foeitog, die koskaste in SA moes darem leeg gewees het. Myne is ook want ek het gewag dat hulle kom saam shop, maar ek sien moeilikheid ... die manne se eetlus het nog groter geword.Na hulle ontbyt, ons het nie gekry nie, het hulle darem vir ons koffie in die bed gebring en toe eers daar gesit en kuier. Baie lekker om julle by die huis te hê seuns!

Thursday, November 29

Inkopies, studies, ens. in Nigerie

Met Eddie se besoek aan Nigerie het hy vir my so 'n paar foto's van interessante plekke in Logos gebring. Ek het julle alreeds van die natuurskoon gewys en natuurlik is ons vrouens altyd geinteresseerd in die winkels. Daar is winkels en selfs 'n Shoprite waar mens lekkers van die huis kan koop, maar daar is ook "straat-" en ander winkels.\. Hier is 'n paar van hulle

Ek's nie seker wat mens hier kan koop nie, lyk na houtwerk goed en produkte eie aan die land. Miskien 'n toeriste of meubelwinkel? Darem lyk die landrover bordjie normaal.
Kayode signs waar jy allerhande advertensieborde en stempels kan laat maak.
'n "Straatboetiek"? Ek weet nie of ek hier sal koop nie, maar jy kan in die gerief van jou huis koop - die winkel beweeg in die strate op en af.

Daar is wateraflewering so mens hoef nie te kommer oor die drinkbaarheid van die kraanwater nie.
Hierdie ouens het baie gekoop en hulle is oppad huistoe. Sal mens dit 'n sinkende trok noem?

As jy beplan om Nigerie toe te trek, hoop ek die winkels en skoonwater het jou gerusgestel dat die basiese dinge wel daar verkrygbaar is. Indien jy nog kommer oor studies, hierdie advertensie behoort te help. En mens kan sien dat Logos Tutors reeds 'n ou en gevestigde instellings is.

Wednesday, November 28

ADSAC en ek eet 'n paar blogs

Vir die hele sokker seisoen al probeer ek positief wees met die Junior Varsity sokkerspan van AISA, maar dis moeilik jong. Hulle sukkel, speel lusteloos en is meeste van die kere hulle eie ondergang. Min kere is dit 'n geval van die ander spanne is goed, dis meestal ons gee die game vir die ander. So met 'n swaar hart breek die ADSAC toernooi aan. Ek het nog kindergroep die aand, maar is nie teveel bekommerd nie, seker soos gewoonlik sal ons vroeg uitval en dan kan ek nog aangaan met my normale aandprogram. Maar die meisies besluit om my bietjie langer as normaal langs die sokkerveld te hou. Ons eerste wedstryd is teen Al Khubairi en in ons vorige wedstryde het ons een behoorlik verloor en een gelykop. Maar vanaand is die meisies die vinnig veld gewoond en hulle boer in die doelgebied. Nelmari teken die eerste doel aan en net voor halftyd skop hul die gelykmaker.
Kyk hoe vasberade lyk die twee Suid-Afrikaners (nr 15 & 25) hier, en ja 'n tweede doel vir ons word aangeteken!


Die einde van die wedstryd en die meisies is verlig en bly oor die oorwinning. Dit was hulle sterkste teenstanders in die poel, nou moet hulle net keer vir verloor in die res.
Dankie Al Khubaira vir 'n lekker wedstryd. (Is 'n wen wedstryd nie altyd lekker nie?)
Direk daarna sonder ruskans is dit teen Al Nahda vir wie ons ook nog nie die seisoen kon klomp nie. Die meisies lyk 'n bietjie moeg, maar ons verdedig goed. Soos die sportdirekteur sê, "with a defence wall of South African girls in this match, nobody can get thru"
Nelmari en haar teenstander soek mekaar op. Nr 3 van AISA, klein Maddie is seker die speler wat die meeste verbeter het die seisoen. Sy is giftig en die spanne moet net keer. Ongelukkig wen ons nie, maar dis 'n gelykop uitslag. Daarna speel ons AIS (Abu Dhabi International School) en glo dit as julle wil, ons wen 1 - 0!!!!
Die meisies vat dit rustig en wag om te sien wie teen hulle gaan speel in die finaal van die ander poel. Almal vermoed dit sal ACS wees, maar hulle lyk nie te bekommerd nie. Hier lê Nelmari en Minri "gewired for sound" en rus.Net die vorige dag het ons teen ACS gespeel en behoorlik ek dink 3 - 0 verloor. Hier probeer Nelmari die bal voor die doelwagter kry. Die finaal is 'n harde wedstryd en aan die einde van die wedstryd is die telling 0 - 0. Mooi so AISA.
Die meisies is opgevuur vir die ekstra tyd toe hulle GO LIONS skree.

Die ondersteuners is ook reg!

Ons eindig TWEEDE!!! Mooi so Lions ek sluk al my vorige blogs oor julle span!!
GO LIONS VIR ISAC

Tuesday, November 27

Baie Geluk


OOM JAN

Baie Geluk met jou Verjaarsdag!

Ons hoop dat vandag 'n baie mooi

en spesiale dag sal wees!!

Liefde Die Holloways

Monday, November 26

Nigerie en sy natuur "skoon" of is dit natuur "vuil"?

Eddie het verlede week so bietjie in Nigerie gaan kyk na hulle nuwe kantore en goeters en natuurlik wou ek foto's hê. Belowe ek gaan nie nou 'n mondvol te sê hê oor Lagos en hulle geskiedenis ens. nie. Kyk net saam met my na die foto's wat my bietjie van die omgewing daar vertel het. Ek vermoed dis nie foto's wat in die reisbrosjures sal wees nie.

Die maatskappy het so 'n "compound" tipe plek waar hulle ouens gaan bly en slaap. Eerste indruk lyk nie te sleg nie


Die tuine rondom die kompleks met baie plante wat ons by die huis ook ken

Die eenheid het 'n swembad wat blykbaar kan instaan vir 'n oggend stort as daar nie water is nie. Blykbaar het dit in die vier dae wat Eddie daar was 'n paar keer gebeur - dis nou geen water en nie noodwendig swem nie.

Troeteldiertjies ook sou 'n mens so iets wil hê
Wat die werkdeel betref. As jy vir 'n telekommunikasiemaatskappy werk, dan gee sulke drade jou nie regtig goeie hoop nie ne. Wat sou hy hier probeer uitdink?
Die strate is geteer so daar behoort nie 'n probleem te wees nie? Maar soos orals in SA en hier in die UAE is verkeersknope ook standaard. Hierdie is die pad lughawe toe. Ek vermoed mens boek nie twee uur voor die tyd in nie, mens maak dit 'n daguitstappie

'n Nuwe kerk in aanbou en dit lyk na 'n groot kompleks. Maar die mense is haastig en gebruik dit reeds wat beteken dit lyk en is reeds verniel voordat dit eers voltooid is.

Hierdie foto het 'n storie. As mens oor die brug ry, sien jy die rivier wat onder deur loop ... en as jy mooi kyk sal jy sien dis vullissakke wat daar lê. Blykbaar word die ou rivierloop as 'n stortingsterrein gebruik. Kan jy dink hoe dit ruik en erger nog, wat as die rivier weer eendag afkom?
Al lyk die land arm, is daar baie ontwikkeling en geld
'n Mooi seeprentjie. Lyk asof hulle see net so dood is soos Abu Dhabi se see.

Volgende keer wys ek julle foto's van shopping in Nigerie

Sunday, November 25

Sokker die afgelope week

Julle het nie vir 'n oomblik gedink die week sal verbygaan sonder 'n enkele sportwedstryd nie ne? Die sokkerseisoen begin nou spoed optel vir die twee groot toernooie van die seisoen. Volgende week begin ADSAC en in Desember is dit tyd vir ISAC.
Verlede Maandag het die JV dogters teen Al Nahda gespeel en hulle sommer baie goed van hulle taak gekwyt. Mens kan werklik die verbetering in die dogters met elke wedstryd sien. Dis net altyd jammer dat hulle seisoene so kort is, hulle leer net mooi dan is dit verby. Hier wag Nelmari om volgende op te gaan.

Die meisies het baie meer aanvallende gespeel en hulle eerste oorwinning van die seisoen gehad. Hulle klomp Al Nahda 2 - 1!!!
Altyd 'n lekker spanpraatjie as die span voorloop en goed speel. Baie geluk Lions dit was baie goed!!En Donderdag was dit 'n wedstryd teen Al Khubaira. Hulle speel op Khubaira se veld wat 'n "mat" is en die meisies het al hulle dae om te keer dat die bal te vinnig rol. Maar hulle speel baie goed en boer in Khubaira se gebied. 'n Paar amper pogings maar omdat die bal vinniger as die spelers rol wen die doelwagter elke keer.


Sandy die afrigter praat ernstig met die meisies en Nelmari lyk glad nie in haar skik met haar ma se fotonemery nie. Nadat hulle 'n vorige wedstryd teen Al Khubaira verloor het, speel hulle ondanks die nuwe oppervlakte uitstekend en eindig gelykop. GO LIONS!!

Saturday, November 24

Ander vlieggoedjies

So 'n paar dae terug het ek julle vertel van die lugskou in Dubai. Nou wil ek julle 'n bietjie anner vlieggoeters wys.....
En nee dis nie Kaapstad lughawe met sy drama elke dag nie. (Hoop hulle sorteer dit uit voordat ek Januarie daar land). Dis die Red Bull Flugtag 2007. Omtrent 30 000 mense het die Dubai creek volgepak om na die tweede Flugtag te kom kyk

Veertig spanne het ingeskryf. Dis was darem nie alles ernstig nie en hierdie span Airplex se vlugtuig was 'n enorme Obelix. Natuurlik was hulle vaart nie so lank weens die gewig nie.

Hierdie ouens maak gereed vir 'n landing. Vir julle ouens wat meer in 'n sport soos golf belangstel, op die agtergrond die klubhuis van die Dubai Creek golfbaan.

Die Higher Technology ouens van Abu Dhabi se vliegtuig maak gereed om van die 6 m "ramp" te vlieg.Die Crocodile Hunter span se vliegtuig was in die vorm van 'n Pylstertvis gebou
Voor elke "vlug" moes die span 'n vertoning uitvoer oor iets wat die span verteenwoordig. Hierdie ouens mag dalk Steve Irwin van Australie en sy diere uitbeeld .... maar waar kom die Orkney vandaan?
Die wenners op die einde het slegs 21 m gevlieg (verlede jaar was dit 26 m) en was die span van Snoopy vs Red Bull.

Thursday, November 22

Baie Geluk

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG
VANDAG
EDDIE

ONS HOOP JY HET 'N MOOI DAG DAAR
IN NIGERIE EN DAT DIE ANDER
OUENS JOU DAREM BEDERF !!
SEKER JY SOU GRAAG JOU VERJAARSDAG VANAAND
BY DIE BRAUHAUS WOU VIER
MAAR ONS DOEN DIT WANNEER DIE SEUNS HIER IS.
LIEFDE VAN ONS ALMAL

Wednesday, November 21

Klein dogtertjies

Dis alweer tyd om julle bietjie te wys hoe groot klein Emily geword het. Die laaste twee weke het ek die geleentheid gehad om met drie klein Suid-Afrikaanse dogtertjies hier te kan werk/speel. Waar ons gewoonlik vir Emily baie gereeld gesien het is die kuier tydjies minder maar gelukkig is daar nou ook klein Emma en Mia wat ons een keer 'n week by die kindergroep mee kan speel.


Met Emily se kuier het ons haar na die speelplek in Marina Mall geneem. Hulle het net mooi alles wat klein dogtertjies en seuntjies besig kan hou terwyl hulle klompe vaardighede aanleer. Sy het moeilik gekies waarmee sy wil speel. Hier's 'n paar foto'tjies.

Hier is soveel goed om mee te speel dis amper oorweldigend.
Ek moet seker dit in die waentjie sit of hoe Nelmari?
Kyk ek laai 'n hele boks soetgoed in
Darem nog 'n groente bysit net so om die soetgoed weg te steek
So ja nou kan ek gaan betaal
Ons kry ook kans om blokkies te bou
Emily en Nelmari sit en speel tussen die balle
Hier oefen sy om die bal deur die gat te gooi .... en sy mik baie mooi
Dan is dit tyd vir die glyplank en sy kom so vinnig af ek kan nie mik nie
Die huis mag deurmekaar lyk, maar sy oefen haar strykwerk
Dan 'n bietjie speserye by die kos ....is dit Mexikaanse of SAfrikaanse invloed?
Terug by die huis en skoon uitgeput

Van hierdie dogtertjies vertel ek op die Kindergroep blok, maar is hulle nie oulik nie. Emma is die feeltjie en langs haar staan Mia. Hulle dans en sing so oulik saam.
Hierdie week het Emma haar feetjie klere vir Spiderwoman verruil en Mia is effens versigtig. Maar julle moes hulle sien sing en dans op Noag het 'n ark gebou.