Wednesday, February 21

Kort nuus brokkies

En so gaan die kinders voort om elke middag besig te wees met sport tot wie weet watter tyd. Gister het Willam se Varsity span teen Cambridge gespeel. Ons seuns het baie goed gespeel en uiteindelik met 54 - 27 gewen. GO LIONS!

William verdedig.
'n Waterbreuk vir hom.
William en afrigter besprreek taktiek.
Nelmari en haar span is vanoggend na vele drama Cairo toe. 'n Masel epidemie het in Abu Dhabi uitgebreek en toe een van die seuns spanlede dit kry, was daar chaos. Gisteraand laat moes ons almal rondgrawe vir ons kinders se mediese rekords en almal is ondersoek om seker te maak hulle het nie die simptome nie. Die sport direkteur sê dis die mees gesonde - mediese opdatum - groep wat al ooit gaan toer het. Die groenlig vir die toer, is eers gisteraand halftwaalf gegee.

Ek het probeer om die span af te neem, maar daar was gedurig meisies wat nog ietse uit hulle motors moes gaan haal. Hier is die helfde van hulle en hul afrigter darem.


Die bagasie word ingelaai en een spanlid sukkel nog om die tas toe te kry terwyl almal kyk. Die ou met die wit is haar "driver" en wag sodat hy haar tas op die bus kan laai. Weet nie hoe sy op die lughawe sonder haar ekstra hande gaan klaarkom nie.
Ek hoop om gedurende die toernooi ook gereelde "updates" te hê, ook van Eddie in Egipte.

No comments: