Sunday, November 28

Maak nuwe geskiedenis saam met die oue

Ek glo dat ons die afgelope naweek bietjie deel was van "geskiedenis" in dit waarby ons betrokke was en dit wat ons gesien het.

Page1

Ons het reeds Donderdagaand deurgegaan na Baniyas eiland sodat die "musiekspan" vir die eerste keer kon saam oefen en is Vrydagoggend met hierdie pragtige sonsopkoms gegroet.

Page2

Die meisies voor die diens by die see.

Page4

Nie heeltemal seker hoe die eerste Afrikaanse diens op die eiland sou verloop nie, maar soos altyd is Vader getrou. Dit was 'n baie spesiale, geseende diens. Na die diens het die "eilandbewoners" gevra vir 'n Kersdiens en ook 'n diens een keer 'n maand.

Ons het daarna nog op die eiland gekuier en daarvan vertel ek in 'n ander blog.

DSC_0191

Wat ek egter met julle wil deel is die feit dat ons wel die eerste Afrikaanse kerkdiens was, maar nie die eerste kerkdiens op die eiland nie, want opgrawings aan die oostelike kant van die eiland wys dat daar oorblyfsels van 'n "Christian monastery" is. Hulle vermoed dit was tot 750 AD aktief en is die enigste vroee aanduiding van Christene in die UAE.

Page5

Die eiland is strategies gelee op 'n groot en belangrike seeroete van die Mesopotania deur die Arabiese Gulf na Indie en China. Die Christene van hierdie area was bekend as die "Nestonians" wat die volgelinge van die kerk van die Ooste was

. Page7

Die monastery is gebou volgens die Romeinse argitektuur en hulle kon met 'n "standaard" bouplan die verskillende dele daarvan identifiseer. Verskillende vertrekke oa waar die mense bymekaar gekom het voor die diens, 'n altaar, kapel, gebedskamer, kombuis, klein kamertjies en huisies rondom die monastery is al ontdek en nou is dit net die pynlike stadige uitgrawe proses daarvan.

Die uitreik is ook 'n stadige proses, maar ons is opgewonde oor dit wat Vader vir die eiland en sy mense beplan.

Wednesday, November 24

Nuwe sportseisoen skop af

Dis heerlike winterweer op die oomblik en ons temperatuur was vandag die eerste keer in 'n lang tyd onder 30 grade wat dit regtig lekker maak. Saam met die winter kom die nuwe basketbalseisoen. Kan nie glo dis Nelmari se laaste sport by die skool nie en vandag het hulle afgeskop met 'n wedstryd teen Choueifat.

Page1

Met nog net 'n week se oefening het ons nie regtig geweet wat om van die meisies te verwag nie, maar met die opwarming het ek kon sien dat veral die Graad 12's redelik opgewerk is vir die seisoen.

Page2

Die hele beginspan het baie goed gespeel en op 'n stadium het ons lelik geskrik met Nelmari wat plat was - almal het half die knie ongeluk herroep, maar na 'n kort rustyd en behandeling het sy weer gespeel. Op verdediging het sy, ook danksy haar lengte mooi verdedig.

DSC_0057

Maar met die vertroue van die knie wat nie teveel skade opgetel het nie, het sy so gou-gou mooi doele begin skiet. Die nuwelinge in die span het nog nie veel oefening of speeltyd gehad nie, maar ons ou lede was regtig goed en het die wedstryd 39 - 7 gewen!

GO LIONS!

Saturday, November 20

As mens rustigheid wil he

Weet nie hoeveel van julle die Weskus ken nie? Ekself het so ‘n jaar of wat ‘n heerlike tydjie wat ek nooit sal vergeet nie in Paternoster deurgebring, ‘n plek waar ek ook as kind meer as eenkeer vakansie gehou het. Loer hier na my vorige kuier. Altyd geweet van die Natuurreservaat net langsaan, maar dit nooit self besoek nie. Met Eddie se besoek onlangs daar het hy ‘n klomp foto’s gebring en ek het gedog ek deel 'n mooi, meer onbekende deel van ons land met julle. Miskien is julle opsoek na ‘n plekkie om vakansie te hou en dis nogals nie ‘n slegte plek om die batterye te laai nie. Die vriende in Al Ain neem kennis, dis spesiaal vir julle ;-)

DSC_0144

Die Weskus Natuurreservaat en Langebaan lagoon is regtig die plek as mens wil ontspan met mooi flora en fauna, voels en see rondom jou. 'n Bietjie agtergrond geskiedenis. Van die vroegste inwoners van die omgewing was die Khoikhoi en San. Alhoewel die baai na Antonia de Saldanha vernoem is, het hy nooit hier voet aan wal gesit nie. Die eerste Europeer wat sy voete hier aan land gesit het was Vasco da Gama in 1497 vir die van julle wat nog die ou geskiedenis onthou. Die Franse het gereeld die baai besoek, maar die Nederlanders het eerste die grond geeis en vandag by Geelbek kan nog een van hulle poste gesien word.

DSC_0147

Fossiel opgrawings wat 20 miljoen jaar terug gaan is in die Nasionale Park gevind met die mees onlangse een “Eve’s footprints” wat in 1995 gevind is. Hulle het ook onlangs uitgevind dat Konstabel kop wat die hoogste punt in die reservaat is, 500 miljoen jaar terug 'n aktiewe vulkaan was.

DSC_0199

Daar is ‘n verskeidenheid van blyplekke waarvan die Duinepos chalets een is. Dis reg binne die Park en elkeen van die huisies is privaat en lyk sommer so rustig, naby die water met die mooiste voellewe en blomme orals oor die strandveld.

DSC_0262

Daar is so elf van die huisies wat tussen 4 en 6 mense kan slaap en elkeen het sy eie kombuisie, sitkame, badkamer en braaiarea. Buite is ook ‘n gemeenskaplike swembad en braai plekke.

DSC_0200

Daar is heelwat staproetes wat mens kan doen. Van ‘n kort een wat so amper 5 km lank is en waar mens oa jakkaklse, volstruise en eilande kan sien tot ‘n fietsry een van tussen 30 – 70 km Daar is ook bergfiets en twe dae staproetes wat mens deur die strandveld en see vat.

DSC_0210

Daar is verskeie wonderlike uitkykpunte in die Park. Die Seeberg wat mens op ‘n mooi dag tot by Tafelberg en die Sederberge kan sien, die Atlantiese een wat oor die oseaan kyk en Plankies baai waar daar partykeer tussen Julie en Oktober walvisse is. Ons het met ons besoek aan Paternoster in Desember heelwat walvisse sien speel in die baai en sommer naby die strand.


Page1

Daar is ongeveer 250 voelspesies in die Park. Omdat die park omring is deur die Langebaan lagoon wat ‘n Ramsar site is word die voels ook beskerm. Ek is nou nie ‘n groot voelkenner nie, maar weet darem van die flamink en pelikane


Page2

Eland, gemsbok, springbok, bontebok, wildebeeste, koedoes en zebras kom ook in die Postberg omgewing voor wat privaatgrond is, maar ‘n ooreenkoms met die park het. In die park self is daar steenbokkies, duikers en hartebees, roooikatte, wildekatte en klomp ander kleiner diertjies.

Page3

En al sien mens ook niks diere nie, is daar altyd die pragtige kleurvolle fynbos. Herken julle die elandsvy en suurvy en vygies? Die ander ken ek nie regtig nie, ek weet net dit is baie mooi.

DSC_0243

Wil jy nie in een van die chalets bly nie is die boothuise wat mens kan huur, ook ‘n opsie. Gelukkig het mens nie verskriklike vaardighede nodig nie want die boothuisee is vasgeanker.

DSC_0254

Ek weet die telefoonseine en TV is hier maar amper nie bestaande, maar lyk dit nie vir julle ook na ‘n plek waar mens rus vir die siel kan kry nie? ;-)

Geniet julle naweek!

Monday, November 15

Soveel lekker dinge

Die afgelope naweek het ons afgesit na Sir Baniyas eiland vir twee misies, die een nog in die baie begin stadium en die ander een ‘n groot geheim vir ‘n maatjie se verjaarsdag.

DSC_0001

Dis ‘n natuurlike eiland 250 km se ry wes van Abu Dhabi en vandaar 9 km met die boot. Die eiland self is 17.5 km noord tot suid en 9 km oos tot wes. Die lieflikste see en berge wat so 148 meter hoog is wat dit die grootste natuurlik eiland van die kus af maak.

Page2

Oorspronklik was dit begin as 'n reservaat vir die Arabiese diere in 1971 deur die toe leier van die UAE, sheikh Zayed. Die naam kom van die Bani Yas tribe wat oorspronklik die eerste inwonders van Abu Dhabi was en volgens opgrawings wat tans daar plaasvind is dit baie baie jare oud. Hier op die foto kan mens die paleis (of huis) sien van die sheikh.

Page5

Vandag is dit nie net ‘n plek waar duisende diere vrylik rondloop nie, maar ook ‘n plek waar mens baie voelsoorte te sien kry. Die eiland word die eerste keer in die geskiedenis genoem rondom 1590 as ‘n eiland waar perels gekry is en later gedurende 1820 deur die Britse vlootoffisiere wat in die Gulf kom verken het.

DSC_0063

Die sheikh se visie was “greening of the desert” en onder sy voogskap is miljoene bome hier geplant en programme in werking gestel wat die arabiese bedreigde spesies kon bewaar.

Page7

Die eiland is die tuiste van omtrent 30 dierspesies oa die arabiese oryx waarvan daar slegs 700 in die wereld oor is, en 400 hiervan word op die eiland gekry.

Page6

Ongeveer 36 argeologiese opgrawings is ook besig op die eiland waar bewyse van inwonders 600 AD gekry is.

Page10

Dit was so lekker om tussen die diere rond te ry en ‘n bonus maar nie een van die oorspronklike redes waarom ons gegaan het nie. Dit was Charmaine se verjaarsdag en nadat ons gehoor het van die “projek” op die eiland, het ons gedink ‘n oorslaap daar sal vir haar ‘n verrassing wees. Elriza het omtrent al haar dae gehad om vir haar ma ‘n oornag tas te pak vir net ‘n daguitstappie.

Page8

Ons het in ‘n personeel-huis gebly met ‘n lieflike strand waar daar gestap kon word en ook waar ons die mooiste sonsondergang kon kyk.

Page3

Etes is by die hotel op die eiland geniet en dis regtig ‘n besonderse plek met heerlike kos.

Page11

Hulle het ook die mooiste strand en swembad vir die mense wat daar bly. Die eiland het ook allerhande aktiwiteite soos wildritte en kayak ens. ens.

Page12

Rondom die hotel is net water en daar is allerhande voellewe.

Page13

Die laaste oggend het Elriza bietjie die seewater gaan voel en dit was amper soos ‘huis-see’ want die branders maak sowaar ‘n geraas ook.

DSC_0264

Die beste hou ek vir laaste, want die eintlik rede vir die besoek was om ‘n uitreik-aksie aan die 40+ Suid-Afrikaners wat daar bly te begin. Vir watter beter uitsig kan ‘n predikant nou vra as hierdie… Die beplanning is om gereeld die eiland te besoek en dienste vir die mense te hou waarvan die eerste een hierdie maand is. Bid vir ons vir die nuwe uitdaging om Sy Woord met meer en meer mense hier in die Midde-Ooste te deel. Ons glo dat Vader Sy goedkeuring vir hierdie aksie gegee gegee het met skrif wat ook bevestig is.

DSC_0285

As ‘n groot bederf het ons teruggery huistoe terwyl die woestyn rondom ons lekker nat van die reen was.

Blessings

Wednesday, November 10

Lekker saam met die jongmense

Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.

74555_453140942927_533407927_5366152_3387786_n

Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.

Page5_0

Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.

Page1

Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.

Page2

Die sonsak en daar gaan hulle.

Page3

Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.

Page4_0

Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.

Page4

Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.

Page5

Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.

Page6

Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.

Page7

Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).

Page6_0

Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.

Page8

Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.

Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.

Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!

Liefde