Friday, January 31

Tyd om weer verskeie lande te besoek


Dis altyd so lekker om Global Village te besoek en mens moet mooi beplan tussen die warm en baie warm dae.  Hierdie keer is dit heerlike "koeler" weer.
Page1

Indie is eerste aan die beurt.
Page2
Dit begin donker word as ons van die ander lande begin aandurf.

Page3

Watter land dink julle ons kuier nou in met al die pastas?  Op hierdie stadium het Charmaine 'n waentjie op wiele gekoop om al haar pakkies in te sit.
Page4

En daar is net meer en meer goed wat mens eintlik sal wil koop.  
Page5
So tussen-in kry William kans om turkse koffie te drink, ietsie vir ons te kry om te eet en ons kan kyk na danse van verskillende lande.

Page6
Pad huistoe en die inkopie-waentjie het kleintjies gekry :-).

Weereens 'n lekker rondloop, kuier en shop ervaring.   Indien jy bietjie meer wil lees van die plek en wat mens daar kan doen, loer gerus op my tag Global Village hieronder, ek het vorige kere meer verduidelik.




Wednesday, January 22

Lara is nou 9 maande


En ons klein poplap is 9 maande oud!
Page1
Tandekry is nie vir sussies nie en niks, en ek bedoel niks is veilig om nie gebruik te word as 'n tandering nie.
Page2
Een ding wat ek glo is dat kinders met troeteldiere moet groot word, want so leer mens baie "skills" en Lara is gewoond aan haar kat en honde sussies.  Dit maak dit ook makliker om by ander mense te kom en te sien hoe haar interaksie teenoor die diere is.  Ek dink die diere kan ook aanvoel dat die mense weet om hulle nie seer te maak of af te knou nie.  

Page3

Januarie was ook 'n tydjie wat sy bietjie met tannie Nelmari kon opvang en tannie Nelmari met haar.

DSC_0288

Groot grappie tussen die drie :-)

Wat 'n seening om die kinders in hierdie maand almal by die huis te gehad het en watter groot blessing om klein Lara se "grootword" te sien en daarin te deel.


Saturday, January 18

Blomme en nogmaals blomme


Die Desember weer in die woestyn is vanjaar so lekker en met Nelmari hier en 'n besoek aan Dubai waar Elriza 'n groep toespreek, is dit 'n goeie geleentheid vir 'n besoek aan die Miracle Garden.
Page1
Mens wil jou verkyk aan al die blomme en kleur.  Hulle se dat daar meer as 45 miljoen blomme is wat blom in alle vorms, strukture en kleure en dit is ongelooflik mooi.

Page3

Verskillende huisies en strukture is gebou wat versier is met blomme.  
Page5

Selfs die "ou" motors is nie die blomme gespaar nie :-).

Page6
Een van die mooiste blom strukture vir my is die poue wat so kleurvol met blomme uitgebeeld word, soos wat hulle in die regte lewe is.
Page7
Die tuin is uniek in die wereld en daar word hard beplan aan die tweede fase wat nog meer blomme gaan he.
Page8

Mens kry net nie genoeg van die kleure en lekker gevoel van tuine stap nie.  Hier in die woestyn is dit nie iets wat ons baie kan doen nie.

Page9


Natuurlik gebeur niks hier sonder om 'n wereldrekord op te stel nie, die mense hou van die beste, grootste, duurste ens.  Die blomme muur wat reg rondom die tuin gaan, is amptelik die langste blommemuur in die wereld.  Ek is seker dis 'n plek wat ons weer sal besoek, veral as die volgende fase oop is.





Wednesday, January 15

Kinders en diere

Met die vakansietyd was dit so lekker om die kinders gereeld by die huis te sien.  Die diere en veral Elsie het dit net so geniet om met haar mense sussie en boetie te kuier.

Page3

Daar was baie speel, drukkies en lag.

Page2

Die dag wat Nelmari moes terugvlieg kon mens sien dat Elsie presies geweet het, dis nou groet tyd want daai plooie kan ook hartseer lyk.
DSC_0085

Maar gelukkig het 'n ander maatjie kom kuier en behalwe dat sy sommer sy klere wil aantrek ...  
DSC_0086

Kuier sy lekker want "boetie" William krap lekker magie en gee aandag.

Die huis kan maar stilraak wanneer die kinders weg is, maar die "lee-nes-elsie" hou mens besig en aan die gang - net soos die kinders altyd gedoen het :-).

Tuesday, January 7

Tyd vir bietjie avontuur


Nelmari moet al die goed waarop sy uitmis in die jaar inhaal en een van hulle is 'n besoek aan William en die Wadi-adventures.  
Page1

Terwyl daar gewag word om met alles te begin, kyk ons hoe een van ons jong volwassenes die branders aandurf en homself baie goed van sy taak kwyt.  
Page2

Dan is dit tyd vir die rafting en daar word eers mooi geoefen met die gids om sy opdragte uit te voer.  
Page3
Hulle doen goed met die "mak" rivier ....   
Page4
Dan is dit tyd om die meer woeliger en sterker rivier aan te durf.   

Page5

Mens moet bietjie meer konsentreer op die roei en die boot word in alle rigtings, links, regs, bo en onder geskud terwyl daar om lewe en dood geroei word.  
DSC_0095

Hulle was so oulik, kyk net daai konsentrasie.  

Page7
Maar die gids dop die boot om en hulle gaan rivieraf.  Eers met 'n glimlag, maar hoe meer hulle in die maalkolk vasgevang raak hoe meer benoud en daar kom selfs 'n paar klein "help" uit.  

Page10

Tyd vir rus is daar nie, want nou is dit tyd vir rafting-kayak - wat heeltemal anders is as waaraan hulle gewoond is.  Daar word geoefen om op te kom as die kayak omdop en die meisies dink hul uitrustings is baie oulik.   
Page11

Dis tyd om die rafting water aan te durf.  
DSC_0232

Maar gou-gou hou die meisies "vergadering" en besluit hulle wil nie op die sterk rivier gaan nie, dit lyk te gevaarlik.  
Page12

En steeds is daar geen rus nie, want die airpark is aan die beurt.  Die meisies op die Groot Swaai waar Will hulle help.  
DSC_0250
Gereed vir die 20m hoe uitdaging.  
Page13
Daar word geklim en geklouter en vasgehou en geswaai en almal het lekker pret.  

Page14

Maar alles moet op 'n einde kom, en die dag word afgesluit met die ziplyn.

Almal lekker moeg, maar het 'n lekker dag gehad, selfs die een agter ie kamera.







Thursday, January 2

Mislukte poging :-)


Vanjaar het ons 'n baie rustige Ou Jaarsaand gehad en die kinders wou bitter graag van die Chinese lanterns opstuur.  Ek glo nie dat dit 'n teken van die nuwe jaar is nie, ... want die poging was maar met stappe en stootte en selfs tantrums.  
DSC_0055

Die aanwysings word noukeurig gelees terwyl Nelmari die lantern vashou en in die Chinese engels was dit nogal snaaks:  
DSC_0057
A person light take up a top; another person fuel ignited the four angle.  

DSC_0058
Wait for that the heat enough light.  Laterns person lest loose.  A top hand changes grips under the light to encircle..  
DSC_0060

Has when the lifting force may let go releases for flying.  Light rose slowly the sky, do not forget wishing oh  

DSC_0061

En miskien het dit ook met die skrywe gebeur dat hy eindig met Oh ... daar is 'n gat en niks het opgestyg nie :-).  Ek dink nie ons sal tot die einde van die jaar wag voordat ons weer probeer nie ... dit lyk soos iets wat mens moet oefen.  

G'n wonder hulle se should choose at the option open, calm



Wednesday, January 1

Oujaar by die see


Laaste dag van die 2013 jaar en ons kry bietjie kans om saam met Lara by die see te wees.

Page1
Die juffrou geniet dit om in die sand te sit en die son.  
Page2
Dis 'n heerlike "herfs" dag en almal ontspan lekker.  Nelmari en Elriza gebruik ook die kans om bietjie te kayak.
Page4
Ai en die sand tussen mens se vingers is soooooo lekker.  
Page6
Hoe kan mens dan nou nie gelukkig wees met almal se aandag en liefde nie .... mens raak sommer verspot
 :-).

So geseend dat ek kan sien hoe Lara al die nuwe goedjies ervaar en geniet!