Monday, July 30

Dit kan net hier gebeur - 5

Motorbestuur hier is nogal iets ysliks en glo my die taxi's by die huis is  baie keer 'n vulletjie teen hierdie bestuurders.
5
So baie toepaslik is hierdie padteken .... "peace be with you".

Monday, July 23

Dit kan net hier gebeur - 4

In die woestyn is bome baie belangrik, maar paaie ook, so die oplossing ....

img092

Ons bou die pad rondom die boom ....

Ek dink die kameel wou juis van daardie boom se blare gaan eet.  As julle mooi na die ander drie bome kyk, sal julle sien hoe die kamele die bome gelyk onder vreet .... die "padboom" moes nog gesnoei raak.

Thursday, July 19

Begin en einde van vakansie

Aan alles kom daar ook 'n einde, en dit was tyd vir die twee jongstes om weer terug te gaan SA toe, die universiteit vakansies was verby.  Natuurlik, tot hulle spyt, op die laaste dag onthou ek, daar is nou nie eintlik foto's van die vier saamgeneem nie 
DSC_0087
Samewerking was daar nou nie eintlik nie, en wou hulle soos kleintjies glad nie stilsit nie .... daar is na mekaar "gepoke" en geterg. 

DSC_0093

Na vele oorreding is hulle bereid om te "pose" en dit is wat ek kry.  

Page1

Die kleinste onder die klomp is ook maar lekker rondgegooi en dit het vir klomp foto's gesorg waarop almal se oe toe is van die lag. 
DSC_0104

Ter verskoning aan die "langes"  .... dit moet vir hulle lekker/anders wees om so 'n kortetjie in die huis te he.

DSC_0115

En dan soos kleintjies raak hulle moeg en sit hulle sommer net doodstil dat ek tog maar net die foto geneem kry.

Ek gaan almal saam mis, en hoop dis nie weer jare voordat dit gebeur nie.
map%20namibia%20outjo

Intussen is ek vandag saam met 'n groepie jongmense en tieners oppad vir nog 'n uitreik in Namibia en hier is waar ons die grootste deel van die twee weke gaan spandeer.  Hierdie keer was die beplanning so anders en daar was wonderlike mense wat dinge vir ons en namens ons gereel het daar, maar van hulle vertel ek in latere blogs.
Untitled

Dit is ons logo en boodskap vir die uitreik en behalwe vir die "bou" van 'n kombuisafdak by 'n skooltjie, gaan daar ook baie geleentheid wees vir interaksie met verskillende groepe op die dorp. 

Bid saam met ons dat sal luister en doen soos ons Pa vir ons geleenthede gee om deur ons en in ons te werk.

Liefde 

Monday, July 16

Dit kan net hier gebeur - 3

Iewers in hierdie land is daar 'n kantoor waar 'n klomp mense met swart koki's sit en prentjies in tydskrifte inkleur wat te "gewaag" vir die mense hier is.  Dit was nog altyd snaaks om deur 'n tydskrif te blaai, selfs tydskrifte van ons land wat hier verkoop word, en dan die ingekleurde meestal vroue sien.  Maar op 'n onlangse besoek aan een van die bekende koffiewinkels was ons verras om die volgende te sien ....

544500_10150907251686434_362412059_n

Hulle het sowaar die mermaid op die muur ook ingekleur :-).  Dis snaaks want onder normale omstandighede sou ek dit nie eers opgemmerk het nie ~ om die waarheid te se ek het nie eers geweet daar is 'n mermaid op hulle logo nie. 

Thursday, July 12

Uit die warm son in die hitte van oorlog

Mens kan ook nie heeldag net in die water boer nie, so daar is besluit om 'n paintball in te kry voordat dit "nog" warmer raak.
DSC_0002
Voor die geveg begin ....

DSC_0005

Die meisies wys hulle is gereed vir die geveg.  Ek hoor hulle het op 'n stadium tydens die "geveg" teen die manne in die hutjie gaan skuil en is toe omsingel en opgeskiet ... nie mooi nie seuns.


DSC_0006

Agter James kan julle nie net die lugverkoelde bane sien nie, maar ook hoe hoog die humiditeit is - dit was na 7 uur die aand.  

Page1

Gewere en toerusting word reggemaak vir die aanslag.

Page2

Dele van die baan.  Die hutjie waar die meisies kon wegsteek ens :-) 

DSC_0051

'n Paar bloukolle later maar nog steeds met glimlagte lyk dit asof hulle dit darem geniet het.




Monday, July 9

Dit kan net hier gebeur - 2

William betaal vir die pizza aflewering .... dis nie uniek nie, maar as julle mooi kyk .... die pizza word nie met 'n motorfiets afgelewer nie, maar met 'n .....?

ba21b85ef2c07bd5816b59c49f29f736
Porsche :-)

Ek hoef seker nie te se dat die aflewering van hierdie plek nogals vinnig is nie.

Thursday, July 5

Lekker by die see ….

Altyd lekker by die see, en met temperature wat so vat-vat aan 48/49 op hierdie stadium, is die koue by die huis vir die twee jongstes heeltemal vergete.
DSC_0061
Met 'n enjin so sterk soos 'n klein motortjie en HEELWAT sterker as haar fiets op universiteit, word die jetski baie geniet. 

DSC_0110

Altyd een vir iets wat "daring" is, speel hy net so lekker.

DSC_0155

Lekker ook om die oudste op sy verjaarsdag saam met hulle op die water te he. 

Page2

Daar is rondgejaag, sirkels gery en resies gejaag dat die water skoon stormagtig gelyk het. 
Page3

Nelmari was gou tuis op die jetski ...klein genadetjies dat sy nie een kan gebruik op universiteit nie.

Page4

Hierdie ou wou net toertjies uithaal.  
Page5

James self het die spoed en resiesjaag weer baie geniet.  

DSC_0336

Al die spelery op die water het hulle heeltemal in 'n "nuwe" haarstyl gewaai :-). 
DSC_0337
Die see, van die hotelle, ou geboue, watertenks en die moskee alles so bymekaar .... o ja en die drie Holloway'tjies.

Monday, July 2

Dit kan net hier gebeur - 1

Om 'n foto-dagboek van ons doen en late in die woestyn te hou is die hoofdoel van my blog.  In die proses kon ek mense ook wys hoe dit hier lyk.  Met die sorteer van my foto's sien ek soveel foto's van dinge wat "net hier kan voorkom". 

Hier word altyd probeer om groter en beter as enige ander plek of land te wees MAAR omdat hier so baie mense woon wat nie Engels as eerste taal het nie en daar soveel verskillende kulture is, gebeur daar baie keer goed wat ek nie dink enige ander plek ter wereld kan gebeur nie. (Ek's seker dat dit partykeer wel doen - maar ek weet nie daarvan nie)

So ek wil eenkeer 'n week ietsie "unieks" wat eie is aan die plek met julle deel. 

photo
Padtekens sorg vir groot pret en glimlag as mens partykeer die langpad aandurf.  Hierdie een sien ons oppad vir ons maandelikse uitreikdiens in Ruwais.  Ons ry in die woestyn, sien net woestyn en dan hierdie bordjie ....   Nodeloos om te se, mens kyk altyd of jy 'n boot sien.