Sunday, February 4

William se span kom .....2de!!!!

Soos ek vroeer in die week vertel het, het William die afgelope naweek aan die Cager Classic Basketbal toernooi in Dubai deelgeneem.


Donderdag het hulle hul eerste wedstryd teen American Com School Amman, Jordan gewen. Vrydag was dit gemengde welslae met 'n verloor teen American School of Dubai en Boys Basketball Club, UAE maar hulle eindig die dag goed met 'n wen oor Dubai American Academy. Gisteroggend wen hulle teen Bilikent International School, Turkey en dring deur na die semi-finaal toe. Daar klop hulle vir Dubai American Academy en speel in die finaal teen American School of Dubai. Ongelukkig wen hulle nie, maar 'n tweede plek is 'n groot prestasie vir 'n span wat met die helfde nuwe kinders moes speel. Geluk aan julle!!!


Hier is 'n paar foto's van die toernooi.

William maak gereed vir 'n wedstryd. Meisie of seunsspan?


Die manne vat 'n "subway" breuk

William skiet 'n doel tydens een van die wedstryde!


Die meisies was baie lojale ondersteuners van die seuns span. Hier is hulle besig met die "chicken song".

No comments: