Showing posts with label universiteit. Show all posts
Showing posts with label universiteit. Show all posts

Friday, August 15

Wat vang Nelmari aan?


Net nou die dag toe sy weg is om te gaan swot, kan nie glo dis al ampertjies 3 jaar nie.  Ek vir een is baie bly daar is iets soos sosiale netwerk, want dit beteken ons kan deel wees van alles en foto's sien ... wat ons partykeer nie wil sien nie en ander wat ons wil sien :-).  
Page2
Nog nie in al die "jare" daar 'n studieboek foto gesien nie, maar ek dink dat sy meeste van haar praktiese vakke baie geniet.  Nie regtig die spies in die woestyn gegooi nie, en daar is nog skaafwerk aan die styl nodig, maar dit lyk asof dit lekker was.  

Page3
Dit was vir my baie snaaks toe sy vertel van die gimnastiek want ek kon haar net nie op 'n balk sien nie, maar hier is die bewyse ... seker dit het met 'n groot poging en oefening gebeur :-).   
Page4
Deel van hulle studie is ook om by een van die spesiale skole te gaan help met sport en oefening.   

16626_10152563189057349_265809519709863909_n

Die dans klas net so nou die ander dag het seker ook sy eie storie om te vertel.  Nelmari jy het nie dieselfde "pose" as die ander nie!   

Page5

Verlede jaar tydens die Zambia omgee projek het sy vertel wat sy voel moet haar spesialisasie veld wees en dit lyk asof sy en haar klient die oefening geniet.  
Page6
En dan kan mens seker nie waterspeletjies as "studie" kwalifiseer nie of kan mens?  Dit lyk elk geval na groot pret.

Op die oog af lyk sy nogal besig met al hierdie aktiwiteite .... so sonder die boeke!

Wednesday, October 31

Tyd vlieg ...

Dit voel soos net nou die dag wat ek vir Nelmari by die universiteit gaan aflaai het en die langpad terug Abu Dhabi toe alleen moes aanvat.  Die jaar het eenvoudig net verby gevlieg en het haar laaste eksamen van die eerste jaar aangebreek.  
189156_10151254426462349_851261235_n

En waar gaan mens 'n mooier agtergrond kry vir jou prakties.
Page1

Dit was defnitief 'n jaar waar sy heelwat nuwe sport-skills aangeleer het - goed wat sy nooit hier in die woestyn kon doen nie.  
320343_10151254430682349_344674496_n

Haar eerste jaar klasmaats tydens die praktiese eksamen.  

Nou is dit die teorie wat voorle.  Sterkte daarmee sussie ...

En William daar in Bloemfontein met sy finale jaar eksamen, sterkte vir jou ook seun!

Lief vir julle

Sunday, March 4

JAMES vertel.....

Die kuns agter student wees

Die geskiedenis kan nie presies onthou hoekom mense besluit het om in Bloemfontein te stop nie. Die storie gaan oor vars water wat hulle hier gekry het, ek is geneig om die ander storie te glo wat ek verlede vakansie gehoor het. Wanneer mens 'n duisend kilometer van die Kaap af is en jy weet hoe elkeen van jou osse lyk en hulle name het, dan is dit tyd om bietjie te stop.

Wat ek seker probeer sê is dat hulle 'n groot fout gemaak het, want hier is nie eers beeste om te tel nie. So, soos enige goeie student in Bloemfontein oor die naweek, beoefen ek die kuns van "mif" wees. Nou dit kan beide 'n werk- of naamwoord wees, want mens kan besig wees om te "mif" of na 'n uur of wat van goed konsentreer kan jy dalk ook "mif" wees.

Nou op 'n Saterdag voel 'n student redelik "mif", meeste van die tyd omdat hulle die vorige aand bietjie uitgegaan het. In my geval raak ek "mif" van net "mif" wees. So teen die tyd dat Sondag kom, is mens goed "gemif". Ek het soos ouder gewoonte na die oggend se werk 'n slapie gevang. En toe ek uiteindelik ontwaak is dit middag en mens is te "gemif" om enigiets te doen. As varsity net nie so stressvol was nie ....

(Ek's heel "gemif" net om hierdie beriggie van jou te lees seun)

Is dit hoe mens lyk as mens "gemif" is?

(Foto op sy 21ste Verjaarsdag wakker word - toue deur Will en Nelmari)

Saturday, February 24

ENGELTJIE, duiweltjie, DIEF

'n Fotoberiggie vanaf Bloemfontein. My "engeltjie" (hoekom twyfel ek?) en 'n "duiweltjie" oppad na 'n partytjie.

Hoekom lyk die engeltjie nie soos een nie ....OK nou is ek bekommerd, wat dink hy?

(Dankie vir die foto's seun)

Tuesday, February 20

'n Dag saam met James

Dis vir my lekker om ook te skryf oor wat in James se dag aangaan, want alhoewel ons veronderstel is om gewoond te raak aan hom wat ver van die huis is, verlang ons baie en praat ons van en met hom asof hy sommer net anderkant die duin is.

Hier is die hoof administrasie gebou op die kampus en die plek waar die kantore van die rektor ook is.


Dit sal baie gaaf wees as hy sy graad met vlieende vleuels slaag - hoop dis hoekom hy so oor die watervoortjie spring.

Nie Pretoria se kerkplein nie, maar Kovsies se "rooiplein". So vernoem oor die rooi bakstene en natuurlik Pres. Steyn se standbeeld.


Hierdie is die plekke waar hy buiten studie tyd uithang. Ek sien nogal nie boekwinkels en/of plekke wat enigiets met studies te doen het nie.

Die "brug" wat die kampus met die sportgronde verbind en al hulle winkeltjies en goeters is daar. 'n Koffiewinkel waar die maag gevul kan word.


Die bank en dis handig vir die studente om hulle eie een te hê waar enige transaksies gedoen kan word. Dis nie net 'n tellermasjien nie maar 'n volwaardige bank. (Hierdie paragraaf word nie deur ABSA geborg nie) En die "maag" moet vanuit Abu Dhabi gevul word.

Die vriendelike 7/11 vir al daai goedjies wat mens haastig nodig het. Gelukkig het die ou geleer dat hier koop is partykeer duur koop.

Dan Kovsie FM waar James al sedert sy eerste jaar werk. Vanaf Oktober verlede jaar is hy Nuus Redakteur/Bestuurder. Hy lees nog partykeer die nuus en het sy eie "show" naweke soggens tussen 7 - 10. Die naam is "Clean shaven".

Hier is James agter die mikrofoon besig. Die laaste paar maande geniet hy dit ook om advertensies of "jingles" te skryf.


Die kantoor waar hulle die nuus kry en navorsing doen vir die nuusberig.


Iewers tussen-in swot hy ook --- ek dink.

Thursday, February 1

James se 3de Univ Jaar skop af

Kan amper nie glo dis drie jaar gelede wat James sy eerste jaar begin het nie. Vanjaar het hy na 'n klein tuinwoonstelletjie toe getrek. Vir julle wat nie baie Bloemfontein toe gaan nie, hier is 'n foto of twee van sy nuwe plekkie.


'n Deel van die kombuis en besig op sy rekenaar. Nie 'n stoel nie ma sê hy - ek wonder of hy die rekenaar gebruik vir studie of musiek?


Die kombuis en die ma vra daai bal?, daai sak? daai goed om die toonbank, die muurversierings? Gelukkig sien ek nie vuil skottelgoed nie. Sy kamer met 'n lekker groot ingeboude kas.


Dankie vir die toestemming om die fotos te plaas seun. Nou kan almal sien wat jy aanvang. Ons wag vir die joolfoto's