Saturday, June 23

Kreatief is pret

So vinnig soos geboue opgaan en winkels oopmaak, so vinnig kan dit weer toemaak.  Een waaroor ons baie teleurgestel was, was die ceramic winkel waar ons lekker kon kuier, eet en iets verf. So toe daar besluit moes word op 'n kombuistee vir een van ons jongmense wat binnekort trou, was dit baie maklik.  Buurdorp toe om iets persoonliks vir haar van ons elkeen te gaan verf. 
Page1
Eers word daar ernstig besluit oor wat elkeen wil verf as 'n geskenk. 

Page3

Dan word daar beplan aan die ontwerp en in watter kleure dit geverf moet word.

Page4

Met al die beplanning agter die rug word daar met groot erns geverf en die tafel raak doodstil.  Nogal 'n prestasie vir 'n klomp vroue :-). 

DSC_0063

Ons saam met die toekomstige bruid ... wat lekker verras was. 
Page5

Die verf werk is ampertjies klaar.
Page8

Van die geskenkies was Nelmari se koffiebeker met die klavier op die handvatsel vir die musiek-juffrou, 'n opdienbord, teepot, sout-en-peperstel en opskepbak. 
DSC_0094

Ons is nie seker hoe alles gaan lyk as dit klaar gebak is nie, maar ons het lekker gekuier en hoop dat wanneer Jana dit gebruik sy sal onthou van die lekker kuier terwyl ons dit spesiaal vir hulle gemaak het. 



Sunday, June 17

Kinders speel toeris

Een van die goed van hierdie land is dat mens nooit kan dink jy het alles gesien nie, want byna daagliks voel dit vir my is daar iewers iets nuuts of 'n nuwe gebou wat opspring.  Dis lekker om die kinders by die huis te he en alhoewel Nelmari slegs Januarie weg is, was William meer as 'n jaar laas hier, dus is baie goed vir hom redelik nuut.  Ons het ook 'n nuwe predikantspaar wat in die hitte hier begin het en het ons sommer besluit om so van die water af te kyk wat het nuut bygekom ... en hopelik sal die seelug bietjie help vir die hitte ook.  (Ons somer begin nou eers en teen 10 uur toe ons met die rit begin het, was die lesing 41 grade C) 

DSC_0015

Oppad na die boot toe, mens wens eintlik jy kan 'n a/c met jou saamdra.
DSC_0042

Die Nasionale theater reg langs die water

DSC_0044

en langs die ou Heritage village

DSC_0051
Die een hoe gebou na die ander begin nou opspring - hierdie een met sy interessante onderkant, lyk soos 'n vuurpyl.

DSC_0053

Met ons aankoms in Abu Dhabi was Eddie se werk een van die hoe gebou in die dorp en 'n groot baken vir wanneer ons verdwaal het.  Nou staan die gebou (met die witbal op) skoon verdwerg teen die ander wat rondom gebou word.
DSC_0059

Die lug is baie duinserig op die oomblik (baie sand in die lug), maar jy kan nog steeds die mooi groen van die tuine sien

DSC_0075

Die groepie voor die ou Mina port - en ons kry nie warm nie, ons KRY WARM.
DSC_0085

Die ou het ook so 'n bietjie met die boot gespeel en ons moes vashou al wat ons kan.
DSC_0103

'n "ruimteboot" wat in die marina geland het :-)
DSC_0099

Die GROOT 7-ster Emirates Palace Hotel is skoon verdwerg agter die klomp geboue wat net agter dit gebou word.
DSC_0092

Lekker windverwaaide groep aan die einde. 

Ons sal heelwaarskynlik nog 'n paar watergoed in die hitte doen voordat die kinders moet terug na die lekker koue SA.

 


Friday, June 1

Die dames is plesierig ...

Op die blogfront gaan dit maar stil, maar dit is ook waar die "stil" ophou.  Behalwe vir die nuwe "blogger" uitleg waaraan ek moet gewoond raak, is my rekenaar ook nie meer die staatmaker wat dit was nie.  In die hitte "vries" dit elke paar minute en word 'n blog partykeer meer as drie keer oorgeskryf.  EN dis die einde van die jaar vir ons, alles sluit af en dit beteken dat ons lekkkeeerrr besig.

Om fondse vir ons uitreik Namibia te kry, is daar besluit op 'n damestee ... soos wat ons by die huis hou!  Dit het ons laat rondhardloop, maar met die entoesiasme wat dit ontvang is, is dit iets wat gekom het om te bly.  Daar is gou-gou besef dat ons nie genoeg tafels het om almal te akkommodeer nie.  Wat 'n lekker probleem.

Page1

Die gasvroue het hard gewerk om hulle tafels mooi te maak en met eetgoed te laai.

Page2

En die tafels het so mooi gelyk.  

Page3

Dieselfde tafels, maar elkeen anders soos die gasvrou haar stempel op haar tafel afgedruk het.
Page6

Ons gasspreker het net twee dae tevore vanaf Amerika ingevlieg en gou-gou almal se aandag gehad.  Natuurlik ook ons musiekspan wat eers die dames in worship gelei het, en daarna terwyl almal lekker gekuier het, heerlike agtergrond musiek verskaf het.  
Page4

En toe is daar gekuier mense ....   Ons tieners onder regs se tafeltema was Alice in Wonderland en hulle het op die einde die tweede plek gekry.
 
Page5

Die kuiers was meestal in Afrikaans .... lekker ....!  Die tafel onder regs was ons wentafel.  Maar ek dink in die einde het almal gewen, want ons het lekker gekuier en lekker geeet.  Sonder twyfel maak ons volgende jaar weer so!