![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhEbgqNsqiB2CYeKEwU9yBvAsbcaEa1lAZ5vhyphenhyphenPh7C_QfU_BRA1P4Q6_prFQJcwmx2qSMIxXuwfJCH51iV9K4_99vxED68lIjW7uW5CKG4lyNceC-834w-eJBpNntmjeV0owaJHzjuY2PtJ/s400/Nelmari+12+Feb+2007+002.jpg)
Die "bench" moedig die span aan. Nelmari reg op die linkerkant se punt.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjiRBTKS8-xw9yQZu-qpypMseBsWU_SaupVSVmD8XR-HO8t5Uwu9yD6McZGqWi738YOKDI2n-OpS2aio944G_05tIsrxdIiZOilxqTifVGdKxq_MbPb-PvgF8PA3T8NO5r2bjoRSk_GdSj7/s400/Nelmari+12+Feb+2007+005.jpg)
Die afrigter maak gereed om 'n speler (nr. 25 Nelmari) op te stuur. Die van julle wat nie die spel so goed ken nie, die speler moet langs die tellinghouer wag totdat hulle kan opgaan.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEi1zs8EVaYiV7ZZtAjLqji-ff5Xim45FhBRAV3fOtVIStfcY7U1EruVQYvsKG0uBg-F7ect8qyvdcIq5W7e6qSohLk1t-GxkbgsfwBpq8Htty-gheFt-d4VTCRGtbWmyZdMre_-zLc5gCnp/s400/Nelmari+12+Feb+2007+003.jpg)
Moenie kommer nie Lions, Nelmari is nou daar om te help verdedig.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiSU7l0Z-q1whoAAev25DABqLWn60Iyo87O9eBpNj9816KntsKmn0pz9JAFEBaK-_e7SJ1I-c2bSxfw1IdGsgm4dGXLoKqUEFIsfaWjLP3fHHsyCkVf6eVFs56VivInOzxbNN5R54FizBdy/s400/Nelmari+12+Feb+2007+010.jpg)
Maak gereed om "Go Lions" te skree. Die span lyk nie erg gestres met die wedstryd nie. Nelmari regs van die juffrou.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg1JH2yNl2N5XpE5eYdjD89nFsdyqDp1QPIo1OQFXsfdpLisBVj72Pbv5v8e2XQUgkZ1ikpX5y91KtjB6T144AEJ2fb5zOV5Alkw62CSpjFq5ACYqYOcIVwoT7mU1rvPPVdLkO21anv3ptG/s400/Nelmari+12+Feb+2007+013.jpg)
Spanpraatjie na die wedstryd en Nelmari dink dis snaaks. Of miskien is dit vir die fotograaf wat sy lag .... Nee, hulle het hul briewe vir die Egipte toer gekry en dis pure opgewondenheid.
Die Varsity span van William hulle het Dubai toe gereis vir 'n wedstryd daar. Ongelukkig kon ons geen amptelike fotograaf saamstuur nie. Hulle het teen DAA gespeel die wedstryd verloor met 12 punte, nl 25 - 37. Dis nie te sleg nie, want weereens vir die wat nie die spel ken nie, 'n doel tel meestal 2 punte, met sommiges wat 3 tel so die oorwinning was nie te groot nie. (Ek hoop my feite is korrek anders het ek die kinders op my nek)
1 comment:
Hai almal! Mama hat meeste van haar feite reg,(sover). Nelmari
Post a Comment