Sunday, February 11

Uit met die boot ... of nie?

Die geel olifant van die Holloways - die boot. In die begin was dit groot pret en 'n nuwe speelding so daar is gereeld naweke met die boot uitgegaan. Die laaste amper twee jaar staan dit net die plek vol en gaar stof op. Dan wanneer mens met hom wil uitgaan is daar stof in alles en vat dit vir ewig op aan te skakel. So 'n besluit is geneem ....die olifant moet maar verkoop word, siende dat beide die seuns ook nou amper uit die huis is. Dit beteken alles moet eers "ontstof" word. 'n Klompie dirhams later en die boot is gediens en skoongemaak en reg vir die watertoets.

Intussen met die lang verlof van die "olifant" het die "slip-way" ook na 'n ander strand geskuif so dit was omtrent 'n ekskursie. Hier is hulle besig om die boot in die see te laat. Kyk hoe mooi helder is die see.

Eddie maak gereed vir die groot toets terwyl William toekyk dat alles in die water is.

En daar gaan hy...... (Op die agtergrond die huisies van die dhow bouers)

Ons begin spoed optel. Kyk hoe rustig is die see hier. En dan wat volgende ....

Die boot hoes en proes en vrek ... iewers is daar nog vuilgoed. Hier is Eddie in die see besig om terug te roei.

Selfs William moet lag oor die gesig van sy pa besig om te roei.

Diep ingedagte. Miskien dink hy oor volgende week se weer probeer.

Met die uittrek het die motor ook diep spore gemaak en vasgesit voordat die boot uit is.

Twee jaar terug was hier niks, nou het groot nuwe kantore geboue opgespring. Dis nog alles onder konstruksie. Voor is 'n hout dhow. 'n Bietjie oud en bietjie nuut...

Ook naby die vasmeerplek het die UAE Central Bank (hulle Reserwe Bank) hulle kantore opgerig.

Net 'n mooi foto van die klein bootjies by die Bateen "hawe".

Ek's nie seker hoekom William hierdie paar nr 13's afgeneem het nie. Wat dink hulle?

Ek is seker dis nie die einde van die boot sage nie ...hou hierdie spasie dop.

1 comment:

Anonymous said...

Dit lyk mooi daar