Friday, February 2

Nuwe lewensjaar en baie om voor dankbaar te wees

Die goeie nuus is ....


"Plooie word nie net deur die tyd en die son veroorsaak nie, maar ook omdat ons lag oor die dinge wat na die veertigs toeneem. Ons kry ook plooie deur verras te lyk wanneer iemand iets snaaks doen en deur te glimlag wanneer jy goeie vriendinne sien wat net so vol plooie soos jyis. Plooie sĂȘ hulle is die padkaart van ervarings wat jy alleen opgedoen het.


Ek verstaan al hoe beter die psalmdigter se woorde: "'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi." As hulle op my gesig beland het, kan ek ten minste tred hou met hulle en weet dat elke plooi verdien is met tyd wat goed bestee is."


Dankie aan almal vir smse, e-posse en oproepe. Ook 'n groot dankie vir my verrassingstee!! (Hieroor vertel ek meer - met foto's more)


Spesiale dankie vir Marie wat vir my 'n houertjie reen gestuur het ... en weet jy wat sus, toe ek uitstap is dit die gesig wat ek buite kry ..........


Reen in Abu Dhabi is so skaars soos hoendertande en varke in die UAE. Dit was 'n groot bederf van Pappa!


Natuurlik moes ek gou see toe want dis my ander gunsteling (behalwe reen) ...die see. Het sommer na die stukkie hier langs ons straat gegaan


Die strate lyk nat en mistroostig maar glo my dis steeds warm! Kyk dis hoe die see hier lyk as dit effens onstuimig is.

Die "locals" het hulle min aan die reen gestuur en steeds piekniek op die gras langs die see gehou!

2 comments:

Anonymous said...

Geluk met jou verjaarsdag, klink of jy 'n lekker dag gehad het.
Liefde Karien

Anonymous said...

Bly vir die reen en sien uit om julle tee foto's te sien. Susan