Tuesday, February 27

Nog een amper uit nes....

Dit voel soos nou die dag dat James hierdeur is. Ja, dis tyd vir die "graduation" foto's om geneem te word. William voel hy het 'n haarsny nodig voor die foto's. Selina knip sy hare en aan die begin is dit groot pret maar ....

Die man is ook baie versigtig. Net hierdie stukkie wat oop is .... en dan hou hy sy kop vas!

Netjies en reg vir die dag se foto's. Die res van die manne maak gereed vir die foto's

Almal het 'n storie te vertel of te verduidelik. Hier het hulle bietjie pret. Die ou regvoor, Stefan is ook 'n Suid-Afrikaner.

Ek weet nie hoe hierdie ma dit more gaan maak as haar dogter afgeneem word nie. Klaar was sy in trane oor William en more is Al-marie se foto's wat voorlĂȘ. Sy het sommer in die sekretaresse se kantoor op die grond gaan sit. Beide Sharyn (op stoel) en Hannelie (op grond) is Suid-Afrikaners.







.

2 comments:

Anonymous said...

JIS! Ek kanie glo dit is al sulke tyd nie. Nog een amper uit die huis uit. EK moet se hy lyk baie beter in die 'gown' as ek.
Amper is daar net een in die huis ne! Sterkte

Anonymous said...

My kind, hoekom is jou jas so erg gekreukel? Loop stryk die ding voor die plegtigheid asb, jou Pa wil hom nou nie skaam nie!

Ja Oudste, nog net een oor................maar blerrie hel watter een is dit nie!