Saturday, February 17

Saterdag op hierdie Vrydag

Vrydagoggend, die eerste dag van ons naweek is die jaarlikse Terry Fox wedloop ten bate van Kanker vanaf die Sheradon Hotel langs die Cornish gehou. Volgens berigte het meer as 8000 mense hieraan deelgeneem. Hier is 'n paar foto's.

Van die "beamptes" maak gereed. Kyk ... hulle dra die pet bo-oor die kopdoek en die baadjie bo-oor die abaja


Opwarmingsoefening voordat daar begin word.

My tipe waterpunt....'n Lipton tee stalletjie!


Dis hoe mens dit doen. Eet 'n toebroodjie voordat jy die wedloop begin.


Eddie maak gereed om te hardloop. In die rugsak is sy kantoor ... net vir ingeval. Hy het die wedloop voltooi in 60 min.


Hierdie ou was te vinnig om af te neem by die wedloop. Hy het die 10 km in 39 min gedoen wat nie te sleg was nie. (Foto word sonder sy toestemming en op eie risiko geplaas)


Vir middagete is ons na 'n Duitse restaurant, die Brauhaus toe. Hier is William besig om te wag vir 'n stukkie varkvleis. Onthou, hier is varkvleis nie algemeen beskikbaar in die winkels nie, net by uitgesoekte winkels kan mens dit by 'n "agter-kamertjie" kry


Natuurlik het die Duitse restaurant ook Duitse bier. Ek wonder oor die "dieet" is dit Duits? In die oggend draf, dan 'n draft ... hoe goed kan dit wees?(Miskien is draf_ en draft te naby mekaar)


As mens al soveel jare in die dorp bly, dan word jou naam al selfs op die bierbeker van jou gunsteling restaurant gesit. (En Henry sy alias vir Eddie in die dorp)


Ons sit buite om die laaste van die winter "sonnetjie" te geniet voordat mens dit nie buite op die strate waag nie. Lyk of Nelmari koud kry.



Hier is twee foto's van die strand by die hotel en ook die uitsig vanaf die restaurant.







Vanaand gaan ons weer bietjie langs die see stap en ek wys dit vir julle later.

2 comments:

Anonymous said...

Haai Tannie
Ek het nou eers vir die eerste keer tannie se stories gelees, en dit baie geniet! Ek wil net laat weet, dat dit was die beste Valentine's persent wat ek nog gekry het :)
Baie liefde, stuur groete
Corli

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor. Jy herken darem seker baie van die plekke na die kuiertjie