Tuesday, February 6

Nog basketbal!

En nog is dit die einde niet. William en Nelmari het albei gister wedstryde teen ACS (American Community School) gespeel. Na 'n besige naweek van 'n basketbal toernooi het William hulle nie die pyp kon rook nie, en verloor. Dit was egter 'n baie goeie wedstryd teen twee spanne wat goed teenoor mekaar opgeweeg het.
Will op die baan - as ek hom net lank genoeg kan laat stilstaan vir 'n foto. Hy het 'n paar goeie doele geskiet en uitstekend verdedig.
Strafgooi vir ACS en die manne kan bietjie rus.

'n Moee Will na die wedstryd. (Lees moee soos in moeg en nie soos in 'n koei wat mooooeee nie. Gee my 'n kans dat ek sien waar sit die kolletjies vir die e op hierdie rekenaar - dit sal kom)
Nelmari se span het ook na gister se wedstryd maar baie tam in die kniee gelyk en met 10 punte verloor. Ek was egter trots op haar spel - sy het baie balle kon wegneem. Dis maar hierdie span se tweede wedstryd van die seisoen en hulle berei voor vir die toernooi in Cairo - ek dink hulle het goed gespeel. Hier is sy en twee maats. Nelmari in die middel en die vriendin aan die regterkant is ook 'n Suid-Afrikaner, Minrie.
(Die foto's het nie so goed uitgekom nie. Eddie lees - miskien het Sandra 'n nuwe kamera nodig)

4 comments:

Anonymous said...

Is reg, ek sal vir my 'n regte digitale kamera koop dan kan jy myne kry. Neem puik fotos, soos wat die mense kan sien as die fotos 101% goed is!

Anonymous said...

Hoekom wil jy dan 'n nuwe een hĂȘ as jou oue so puik is?

Anonymous said...

Net van windgatgeid, en om by die nuwe druller te pas wat julle vir my gegee het, toe....toe....toe....toe!

Anonymous said...

Ons het gedog dis 'n drukker. Miskien moet elkeen maar ene kry dit klink regverdig.