Thursday, February 8

"Vakansiehuis" in die woestyn

Eddie was gedurende die week 'n bietjie Fujairah toe vir werk en het oppad terug 'n paar foto's geneem wat ek met julle wil deel.

Kyk die groenigheid wat deurslaan tussen in die "woestyn". Fujairah is ook een van die emirate wat "berge" het. Sien die agtergrond.

Kamele rustig aan die wei op en langs die pad.

Oppad terug Abu Dhabi toe vanaf Hatta ry mens verby Dubai se bekende "rooi duin" waar die toeriste met 4x4's rondjaag. Hierdie is die ingang. Kan julle dink --- 'n woestynduin word 'n "besigheid!"

Maar die duin kan ook 'n vakansiehuis word. Een van die plaaslike manne wat ook by Etisalat werk, het vir hom 'n vakansiehuis in die woestyn ingerig reg by die rooiduin. Kry die prentjie --- jy ry in die woestyn en besluit hierdie stukkie sand sal ek my vakansiehuis maak ---- Laat my dink aan die liedjie wat die kinders so graag sing in Sondagskool. "Die dwase man bou sy huis op die sand, ......."

Hierdie huis is ten volle toegerus met tente vir slaap, tv, ens. Daar is selfs twee Pakistanies wat permanent by die huis bly om na alles om te sien. Naweek klim die gesin in hulle motor en sit af vakansiehuis toe. Wat doen hulle om besig te bly?
Kyk oa TV in die TV-tent. Daar is ook 2 4xx4 motorfietse waarop die kinders teen die duine uitjaag.

En nie sommer enige TV nie --- hier is selfs 'n sateliet skottel op die terrein opgerig.
Die twee Pakistanies wat hier bly rig die "patio" op terwyl die eienaar Suleiman toekyk.

Eddie reg om "tee" te drink op die patio. Kyk die tentkamers op die agtergrond. Die "erf" is selfs toegerus met vullisdromme. Kan julle jul indink om so 'n stukkie "vakansie-grond" te hĂȘ?

No comments: