Saturday, July 31

Ons reis deur Provence wat nie WP is nie

Na ‘n paar besige dae in Parys is dit tyd om af te ry na die suide van Frankryk.

Page1

Eers besluit ons om by ‘n paar dorpies oppad te stop, maar die afstand en elke keer tolgeld gebruik, maak dit onmoontlik. Ons stop wel by enetjie wat ek nie die naam van kan onthou nie. Daar is geen inligting oor hierdie kerk nie, behalwe dat ons weet dis nog in gebruik. Ons blyplek op ‘n plaas in Menerebes is verskriklik mooi en ek sal later foto’s van die “village” neem en vir julle wys.

Provence 2 & 3 008

Ons eerste voldag in Provence het ons ‘n bespreking om na te kom. Almal van ons se gunsteling lekkerruik winkel L’Occitane. Elriza se sy voel soos iemand wat ‘n bad-disneyworld gaan besoek terwyl ons wag vir ons gids om ons deur die fabriek te neem en dan ……. die winkel. Met produkte wat heelwat goedkoper is as in Abu Dhabi word die voorraad goed aangevul deur al vier van ons.

Page3

Daarna ry ons ‘n bietjie deur van die klein dorpies naby Manosque waar die mooiste lavender en sonneblom velde is. Rut kry ook kans om tussen die lavender te staan.

Provence 2 & 3 017

Al die dorpies oppad was so mooi en ons geniet dit om in die strate te stap en rond te kyk.

Page2

Na ‘n wonderlk dag braai die meisies vir ons heerlike vleis.

DSC_0020

Vroeg die volgende dag maak die meisies reg vir nog ‘n dag van rondloop en miskien shop deur oefeninge te doen. Ons ou tannies het al genoeg rondgeloop om nog krag en energie vir dit te he. Miskien verbrand hulle ‘n bietjie van hulle oortollige energie.

DSC_0029

Ons is eintlik oppad Avignon toe, draai links ipv regs en eindig in die wonderlike dorp Gordes op. Hierdie 12 century dorpie wat teen die hange van die Imergue vallei gebou is, is iets om te sien en te beleef.

Page1

Die hele dorpie is straatjies is sulke nou klippies op en afdraende.

DSC_0051

Die uitsig oor die vallei is pragtig.

Page2

Dis ongelooflik besig en blykbaar ook die dorpie in Provence wat die meeste toeriste kry. In 1938 het een van Frankryk se bekende kunstenaars die dorp begin besoek en sy “rusplek/werkplek” gemaak en weereens word ons bederf want dis markdag en ons kan lekker deur die strate drentel – party van ons het darem ‘n rokkie of twee kon koop.

DSC_0070

Aan die einde van ‘n lekker dag en ons kyk terug na ‘n geseende verdwaal waar ons in die mooi dorpie kon kuier.

Geniet julle naweek!

Monday, July 26

Dag vol hoogtepunte

Ons is nou so oulik met die trein dat ons die stasie sommer gou-gou kry en die plekke waar ons wil wees.

DSC_0005

Die Louvre bly ons baken en dis ook waar ons, die volgende keer wegspring. Ons kan nie genoeg foto's neem nie.

Page1

Maar nou na die ritte op die bus die vorige dag weet ons presies waar ons wil afklim en die markie is een van die plekke - net so om nie heeltemal niks te shop nie.


Page2

Ons besoek heeltemal 'n ander deel van Parys en die geboue en kerke is net so mooi.

Page3

Eet moet mens eet en daar is ietsie van alles, moderne en oud.


Page4

Hier ry ons verby die St-German-des-Pres, Opera huis en van die ou trein stasies.

Page1_0

Dit reen en mens wil regtig nie dit mis nie - dit reen mos amper nooit in die woestyn nie. Rut sit langs Nelmari in die bus.

Page6

Die Moulin Rouge is toe en die vertonings is te duur, maar ons kan darem van buite af kyk.

Page8

Dan word die dag afgesluit met 'n hoogtepunt... op met die Eiffel toring.

DSC_0102

Die uitsig is net iets ongeloofliks en dit terwyl dit so 9 uur in die aand is

.Page9

Ons staan daar en foto's neem totdat die son begin ondergaan en ons groet Paris.

Nou vir Provence!

Te veel om in te neem

Om in Disney rond te loop was ‘n wonderlike hoogtepunt, maar die volgende oggend se opgewondheid om plekke in Paris te sien was nog groter. Weereens het Vader so goed na ons omgesien en alles selfs die trein rit Paris toe het seepglad verloop.

Page1

Op een van die stasies het musiekante in die trein geklim – in ONS wa – en vir ons Franse musiek gespeel! Die stasie was iewers gelee en ons het nie geweet of dit die regte plek is om af te klim nie, maar weereens het die meisies net ‘n klein tydjie gevat om die rooster te bestudeer voordat hulle die pad vat in ‘n algemene rigting en ons lekker saamhardloop om by te bly.

Page2

Net langs die stasie is daar ‘n besonderse kerk wat nie eers in die boekies feature nie en Elriza se “mense dis alles rerig” som ons gevoel op van in Parys wees. Die klomp ouens onder die boom met hulle laptops is ‘n studenteklas.

Page3

Ons verkyk ons aan die geboue terwyl ons ‘n plek soek om ontbyt te eet, en leer vinnig ons eerste les. Ontbyt hier is ‘n klein lunch en ons moet tot 12 uur wag as ons wil eet. Intussen moet ‘n teetjie en croissant die ding doen.

Page4

Die eerste plek wat ons raakloop is die Louvre. Natuurlik gaan die blydskap ook met ‘n sprongetjie of twee gepaard want nou het ons ook die stopplek van die bus. Ons toermaatjie “Rut” is natuurlik saam op die uitstappie.

Page5

Hierdie besonderse gebouwat al in die 12 de eeu gebou is en vandag as ‘n kunsmuseum gebruik word, en baie konings en Napoleon se woning was, hou ons lank besig. En natuurlik die “Arch of Triumph”

Page6

Ons ry met die oopdek bus deur die strate van Paris en die brue, bote en geboue is ongelooflik

. Page7

By die Notre-Dame is die toue km lank, maar net om die katedraal wat hulle in 1163 begin bou het van buite te sien is al amazing.

Page8

Ons hang soos vinke by die bus uit om al die geboue af te neem. Die mense wat langs die rivier le en tan is nogal snaaks.

Page9

En dan word die Eiffel toring iets meer as net ‘n foto – ons is regtig daar om dit self af te neem en so ook die Champs-Elysees.

Page10

Dis lekker warm en die mense tan nou selfs langs die fonteine :-). Ons soek deur die strate van Paris vir ‘n badkamer en volg ‘n bordjie. Wat dit belangrik genoeg maak om oor te blog is dat die bordjie ons binne ‘n badkamerwinkel in neem. Daar betaal jy en val in ‘n tou. Elke toilet het sy eie ontwerp en kleur en reuk en na elke gebruik gaan daar eers ‘n skoonmaker in wat skoonmaak en lekker ruik parfuum spuit. In die tou stap jy veby allerhande kleur en ontwerpers toiletpapier wat mens kan koop om huis toe te vat.

Page11

Ons besoek ook die Les Invalides en ry verby baie mooi kerke.

Page12

Die een groot frustrasie wat ons het, maar dit sorg vir baie pret is die kommunikasie met die Franse wat glad nie Engels kan praat nie. Dis laat die aand en nog baie lig toe ons die pad aandurf huistoe. ‘n Opwindende dag waar ons ongelooflike plekke en dinge gesien en ervaar het. Ons het die dag ten volle opgebruik.

Lekker week vir julle

Saturday, July 24

‘n Dag van wag en geduld en pret

En daar gaan ons op die lang verwagte vakansie met baie opgewondenheid en dogters vol planne. Sommer gou-gou moes hulle leer dat vir partygoed moet mens nogal bietjie wag en vir ander moet jy baie geduldig wees. Maar ons was regtig bederf deurdat alles seepglad verloop het.

Page1

Ons het reeds 10 uur die oggend by ons blyplek aangekom waar mens eers 3 uur kan inboek, maar daar was niemand in die plek nie en ons kon lekker uitpak en gesig was en regkry vir ons eerste stop – Disney Euro wat net 5 min van ons blyplek af is. Selfs by Disney was ons net op die regte tyd by die regte plek en ons besoek die Studios eerste.

Page2

Daar het ons afgeskop met ‘n ongelooflike kombinasie vertoning van ou rolprente met vandag se spesiale tegniek/effekte. Die meisies het ons ook in die Armageddon ingekry met baie lawaai, rook, vuur en goed om jou bang te maak. Die ou tannies het nie te sleg gedoen nie :-).

Page3

Kyk net bietjie na die parkering vir stootwaentjies. Walt en Mickey het ons welkom geheet.

Page4

En toe is dit Disneyland en voordat ons ingegaan het, is ons verras met die mooiste tuine. Komende van die woestyn was die blomme en groenigheid vir ons pragtig en het ons dit vreeslik geniet.

Page5

Die trein wat om die park ry en stasies by al 5 die “lande” het, was eerste op die program en so kon ons alles eers uitkyk en kon die dogters beplan. Daarna het ons meestal net hulle rugkant gesien en ons het gevolg.

Page6

So met die wegtrek was dit tyd vir die Disney parade en kon mens die pretpark se atmosfeer lekker ervaar met die musiek en karakters in die strate.

Page7

Oppad na die kasteel kondig hulle af die “konsert” gaan begin en die meisies boek vir hulle ‘n lekker sitplek. En toe is dit die ritte.

Page8

Ons was so beindruk met die meisies wat geloop het asof hulle die park al ‘n paar keer besoek het – sonder om te verdwaal en vir ons ou tannies te wag is daar van die een na die ander gegaan.

Page9

Die badkamers en restaurante was op die oulikste tema gebou. Die kinders besluit om die "oues van dae” ook op ‘n ride te vat, maar kyk net hoe hou hulle die horlosie dop om te kyk hoe lank dit ons neem.

Page10

Ons gaan op ‘n ride deur “It’s a small wolrd” en dis pragtig. Al die klein poppies wat verskillende stories en prentjies uitbeeld.

Page11

Dis alles so op ‘n oewer gebou terwyl ons met ‘n bootjie deur die small world vaar. Die kleur en tonele is pragtig.

Page12

En nog is hulle nie met ons klaar nie en ons word op ‘n bietjie meer waaghalsige rit geneem. Die Pirates of the Caribean. Hier word baie van die rolprent se tonele uitgebeeld en ook op ‘n oewer. Die verskil is dat die bootjie partykeer op gaan en dan later weer afduik in die water. Dit was ‘n groot avontuur.

Page13

Hier is ‘n paar van die tonele wat natuurlik ook klank by het.

Page14

Van die ander ritte neem hulle natuurlik sonder ons … wat ons verkyk aan die groen en buite tonele.

Page15

Kyk net daai berg op die Thundermountain rit en die twee se gesiggies met die afkom. Ons vat ‘n teebreuk – die eerste van die dag en dis laat in die aand al want die son gaan eers so tienuur onder.

Page16

Vir oulaas besoek ons almal die spookhuis bo-regs nadat ons verby die Silver Spur restaurant loop. Julle ouens in die Kaap sal weet dat dit die eerste spur in SA nierdie naam het en dadelik wil ons gaan eet, maar daar is soos by alles ‘n tou wat skrik vir niks.

Moeg na ‘n heerlike propvol dag van vlieg en Disney eet ons lekker by Planet Hollywood en toe is dit bedtoe. Die volgende dag is dit Parys en ons moet vroeg op.

Praat gou weer

Liefde