Thursday, February 22

Kom kyk na Bateen Strand

Bateen strand is een van my gunsteling strandjies in die dorp. Dis stil, daar is amper niks verkeer nie, die uitsig is wonderlik en die buurt is iets om te sien. Kyk net die kleur van die water.

'n Paar van die huise in die omgewing, net oorkant die straat van die see.

Hierdie een het nog 'n verdieping onder wat mens nie agter die heining kan sien nie. Al vier verdiepings is een huis. Daai boonste slaapkamers sal 'n verskriklike mooi uitsig hĂȘ.
Nog een van die huisies.

Kyk bietjie hoe rustig is die water. So ver die oog kan sien.
Die hele baaitjie. Kyk hoe loop die Arabiere met hulle abajas en kandooras langs die water

"Hanging around" word nie toegelaat nie. Interessante kennisgewing by die strand.
Sonsondergang by Bateen strand.

Wat dink julle van hierdie klein strandjie?


No comments: