Friday, May 29

Terug in tyd en nuwe tegnologie

Vir 'n ietsie anders besluit ons om ons laaste dag in die Highlands die Harry Potter-treinroete met die Jacobite stoomtrein na Mallaig te doen. Dieselfde trein is gebruik in die maak van die rolprente.


Page2


Al drie van ons het jare laas trein gery en is baie opgewonde ... veral toe ons sien mens kan tee en koffie ook te drinke kry.


Page1


Weereens is die omgewing iets wat mens net nie genoeg van kry om te sien nie en daar word honderde foto's geneem terwyl die trein stadig ry. Ons onthou kinderliedjies soos tjoeke-paf-paf en sakke pakke :-).


Page3


Op Glenfinnan stop die trein vir 'n paar minute dat almal wat wil kans kry om die trein-museum te besoek. Die twee tannies stry om te besluit wie is nou eintlik die kortste. Die foto wys dit nie, maar Annie staan op haar tone. 'n Skotse doedelsakspeler kom maak ook 'n bietjie musiek om by te dra tot die atmosfeer.


Page4



Page5


Dan is dit verder en kort mense staan selfs op die banke om beter foto's te kan neem. Ai, hulle kan ook maar bly wees die kinders sien nie die voorbeeld wat hulle stel nie.


Page6


Ons eindbestemming Mallaigs reg op die einde van die spoorlyn en is 'n pragtige klein vissersdorpie met die mooiste huise. Kyk bietjie of julle die winkel Spar kan sien?


Page7


Die dorpie is beslis bekend vir hulle vis want dadelik van die trein af koop die mense "fish & chips" en sit langs die strate en eet.


Page9


Die pad terug en nou kan mens regtig sien hoeveel mere daar in die klein deeltjie is.


Page10


Die hoek is ook nou effens beter om die brue af te neem al beteken dit mens moet die kamera by die venster uithou en mik en hoop vir die beste. Dit was sooo 'n lekker dag.

Vir die tegnologie gedeelte moet ek eers verduidelik. Die klere moes skoon voor die volgende rondte en ons verblyf het 'n wasmasjien en tuimeldroer. Annie en Charmaine sit mooi die ligte goedjies in die masjien met die seeppoeier en dan om nie dieselfde probleem as in Edinburgh te he nie, wag hulle vir die water sodat die was kan begin. En ons wag mense .... en ek's spyt my kamera is ver want die kommentare is iets om te hoor. Baie teleurgesteld in die moderne wasmasjien wat was sonder om water in te tap haal hulle die wasgoed uit - net om te sien dit was eintlik die tuimeldroeer! Was dit nou 'n gegiggel :-).



Dus toe hulle later die aand weer probeer is ek en die kamera byderhand net vir ingeval. Hulle benader die masjiene soos mense wat bang is daarvoor en dan as die knoppies gedruk is, staan hulle daarna en staar .... die klank op die video is nie uitgesny nie .... dis regtig hoe ernstig hulle die taak van wasgoed opgeneem het.

Tuesday, May 26

Nog ‘n besonderse eiland en haggis

Ons is verskriklik geseend want alhoewel dit koud is en reen orals voorspel word, begin ons dae in reen maar wanneer ons die eindbestemming van die dag bereik is dit sonskyn en kan ons regtig alles vreeslik geniet.

Page2

Hoog op ons lysie van "moet sien" was die Island of Skye wat ons vir 'n hele dag "geboek" het. Dis koud as ons die pad aanvat en kyk hoe le die sneeu nog op die berge ... en dis die begin van somer?!


Page3

Die groot brug vat ons van Kyle of Lochalsh na die eiland toe en ons stop eers vir tee en skons sodat die weer kan opklaar.


Dis dan ook hier waar Annie ons 'n les gee van hoe om vir 'n foto te "pose" en Charmaine kry die "houding" vinnig. (Natuurlik het hulle nie geweet ek neem 'n klein video clip van hulle nie - maar ek wou he julle moet sien waarna ek elke keer voor 'n foto na moet luister). :-)

Page5

Ons ry deur groot dele van die eiland wat vir my baie besonders is met sy pragtige see en groen en hoe berge. By Kilmuir - hoog bo besoek ons ook die Skye museum wat wys hoe die mense van die eiland geleef het.

Page6

Oppad uit stop ons by een van die klein dorpies se pubs en Charmaine kry die geleentheid om 'n erg tradisionele dis te eet, haggis, neeps and tatties. Ja, wat sal julle dink dit is? Haggis is longe, lewer en hart gekook in pens yuck met oranje goed wat soos pampoen lyk maar blykbaar 'n soort wortel is. Die wit tatties is aartappel! Ek en Annie probeer die plaaslike vis, maar dit kom nie by hammour of kingklip nie.

Kyk net die gesig dan se julle vir my of die dis lekker was?

Monday, May 25

Hoogland en monsters

Ons roete vat ons nou deur die binneland na die Highlands toe en nog steeds wil die weer nie heeltemal saamspeel nie. Vir die tweede keer ry ons oor die Fort Rail bridge en nog steeds kry ek dit nie in sonskyn weer afgeneem nie. Die roete vat ons deur die mooiste omgewing en mens kan nie genoeg kry van die bome en mere nie.

Page1

Ons ry deur die Perth omgewing verby dorpies soos Crieff en St. Fillans waar ons stop vir iets warms. Dan is dit op in die Hoogland deur Glen Coe, Onich voor ons ons bestemming Fort William bereik. Dis regtig ‘n pragtige klein vakansiedorp wat so onder die Ben Nevis berge sit aan die eenkant en ‘n groot meer aan die ander kant. Die berge het terloops nog sneeu op!

Page2

Ons loer ook vinnig na die ferry wat vandaar na die ander kant vaar en vang dit tydens spitstyd. Elke dag “leer” ons iets en vandag kan ek net se dat “miemie” se oe nie meer so goed lees nie :-).

Page1

Die blyplek is reg langs die kanaal waar die bote deurvaar en naby baie van die bekende besienswaardighede. Die volgende dag vroeg gaan soek ons die monster van Loch Ness en by die beginpunt verkyk ons onself aan die grootte (dis 27 myl lank) g’n wonder die monster kan homself so wegsteek nie. Natuurlik het ek en Charmaine ook ons teorie oor wat van die monster geword het.

Page2

Langs die pad nog een van die mooi kastele, die Urquhart kasteel wat so teen die meer sit.

Page3

En dan aan die einde kry Miemie, Sandy en Ann die monster en hulle staan baie dapper vir ‘n foto – die ander mense dink ons is koekoes. Ek lees ook dat die skotte se die beste manier om die monster te sien is om genoeg whiskey te drink, want dan sien jy hom maklik. Duidelik was ons hot chocholate nie sterk genoeg vir die oe nie.

Page4

Ons ry verder na die dorp van Inverness. Hulle se alle paaie in die hoogland lei na Inveness wat die omgewing se “hoofstad” is. Die rivier Ness vloei deur die dorpie en dis prentjie mooi.

Page7

Ons loop deur die strate en neem honderde foto’s en kry ook ‘n kans om deur een van hulle “malls” te loop. Sussie die grootste Monsoon wat jy al in jou lewe gesien het staan reg in die middel van die sentrum. (Het ongelukkig nie iets gekoop nie maar gedink aan jou en dis mos die gedagte wat tel of hoe).

DSC_0058

Die pad terug vat ons oor berge en dale en die Eilean Donan kasteel op die Duich meer wat ek so deur die venster afneem is ‘n goeie en gepaste afsluiting vir die dag.

Saturday, May 23

Jy’s 21 vandag!

William vandag is jy ‘n hele 21 jaar oud.  Om ‘n foto’tjie te soek wat tipies van jou is, is onmoontlik … maar hierdie is jy …. ALTYD besig om alles wat jy doen met oorgawe te doen.

   Page1

Page1_0

Page3

Page1_1Baie geluk met jou verjaarsdag seun … ons gebede is dat die jaar propvol nuwe avonture gaan wees en dat al jou wense en drome bewaarheid word in die nuwe lewensjaar.

Liefde – ONS

Thursday, May 21

Vrede vir die siel

Ons volgende roete word beplan rondom ‘n besoek aan die Holy Island. Omdat die see gety ‘n rol speel in die tye wanneer mens op en af van die eiland kan kom, maak ons eers ‘n draai by ‘n klein dorpie met die naam van Haddington.

Page3

Dis vroeg oggend en die dorpie is doodstil en so rustig dat ons nie regtig wil verder nie. Ons wil gou-gou hulle publieke toilet besoek wat mens seker kan se is by die “kerkplein” en die omies wat aan die straat werk – die straat terloops is nog met die ou hobbeltjies soos daar by Markplein in Kaapstad se die dorpie gaan eers vanaf 9 uur toilet toe. Later voor ons vertrek gaan ons gou en was dit nou ‘n belewenis!!

Page4

Ek moes eintlik met my kamera gaan want die toilet het nog elke jaar vanaf 1995 die “loo of the year award” gekry :-). Dis silwerskoon en al die sertifikate hang die toilette vol en ons spandeer ‘n lang tyd om die toekennings te lees. Intussen kom ‘n ou tannie en vra omverskoning dat die toilette nie voor 9 oop was nie. Hier is ons net ‘n paar minute in die dorp en almal wat leef en beef weet van ons. Hierdie dorpie is verskeie kere tydens die “War of Independence” vernietig en weer opgebou.

Page5

Die Tyne rivier omring met die lieflikste parke omring die dorpie en ons kan net nie genoeg van dit kry nie. Die mense vertel graag van hulle dorpie en die “nuus van die dorpie” is op die oomblik die swaan wat ‘n nes het en almal kom kyk elke oggend hoe dit met haar gaan. Die klein kerkie dateer ook vanaf 1462 wat gedeeltelik oorgebou is na ‘n aanval in 1548 …. jinne dis oud.

Page6

Maar mens voel ‘n rustigheid hier wat ons nog nie by enige van die ander dorpe gevoel het nie en dis ‘n goeie begin vir die dag.

Page7

Ons volgende stop is die kusdorpie van North Berwick waar mens nog die “oud” voel reg langs die see.

Page8

Berwick-Upon-Tweed kan mens beskryf as die “brue-stad” want daar oor dieselfe rivier kry mens brue van oud tot moderne wat jou oor die rivier vat. Ons bestemming van die dag … die Holy Island.

Page9

In 625 het Paulinus na die Northumbria omgewing gekom en duisend Christene gedoop. Met die kroning van koning Oswald het hy gevra dat daar ‘n monnik na die area gestuur word en so maak Aidan in 635 sy opwagting. Hy is later die Biskop van Lindisfarne gemaak en het ‘n “monastery” hier begin - ‘n plek waar mens kon kom bid en leer. Die gety is laag en ons saam met honderde ander stroom op die eiland af met net 5 uur om alles te sien voordat die gety terugkom.

Page10

Die kasteel het sy ontstaan aan ‘n “wet” van destyds dat alle “havens” beskerm moet word teen die Skotte. Die blokhuis is rondom 1548 gebou en gedien as blyplek vir soldate.

Page11

Gedurende 1944 is dit deur sy toe eienaars, ‘n broer en suster de Stein aan die Nasionale Trust gegee. Ons beloer en bekyk dit omtrent van alle kante.

Page12

Die oorblyfsels van die Norman kerk is besonders om te sien en mens kan nie die strome mense daar glo nie.

Page13

Daar is ook ‘n standbeeld van St. Aidan wat die eerste monastery of die eiland begin het In sy hand hou hy dan ook ‘n fakkel (vlam) wat die uitdra van die Chistendom simboliseer.

Page14

Ons besoek ook die klein kerkie wat tussen 1120 en 1145 gebou is. Dit is rondom 1860 weer gerestoreer en ook gedurende die 70tigs. Die besonderse glasvenster van St. Aidan is ter nagedagtenis aan die familie wat voor 1944 eienaars van die eiland was.

Tuesday, May 19

Op soek na kastele

Met die opstel van die “voorlopige” beplanning was Charmaine se insette net …. ek wil kastele sien,. Ons eerste stop dus ‘n kasteel vir haar.

Page2

In die dorpie Aberdour is daar die pragtige oorblyfsels van die Aberdour kasteel. Regs in die hoek is die toringhuis wat die oudste deel van die kasteel is. Met die jare is daar elke keer deur die nuwe “eienaar” dele aangebou.

Page3

Die tuine is pragtig uitgele en volgens oorlewing in 1540 begin. Die tuine is weer her-ontdek in die 1970’s.

Page5

Na die wonderlike besoek ry ons ‘n eintjie verder deur dorpies met die name van Kirkcaldy, Elie en St Monans.

Page6

Wat vir my nogal snaaks is, is die watervlakke tydens laagwater. Die bote is behoorlik gestrand op droe grond waar die wind hulle kan omwaai.

Page7

By Anstruther stop ons vir middagete waar mens blykbaar die lekkerste “fish & chips” in die hele Skotland of Engeland kan kry en nadat ons die winkeltjie opgespoor het, kry ons so koud dat ons liewers aartappelsop en heerlike warm brood eet. Page8Seuns julle sal glad nie in Skotland kan bly nie want die deure is almal sulke klein deurtjies en daar sal heeltyd koppe gestamp word. Kyk selfs Charmaine is langer as die deur alhoewel ek vermoed Elriza en Leane behoort loshande daar te kan loop.

Page9

Ons draai om by St Andrews en toe sous dit soos julle op die foto by die Fort Rail Bridge kom. Hierdie brug is naby ‘n pragtige dorpie Queensferry. Dit is 1.5 km lank en was die eerste groot staal brug ter wereld wat in 1890 geopen het. En spesiaal vir jou maat … hulle het 8 miljoen “rivets” gebruik om dit te bou :-).

‘n Suksesvolle dag waar ons baie gesien het en dit word afgesluit met ‘n bord tradisionele Skotse kos.

Saturday, May 16

Oud en koud

Dis nou die ou hoofstadjie van Skotland ... mistroostig. En natuurlik het Charmaine wat so lief is vir die koue besluit hierdie "somerweer" moet 'n ander naam kry en die mense weet nie wat somer is nie en nog klomp ander goed.



Page2

Ons bly lekker in ons blou deur plekkie wat mens met sulke smal trappies tot op die tweede verdieping vat (dit help om die shopping min te hou want daar is nie hysbakke nie). Die tuine aan die agterkant is verskriklik mooi en groen (middelste foto) en die kombuis het selfs 'n kaggel of gakkel (soos James sou se) in. Ons besluit om in die "beter" weer die Edinburgh kasteel te gaan besoek.

Page4

Die pad na die kasteel is styl maar baie mooi en ons stap ook verby waar hulle besig is om reg te kry vir die Taptoo later die maand. DIe kasteel is 134 m bo seevlak en ons voel dit beslis. Die indrukwekkende hek/nuwe ingang is eers in 1888 gebou. Mense as jy binne is, waai die wind 'n hond uit 'n bos en dis in "miemie" se woorde, bloedig koud. Baie van ons tyd word dus binne die museums by die kasteel deurgebring om uit die koue te bly.

Page7

Een van hulle is die Skotse nasionale oorlogmuseum waar ons ongelukkig nie binne kan foto's neem nie. Daar is boeke en boeke vol name van mense wat gedurende verskillende oorloe dood is en dit sal mens 'n heeldag neem om vir 'n nasaat se naam te soek. In die regtehoek is die begrafplaas van die honde wat "in diens" doodgemaak is.
4e
Hier is die museum van die anderkant. Dis baie mooi.
Page6
Met die reen dra ons sulke geel plastieksakke om droog te bly en as die wind waai flap-flap ons met die sakke wat waai. Hier neem Annie en Charmaine 'n ruskansie om foto's te neem.
Page5
Die kerk is oppad kasteel toe en die venster en beeld is in die museum.
Page4_0
Die pad terug is koud maar mooi en ons kry kans om by 'n gevriesde doedelsakspeler foto's te neem en by een van die nou gangetjies 'n koffiewinkel te besoek met heerlike skons.
Page5_0
Die uitsig van verskeie kante van bo op die kasteel geneem. Met die weer kan mens nie ver sien nie ... maar dit lyk koud ne?!

Page8

In opdrag van James word daar na 'n skotse rokkie vir hom gesoek en ons besoek een van die plekke waar die materiaal en die klere gemaak word. Dis vreeslik interessant hoe die patroon met die verskillende clan kleure geweef word.
Page7_0
Ek verstom my oor die pryse van hierdie goed en wat mens alles nodig het om die uitrusting "volledig" te maak. 'n Suksesvolle dag agter die rug waar ons baie gesien het.