Friday, May 30

Einde van die jaar

Een van ons kindergroepe het ook hierdie week afgesluit vir die somervakansie. Ek het volledige daaroor geblok op ons Kindergroep blok, (gaan loer bietjie daar om te kyk hoe ons SA kinders "kinderkerk" hier in die vreemde het) maar omdat Nelmari deel is van die groep, kan ek hier ook bietjie daarvan vertel en foto's wys. Ons het bietjie by die Guest palace parkie gaan piekniek hou.Die kinders was omtrent boomverskrik, dis mos 'n skaars ding hier, en het almal bome toe gehardloop. Nelmari en Jessica het nie die bome aangedurf nie, maar baie jare terug toe hulle heelwat kleiner was, het hulle by die einste bome rondgehardloop en klim. By die parkie en paleis is daar ook 'n heli-landingsplek vir die paleis se gaste en met ons geluk het daar ook ene kom land en alles rondgewaai. Die tieners het besluit om iewers op hulle eie te gaan piekniek hou. Charmaine se twee brakkies was ook daar. Hier dra Nelmari en Devon die honde. Hier sit hulle en kuier...ek het wel later twee van hulle ook in 'n boom gekry. Lekker dat die tieners so met maats van hulle eie land kan saamkuier.

Thursday, May 29

Katte en sandbak stories

Laat ek nou die storie ver gaan haal. Die ene is amper soos om myself in die rede te val om een storie drie te maak. Lank lank gelede in Egipte is wilde katte aangehou om Egiptenare oa teen slange te beskerm. Met die tyd het die katte so gewoond aan mense geraak dat hulle "huiskatte" begin word het. Met die dat hulle sterk genoeg was om slange te kon doodmaak is daar 'n sekere status aan die katte begin gee. Sekere diere is verafgod en 'n godin van die katte Bast het 'n hele kult genaam Mafdet vervang. Met die jare het godin Bast dan ook vrugbaarheid en moederskap verteenwoordig.Katte was so belangrik dat hulle ook "gemummie" is wanneer hulle doodgaan. In 1888 het 'n Egiptiese boer van Beni Hasan 'n grap met 8000 kat mummies in ontdek. Met die jare is die kult Bast verban en het katte nie meer so 'n groot rol in Egipte gespeel nie. Tans word hulle nog orals verdra omdat hulle rotte en muise uitroei.
Die twee foto's het Eddie met sy laaste besoek aan Egipte geneem. Die katte het in elk geval 'n baie beter lewe as hier in die UAE Hier kry hulle swaar soos ek ook al in 'n ouer blog vertel het.

Hulle kruip orals in om net te probeer oorleef, nie net in die hitte nie, maar ook onder die geniepsige kinders uit wat nie weet hoe om hulle te hanteer nie. Alhoewel die munisipaliteit nou 'n groot projek het om hulle te vang en aan die slaap te sit (doodmaak), probeer Feline Friends nog katte red en by huise uitgeplaas kry.


Alhoewel ons in 'n woestyn bly is sand vir die katte nogal iets skaars en gebruik hulle elke beskikbare gleufie sand, selfs in 'n stukkende pad (dis skaars hier en by die huis sal die stukkende paaie seker vir die katte soos hemel voel), blombakke en tuine vir 'n sandbak. So het ons straatkat ook grootgeword totdat sy 'n sandbak in die huis gekry het. Mense julle moet haar sien, sy grawe elke keer al die sand uit net omdat ek dink dis lekker om sand te he.


Toe ek oor die naweek die potjie met grond en saad op die dankie se funksie kry (sien vorige blok) moes sy seker "backflashes" van komposgrond gekry het en het sy die sand baie ernstig beloer.

Baie versigtig is die pootjie in die klein houertjie (dit kry nie 'n straatkat onder nie) gesit om te voel is dit die sand waarmee ek groot geword het? Gou agtergekom sy pas nie daar in nie en het toe ernstig die sand begin uitgrawe. Hoe gaan die gesegte nou weer? Mens kan die katte uit die straat vat, maar jy kan nie die straat uit die katte kry nie :-)

Tuesday, May 27

William se verjaarsdag "Dag"

William het vir my foto's en 'n verslag gestuur van sy eerste verjaarsdag as 'n "arme" student.
"Well my birthday past and I don't feel older. Guess i'll always be a kid. I got out from farmovs around 7.30 and went home to start my day with a little nap.When I woke I was greated by the dog. The day went by slowly. (Dit lyk koud seun) Me and Tessa watched about 6 movies (seun is dit nie eksamentyd nie?) and then off to farmovs for another blood sample after which I could eat. With James and Leana being sick (altwee op dieselfde tyd met dieselfde siekte .... hoe gebeur dit?), they only asked for KFC which I supplied with a smile, leaving me and Tessa able to enjoy some fish at Ocean Basket (ooo ek's, jaloers). It was a first for her (Kan nie glo sy was nog nie daar nie.) It was nice as always. Thank you mommy and daddy .... The next day felt more like a birthday when Leana microwaved a cake, thats a first for me. (Ja nee ek sien Leane kry maar net so koud) I watched .... and the dog watched ..... (lyk asof hy geproe het ook) It was really good (specially after I dropped two boxes of smarties in too) and very sweet. Dankie vir die vertel en foto's seun en baie dankie vir die foto van James wat "studeer" ek sien julle gewoonlik net eet. Sterkte met julle almal se eksamens, sien julle oor min slapies.

Sunday, May 25

Dankie funksie

Dis daai tyd van die jaar by ons wat altyd by die huis gedurende November gebeur. Die afsluiting van goeters en die gejaag om alles vir "oulaas" gedoen en afgehandel te kry. Die skole begin volgende week met eksamen, so alles moet nou "afsluit" en hier verlaat 80% van die westerlinge mos die land gedurende die somervakansie wat 3 maande lank is. (Baie Arabiere besoek ook kouer plekke maar hulle is nou nie deel van ons groepe nie). Gisteraand was dit die ECC kerk se dankie-se funksie vir almal wat by die kinder en familie bediening betrokke is. Hier staan Charmaine by Adriana wat van een van die Russiese lande af kom. Gewoonlik word dit by 'n hotel gehou, maar met die nuwe kerk kompleks wat halfpad klaar is, was dit lekker om die funksie daar te he en alles was soveel meer gemakliker. Hier kuier Corine met 'n ander Suid-Afrikaner. Ek moet se dat "ons" mense baie goed verteenwoordig was.
Alhoewel die kos amper alles dieselfde gelyk het (dis 'n indiese/arabiese ding) was dit baie lekker en het ons heerlik geeet en gekuier. Corine en Charmaine skep kos in .... terwyl Heleen baie diep dink oor wat sy gaan eet.
Elke persoon het vanjaar een van die kruise met blomsaadjies opgekry en kon daarna vir hulle 'n potjie met sand uitsoek om die saad in te saai. Corine hou een vas maar dit was nie haar finale keuse nie. Heleen aan die ander kant wou al voor die funksie die "koei" steel. Kan jy dit glo, 'n kerkfunksie en sy wil steel :-)! Min het sy geweet sy sal dit self kan kies. Baie in haar skik wys sy wat sy wil he. Charmaine het tussen al die potte met blommetjies ene moes kies en na 'n paar probeerslae hierdie een geneem.Als en als was dit 'n heerlike aand. Die "span" wat help met die Suid-Afrikaanse kinders sluit volgende Maandagaand af en ek sal beslis foto's plaas (spesiaal vir jou Heleen).

Saturday, May 24

Wie verjaar vandag?





BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG SEUN!!

ONS WENS JOU 'N BAIE MOOI DAG EN
'N WONDERLIKE NUWE JAAR TOE
LIEF VIR JOU
ONS

Tuesday, May 20

Nog 'n besoek aan Sharjah

Julle sal onthou dat ek 'n vorige keer van die Al Qasba en Eye of the Emirates in Sharjah vertel het. Nou net aan die ander kant van die Khaled Lagoon kry ons die Central Souq of ook beter bekend as die Blue Souq. Die van julle wat al in Dubai gekuier het, was verseker al daar, want mens kan/kon nogals daar lekker winskopies kry. Hierdie is die grootste van die markte (souqs) in Sharjah en in 'n baie tradisionele Islamiese boustyl gedurende 1979 gebou. Die buitekant het die pragtigste blou en wit teels in die aand ..... en in die dag


Hierdie mark bestaan uit twee vleuels met 'n oorhoofse tonnel wat hulle aan mekaar verbind. Die een vleuel is vir allerhande elektroniese ware en ander goed en die ander kant is meer goud en juwele.Daar is 600 winkels in die kompleks (ja nou het ek die shoppers se aandag). Waar die onderste vloer baie oopplan met winkels is, het die boonste vloer wat baie tradisionele goed, oudhede, matte, ens. verkoop 'n bazaar gevoel. Hierdie verligte bome is langs die lagoon in 'n parkie oppad na die moskee toe. Die meeste van die groot moskees in die UAE is pragtig verlig in die aand, so ook hierdie een by die souk. Die lagoon in die aand met die bote en liggies.


(Die aandfoto's is deur Eddie geneem tydens sy besoek daar verlede week.)

Monday, May 19

Nelmari is siek

Woensdag was Nelmari bietjie olik en nadat ek haar vroeg by die skool gaan haal het, het sy ook die volgende dag by die huis gebly. Daar is aan Charmaine se AC's gewerk en ons moes "dagma" vir die hondjies speel. Het Nelmari dit nou geniet? (En ek ook)
Hierdie hondjies het gou-gou gewys dat sy op hulle volle ondersteuning kan staatmaak vir die "siek" wees. Gou-gou het hulle self soos "pasiente" gelyk. Hierdie foto net omdat dit so oulik was - Didi sleep met sy kameelperd.
Nelmari sou elke dag so by die huis wou bly. Ons het jou seuntjies geniet maat!

Saturday, May 17

Nog 'n kuiertjie saam met Emily

So 'n tydjie terug het Emily weer 'n bietjie by my gekuier. Ons het lekker gekuier en sy was die spesifieke dag vol gesels. Hier is 'n paar foto'tjies.

Besig om te speel en alles uitmekaar te haal om te sien hoe dit werk

Dis die regte legkaart stuk en sy is baie in haar skik met haarself

Hier werk sy hard om die vorms en kleure bymekaar te sit
Is dit 'n hoed?
Dalkies 'n kamera of verkyker?
Waar's Emily ....?
... hier's sy!!!

Speel kan ook ernstig wees, hoe kry ek my kop hier deur

Hoop jy kon die foto's aflaai Marina.