Wednesday, February 28

Dr Seuss verjaar by die skool

Ek het die afgelope twee dae weer bietjie by die skool gewerk en dit het my natuurlik geleentheid gegee om die graduation foto's (gister) en Dr. Seuss se verjaarsdagpartytjie vandag te kon ervaar saam met die kinders.

Dr. Seuss is 'n bekende strokieskarakter in boeke van wie die kinders baie hou. Vandag moes hulle hoede opsit wat pas by Dr Seuss of een van sy storieboek karakters en die kinders en/of hulle ouers en onderwysers was verskriklik vindingryk. Hier is 'n paar foto's van die hoede en die koeke geskenk deur die Sheikha. (Dankie vir jou aandeel in die neem van sommige van die foto's Sharyn)

Hieronder is klein Dean Carstens (van SA natuurlik) met sy "huisie" hoed. PJ (van Heerden) het ook 'n hoed op, maar in my boek sou die Blou Bulle hoed nou nie punte gekry het nie.

Nie seker wat hierdie hoed verteenwoordig nie.

Die laerskool klasse het orals buite gesit en stories gelees. Die hoededag het saam met hulle leesweek geval.

Hierdie onderwyser het gekom as .... ek weet nie ... maar dis baie geel.

'n Olifanthoed.

Marnus (Hendrikse), ook van SA, het ook hoed gedra.

Hierdie besondere hoed het soos 'n juwele kis gelyk.

Die juffrou het 'n hoed/sambreel vol blomme gehad.


Die skool het heelwat van die "royal-familie" as leerlinge. Die Sheikha (vrou van die Sheikh) het drie verjaarsdagkoeke vir Dr. Seuss laat bak om vir die kinders te gee. Die foto's mag dalkies nie wys hoe groot die koeke werklik is nie. Hierdie een is in die vorm van een van die boeke.

Dan die kersie op die koek. Die sjokolade koek. Hier word dit afgelaai en deur 6 groot mans gedra. Die sjef sĂȘ dat die koek 80 kg weeg!!!! Niks word hier klein gedoen nie.

Dis 'n koek van "The Lorax" een van die karakters in een van die boeke.

Vier mans moet hierdie halwe een dra.

Die paleis het ook hulle sjef saamgestuur om toesig te hou dat die koeke nie beskadig nie. Hier is hy besig om die laaste van die 3 koeke af te rond.


Die koek is 'n prentjie van 'n voorblad van een van Dr Seuss se boeke.

1 comment:

Anonymous said...

En ek sit droogbek in Kairo! Net more aand is dit Brauhaus, en dalk sommer Saterdag weer.