Sunday, August 31

Jippie!!!!!!

Na 85 dae breek die groot dag weer aan ... die skool begin!!!



Alhoewel dit lekker is om laat te slaap, te gaan fliek, inkopies te doen, lees, ens. raak dit na amper drie maande te veel, selfs vir die "student", dus was/is ons almal opgewonde oor die nuwe skooljaar wat aanbreek. Dis nie 'n normale begin nie want met Ramadan wat heelwaarskynlik more afskop (hulle moet eers die maan sien), begin die skool 'n uur later en hou 'n uur vroeer op. Vir die onderwysers wat die leerplan gedurende hierdie maand moet laat hardloop en byhou is dit nogal 'n uitdaging. Nelmari wou al 'n hele uur voor die skool by die skool wees vir 'n baie goeie rede .... sommer. Verlede jaar is hulle met banier en ballonne verwelkom en vanjaar dink ek was ons selfs te vroeg daarvoor.

Friday, August 29

Los drade

Ek's amper of vakansie!!! So, dis tyd om 'n paar los draaitjies op te tel en af te handel. Hier is so 'n "foto all sort". Pixie is eintlik gesond en die skermpie is af. Sy het dit natuurlik behoorlik laat betaal vir die ongerief wat sy moes verduur. Al haar frustrasies is op die skerm uitgehaal.Ek wil nie kla oor die hitte nie, dis baie warm, maar die humiditeit is een teveel. Charmaine het ons gestaan vir aandete en ek kon nie eers foto's neem nie kyk net hoe wasem alles toe van die hitte! Maar volgens die datums is die lente nou amptelik met ons vanaf 21 Augustus!! Julle moet asseblief bietjie koue en reen vir my hou daar in die Kaap.Dit was ook dogtertjie week vir ons. Na 'n baie lang vakansie in SA kom Emily weer hallo se. Sy het so groot geword. En Vrydag kuier Jennifer by ons. Sy wil net by Nelmari sit. Intussen was hulle elk nog 'n keer by ons en dis darem lekker om te sien hoe ons "kleinkinders" van die woestyn groter word elke dag. Van ons groepleiers van Abu Dhabi, Al Ain, Dubai en Sharjah kom bymekaar om die jaarprogram op te stel en al die kampe en uitstappies te reel. Sommer baie om na uit te sien vanjaar. As julle hier gaan loer kan julle meer lees wat ons met die SA kindertjies hier aanvang. En natuurlik het ek een of ander tyd hierdie week vir Charmaine zoo koekies belowe. Annie hier is die bewys ... sy het 'n oranje en groene gehad en die volgende dag 'n pienke. (Sal jy vir my volgende keer ook saambring omdat ek gedeel het asb?!)

Thursday, August 28

Blog toekenning

Ek was bevoorreg om hierdie week van twee mense 'n blog toekenning te kry. Dankie aan Desire en Eilandkind. Ek's bly julle geniet en kuier lekker saam met my hier in Abu Dhabi, dis vir my lekker om ook saam met julle te kuier.

Nou het ek die taak om ook die toekenning aan ses van my gunsteling blog te maak en dis moeilik wat ek lees nie soveel blogs nie. Daar is 'n paar wat onmiddelik met my praat en hulle besoek ek gereeld want hulle is my gunstelinge. Eilandkind het my natuurlik voorgespring en van hulle reeds aangewys, maar .... wat is die gesegte "as jy goed is, is jy goed!", so hoekom mag ek hulle nie weer noem nie?!

Die reels is baie eenvoudig

1. Maak 'n blog met die toekenning en wys ses ander aan wat jy van hou en

2. Los vir hulle 'n boodskap op hul blog om te vertel van die toekenning

My gunsteling blogs is natuurlik Charmaine (my "ou" maat met haar wyshede), Muriel (met haar opbeurende blog, blog en blog), Reisiger (met haar pragtige foto's en stories), Kaalvoetinireen (die stories van Korea met pragtige foto's), Eilandkind (al het jy my genomineer, nomineer ek jou van Desire se toekenning :-), wat altyd iets moois opsit en ek lief die see) en Sandmense (hulle is deel van my Abu Dhabi familie en ek's altyd bly as daar 'n storietjie opgesit word) .

Tuesday, August 26

Wat laat my sing - Tag

Muriel het my getag om te vertel van 8 dinge wat my maak sing ...

Kyk vir die van julle wat my ken sal weet dat jy my liewer nie wil laat sing nie. Ek's mal oor musiek maar het selfs 'n kat gehad wat my kom byt het elke keer as ek begin sing...dit moes iets beteken het?!

Maar wat sou my maak sing het as ek kon? Ek het allerhande maniere probeer om dit in groepies en onder hofies te sit, maar dit werk nie vandag vir my nie. Ek wou graag deur foto's praat maar kan hierdie dinge ook nie met 'n kamera vas vat nie, so deurmekaar sal dit wees. (In geen spesifieke orde nie - en ek hou tog so daarvan om goed in lysies te he)

Ek's lief vir die natuur en om langs die see te sit maak my gelukkig. Om die branders te sien en te ruik. Dit bring my naby aan Vader want hoe kan mens daarna kyk sonder om Sy grootheid daarin te sien. Die spesifieke tye wanneer die water kom en terugtrek, die stil wees of die groot branders, die skulpies en en en... Die paar keer wat ek al kon snorkel om Sy wonderlike skepping onder die water te kon sien! 'n Besoek aan 'n wildtuin om die diere so in hulle natuurlike habitat te sien ... ag en ek kan aangaan en aangaan oor alles wat mooi is in die natuur. Ons land se skoonheid maak my gelukkig en spesifiek die Kaap ... sy see ... die berg!!Blomme maak my gelukkig, ek's baie lief vir blomme. Party soorte meer as ander met Lelies en origidie as my gunstelinge en natuurlik die disa :-)!

Die seisoene! Ek's mal oor 'n lekker reentjie, die ruik van nat gras, koue dat mens lekker warm onder die komberse kan le, lente en sy bloeisels en selfs die son van die somer op mens se lyf.








My musiek en boeke! Ek hou van 'n mooi en nuwe tydskrif en boek. Ek wil die eerste een wees wat daarin blaai en die lekker gevoel van die nuwe blaaie wat so effens aan mekaar vassit. Dis bitter moeilik om selfs van 'n tydskrif ontslae te raak dus gee ek dit liewer vir iemand wat dan daai besluit moet neem. Lekker stories en ware verhale is 'n groot lekkerte. En altyd musiek! Musiek moet op mens groei en daarom sal ek oor en oor luister totdat dit begin mooi word. My CD en boekversameling is 'n groot lekker en ek hou daarvan om hulle so alfabeties te liaseer sodat ek presies weet watter een is nie daar nie.

Diere en my troeteldiere maak my gelukkig. As hulle so lekker kom styf inkruip om naby ounooi te wees of ek sommer 'n lekkie kry om sommer net. Dat hulle vir my sal wag om te kom sit of le net sodat hulle naby kan wees. Om hulle te sien speel en rondhardloop en sommer verspot wees is lekker. Selfs my vriendin se brakke wat hulle stertjies amper af waai as ons daar aankom en die manier waarop hulle hallo se maak my gelukkig.

My passie is verseker kinders. Om met hulle te kan werk, hulle vertroue te wen en eerlike en ware opinies uit hulle monde te hoor maak my gelukkig. 'n Kind se 'n ding soos hy/sy hom sien en daarom is ek gek oor hulle.

Familie en vriende maak my gelukkig. Elke sms, oproep of epos van die huis af is spesiaal. Ek plaas hoe vereistes op vriendskap. Ek's gelukkig om spesiale vriende te he by wie ek kan uitpak, saam lag, saam kuier, saam klein goedjies geniet en selfs saam huil. Vriende wat vir en met my bid en my Psalm 119 laat deurlees totdat ek die boodskap kry :-). My vriende is spesiaal vir my gegee en is 'n groot seening. Ek was nooit naby betrokke met my familie nie maar om 'n reunie vir hulle te reel het my gelukkig gemaak. En nou om weer kontak te he en te hou, maak my gelukkig.


My gesin maak my gelukkig. As ma raak mens maar partykeer moeilik maar as hulle gelukkig is is ek gelukkig en as hulle nie is nie is ek gelukkig as hulle met my daaroor praat en ek dit met my deel. Met die seuns wat ver is maak dit my ook gelukkig om van hulle te hoor met sms, oproepe en mails en om deel te wees van hulle lewe dmv foto's.

Eintlik is dit alles "dingetjies" wat Pappa vir my gegee het om te geniet en Hom daarin te sien want "Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid!" (Rom 11:36)

Wat my die gelukkigste van alles maak is my verhouding met Hom en dat ek weet en voel en sien en ervaar dat Hy elke sekonde van die dag met my is, in goeie en slegte tye.

"My life .... is a gif from God, what I do with i, is my gift to Him"

Ekke tag vir my maatjie, die mense wat so bevoorreg is om reen te gehad het, Desire wat die mooiste scrapbook goed maak, die nuwe sandvlooie in die dorp en as niemand jou nog getag het nie vir Eilandkind en enigiemand anders wat wil!

Monday, August 25

Dis nie net valke nie - 3

Na ons warm hospitaal besoek aan die VIP valkies kry ons middagete. Ons word na 'n eenvertrek gebou geneem met tradisionele sitbanke en Nelmari sit in die hoekie. Die ander deel van die kamer lyk so en mens kan lekker sit maar die opkom?! Die deurwag wat ons by die hospitaal ontvang het was heeltemal opgedress en hy kom ook die kos bedien. Ek kon net deur die deur 'n foto van hom neem dat hy nie kan sien nie. Die kos wat hulle voorsit is tradisioneel met 'n GROOT verskeidenheid hoender in alle vorms en geure selfs eiers :-). En hierdie klomp kos is net vir ons 3 terwyl die kelder in sy tux vir ons dophou. Die tafel is gedek langs die klomp kos op die grond en ons eet sommer so van die vloer af en natuurlik moet ons alles proe. Ons hoor dat die sheikh se hondeteelsentrum naby is, en wil gou gaan probeer inloer. Ek weet nie wie van julle die Arabiese Saluki ras ken nie, maar die saluki's word beskou as die oudste "troeteldier" ras waarvan daar kennis gedra word en hulle geskiedenis kan amper 7000 nagespoor word. Hoe amazing is dit. Eindelik is dit nie vir my heeltemal 'n mooi hond nie, hulle lyk te maer en ek het net die heeltyd gevoel ek wil vir hulle kos gee maar hulle is bekend vir hulle spoed en uithouvermoe. Vroeer jare het die Saluki's deur die Midde Ooste en woestyn vanaf die Sahara tot Caspian see saam met hulle eienaars gereis. Alhoewel ek nie dink die plaaslike mense weet hoe om met troeteldiere te werk nie, is die betrokke sheikh erg oor sy honde. Hulle word geteel vir spoed en daar word gese dat die Saluki selfs vinniger as die "greyhound" van teen 45 mpu hardloop, kan hardloop. Die honde is nie dom nie want alhoewel die eienaars al probeer het, stel hulle glad nie daarin belang om agter elektroniese hase aan te hardloop nie, so as renhonde kan hulle nie gebruik word nie. Hulle se dat die Saluki's wonderlike persoonlikhede het en dat hulle gesinshonde en baie sosiaal is. Die babatjies moet van kleinsaf aan mense gewoond word en toe die ouens sien ons dood oor die honde en baba's het hulle ons binne die hokke toegelaat. Hierdie een het my hart gesteel en hy kon nie naby genoeg kruip terwyl ons hom vasgehou het nie. Hulle se dat mens nie nodig het om hierdie honde te dissiplineer nie en indien jy dit wel doen vergeet hulle nie en sal hulle jou so gou as moontlik terugkry daarvoor. Die saluku's is oorspronklik geteel as jagters. Omrede hulle lae liggaamsvet (hulle lyk vir my siek maer) is hulle vreeslik sensitief vir seerkry en kan baie geraasmaak indien hulle seer het. Hierdie paartjie wat so Nelmari se aandag soek, was dierbaar. Natuurlik het ek vir myself 'n lat gepluk om haar die honde te wys want nou wil sy net een he. Ek kan nou ook sien dat Luie (ons basterbrak) wat saluki in hom het, beslis min gene het want sy body-fat is beslis nie op dieselfde vlak as die honde nie. Hy aard maar seker na sy ounooi

Saturday, August 23

Dis jou verjaarsdag vandag

Annie dis jou verjaarsdag vandag ....

Ons verstaan van oud word en vergeet en daarom so 'n klein bietjie onthou's ....

Onthou jy ...... Die kameelrit en die mooi afklim? Toe jy wou wegloop in die woestyn .... Toe die 7ster hotel se fontein jou dansvloer was .... Die voormalige president van die UAE se geboortehuis 'n rusplek was .... Jy ons Abu Dhabiers gewys het hoe gebruik mens eintlik die gat in die grond ... Jy Al Ain se watertoevoer wou toedraai .... Jy belanggestel het in die kameel se prys en die verkope se luishoedjie ..... Of nog verder terug. Die toespraak wat jy hier vir ons in NZ gemaak het? Die hot chochalate op die kombuiskas met ons sokkies (lyk of Charmaine koud kry)

Ons kan nog selfs verder teruggaan en genadiglik is daar nie foto's nie. Onthou jy Hawekwa en die bustoer? Charmaine met haar "Al le die berge nog so blou"? Hieanas op nagmars? 'n Trippeldekkerbed terwyl ek en Charmaine glad nie goeie maatjies is nie en vir jou lag? Lekker mini-vergaderings by die voorsitter tafel? Ag en nog sommer vele ander? Indien wel is jy nie so oud nie vriendin!!
Charmaine se: "Annie, baie geluk met jou verjaarsdag. Ons sal ons verbeel ons eet daardie amazing ontbyt in New Zealand saam met jou. Mag dit 'n wonderlike dag wees. Allerbeste wense vir jou vir 'n baie spesiale jaar. Dink aan jou met liefde.

Al die Holloways se ook ons wens vir jou 'n baie mooi en spesiale dag toe. Ons dink aan jou!

Drink 'n koppie koffie saam met ons op jou verjaarsdag daar ver in NZ vriendin!!

Friday, August 22

By die valke hospitaal ... naby die valke 2

Ek is nog steeds besig met ons dag by die valke hospitaal ... Ok die arabiere het nou nie hondjies wat hulle ronddra en aantrek soos van die beroemde sterre nie, (ek weet my "beroemde vriendin het ook chichauhaus, maar sy tof hulle nie op nie) en mens kan ook nie 'n valk regtig aantrek nie, maar daar is tog iets wat hulle kan dra om "off te show". Hulle hoedjies of maskers!!! Hier is twee soorte.




Dis soort van 'n trademark vir die eienaars en almal (dis nou die valke) dra verskillende soorte. Hier is van die pasiente met hulle maskers. 'n Masker-parade. Dit help natuurlik ook om hulle oe toe te hou dat hulle nie die ander valke kan sien nie en so bly hulle uit die moeilikheid. Die dr vertel dat by die ryker sheikhs kom die veer van die eerste voel wat die valke vang in hulle hoed/maskers. En dan kry ons 'n kans om self een van die valk vas te hou. Natuurlik moet ons 'n handskoen aankry. Nelmari en die valk lyk heeltemal ok met mekaar. Ek lyk maar ook 'n bietjie skepties en die valk wil niks van my weet nie. Ons twee sal nie 'n span maak nie dit kan ek sien. Hierdie valk kry 'n kwarteltjie vir middagete. Julle moet net hoor hoe kraak die bene van die kwartel terwyl hulle eet. Die teater vir die ernstige operasies. Nou hoor ek wat die rede vir die TV in die ontvangs is. Die operasies hier word direk van hieraf op die TV daar gewys. Wat fun kan dit nou wees om te kyk hoe 'n mede-valk gesny word? Maar moet hierdie hospitaal nie vlak kyk nie want hulle het 'n goeie toegeruste labratorium waar navorsing oor verskillende siektes en kossoorte ens. gedoen word. Daar word ook studente ingeneem wat hulle prakties hier kan doen en die mense kom van regoor die wereld om hier opleiding te ontvang. Hierdie toetse was interessant. Hulle wys hoe daar verskillende goed "gegroei" word om teenmiddels ens. te kry. Op 'n stadium in die valke se lewe verveer hulle ... en dit vat ses maande! Hier kan hulle nog lekker rondvlieg en het allerhande plekke om te sit en kuier. Daardie "hok" agter Nelmari is 'n aircon sitplek vir die valke. Daar is een aan die ander kant van die hok ook en die valke vlieg dan van een aircon na die ander as dit warm is. Ons word ook toegelaat om een van die hospitaal-sale te besoek. Elke valk is in sy eie private kamer met sy hospitaalkaart en masker wat voor die deur hang. Hierdie ou lyk asof hy homself baie jammer kry, of dalkies is dit die groen kleurskema. Daar is ook 'n ICU kamer. En 'n herstel kamer waar die vlerke bietjie oefening kan kry. Hierdie valkie verdien sy eie foto want sy/haar eienaar is 'n baie bekende onder die royals en hy's net Dh150 000 werd (R300 000). En toe is ons klaar met die hospitaal ... maar nog nie met die uitstappie nie ... kom loer weer.