Saturday, May 24

Ons ondersteun by die glow resies


Net so 'n dag voor Will se verjaarsdag hou hulle die glow resies by sy werk en ons ry sommer na kerk om die geleentheid by te woon, want drie van ons vroue neem deel.  
DSC_0122

Verseker nie die "ouer" tannies nie, :-), maar wel die dominee en twee van ons jong mamma's.  

DSC_0133

Die meisies is reg vir die aand wedren ... 
DSC_0135
En Will is reg om die resies te begin.   

Page1

Dis piknag donker en ons kan hulle nie regtig volg nie, behalwe as hulle terug is by die water naby die einde. En natuurlik is die kamera daar.  
DSC_0165

Na die resies en behalwe vir die nat klere, is daai glimlagte nog net so breed.   
DSC_0176

Die twee het heeltyd soet vir hulle mamma's gewag en speel lekker met al die gloei armbande na die tyd. 

DSC_0189

Een van die ligte by die wedren lyk soos 'n groot volstruiseier wat William vashou. 
DSC_0192

Tyd vir bietjie verspot wees ook.  Ek is seker ons gaan nog 'n paar van hierdie wedrenne bywoon sodra dit begin koeler raak weer in die land.