Wednesday, October 31

Tyd vlieg ...

Dit voel soos net nou die dag wat ek vir Nelmari by die universiteit gaan aflaai het en die langpad terug Abu Dhabi toe alleen moes aanvat.  Die jaar het eenvoudig net verby gevlieg en het haar laaste eksamen van die eerste jaar aangebreek.  
189156_10151254426462349_851261235_n

En waar gaan mens 'n mooier agtergrond kry vir jou prakties.
Page1

Dit was defnitief 'n jaar waar sy heelwat nuwe sport-skills aangeleer het - goed wat sy nooit hier in die woestyn kon doen nie.  
320343_10151254430682349_344674496_n

Haar eerste jaar klasmaats tydens die praktiese eksamen.  

Nou is dit die teorie wat voorle.  Sterkte daarmee sussie ...

En William daar in Bloemfontein met sy finale jaar eksamen, sterkte vir jou ook seun!

Lief vir julle

Monday, October 29

Dit kan net hier gebeur - 16

Die mense is nie sterk op korrekte "Engelse" spelling nie en dit kan orals, veral by die kleiner winkeltjies te sien word.  Maar die groot winkels maak ook foute ... hang seker af wie in beheer van die maak van die advertensiebord is.




Tekens, advertensies en aanwysings kry heeltemal nuwe betekenis partykeer.  As mens die gat in die grond toilet in ag neem, kan dit 'n handicapped toilet wees, want ek weet beslis nie hoe dit werk nie :-)

Monday, October 22

Dit kan net hier gebeur - 15

Hierdie man het ek afgeneem by 'n hotel waar hy besig is om die woestyn met 'n besem en skoppie "skoon" te maak.




Werkskepping is duidelik hier nie 'n probleem nie :-)

Monday, October 15

Dit kan net hier gebeur - 14

'n Kennisgewing by een van die sportklubs waar ons vroue kon kuier.  Hierdie plek was nog in 'n uitstekende toestand (goeie hotel standaard) toe daar besluit is dit moet plek maak vir die sheik se nuwe blyplek en dit sommer platgeslaan is.



Dis beslis net hier in die Midde Ooste waar vroue "gewaarsku" word dat daar iewers 'n man gaan verskyn .... net so dat mens jou nie doodskrik of weghardloop nie :-).

Friday, October 12

Geluk sussie

'n Paar van julle volg my blog al 'n klompie jare en het die kinders sien grootword.  Julle moes selfs gereeeld na sportverslae luister :-). 
DSC_0057
 
Al die oefening en wedstryde was nie verniet nie.  Nelmari is gekies vir die WP se vroue span!!  Baie geluk sussie, ons is baie trots op jou!!  Dis nou nie meer Go Lions nie, maar go WP!
   


Monday, October 8

Dit kan net hier gebeur - 13

Wat dink julle kan dit enige plek anders gebeur ....



En dis regte see hoor, dood kalm en spieelglad :-)