Saturday, June 25

So raak mens ontslae van frustrasies

Dis die tyd van die jaar wanneer al die expats begin oppak ... of om vakansie te gaan hou, gewoonlik by die huis of om die land te verlaat weens kontrakte wat klaar is. Die rede is maar seker omdat die skole weens die hitte vir drie maande sluit en almal iewers 'n koue plekkie gaan opsoek. So ook het die meeste van ons bedieningswerk hier "afgesluit". Die kindergroepe het klaargemaak (ek sal seker teen volgende week al hulle blogs opdatum he) en verlede week het 'n paar van die jong volwassenes so 'n bietjie gaan paintball speel.


DSC_0001


Eers moes almal beskermde klere aantrek en dit lyk asof Nelmari vir laaste wag.


DSC_0017


Die twee spanne wat teen mekaar gaan deelneem. Nou dat ek na die foto's kyk lyk dit asof die kortetjies (en daar is nogal baie van hulle) teen die langes deelneem.


DSC_0024


Aandagtig word daar na die reels geluister.



DSC_0030


Van die gewere met hulle verfkoeels staan en wag vir die begin van die stryd.


Page1



Die klere is aan, die spanne gekies, die gesigmaskers op en nog steeds staan die meisies met hulle handsakke :-).


Page2


En dan begin die aksie. Hier is Nelmari en Elriza op die aanval!


Page3


Orals word mense bekruip. Die hand beteken eintlik "moenie my skiet nie". Ek weet nie of dit gewerk het nie.


DSC_0081


Aan die einde van die aand is almal lekker doodmoeg en vuurwarm van die hitte en daar is net 3 ernstige beserings. Weet nie hoe kry Nelmari haar rug van agter vol verf nie?


DSC_0084


Die klomp wat deelgeneem het ... almal behalwe twee is jongmense van die huis wat hier woon en werk. Almal het dit baie geniet en ek's seker in die koeler weer gaan daar nog 'n paar maal van die UAE frustrasies met verf uitgeskiet word.


Julle in SA moet die koue en jul naweek geniet


Tuesday, June 21

Onnies teen die Leeus

Soos die tradisie is, het die juffrouens verlede week vir oulaas die jaar, teen die Varsity dogters basketbalspan gespeel. Natuurlik is dit 'n baie goed beplande wedstryd. Nie net wag die onnies totdat die regte seisoen klaar is nie, maar wag hulle ook totdat meeste van die skoolspan of net klaar is met eksamen of besig met eksamen :-).


DSC_0193


Volgens hoorse het die klomp al 'n hele klompie oefeninge agter die blad voor die wedstryd datum. Hulle het ook seker gemaak dat hulle 'n groot groep het sodat daar elke paar minute vars bene kon opkom. Hier voor die wedstryd is hulle ernstig besig om taktiek te bespreek.


DSC_0194


Die dogters, veral die Graad 12's wat spesiaal skool toe gekom het al is hulle al klaar met skool, is bietjie onseker oor hulle fiksheid maar sien uit na die wedstryd.


DSC_0195


Nr 25 (lees Nelmari) kry vir oulaas kans om die bal in haar laaste wedstryd te wen.


Page1


Die leeu is ook daar om sy span te ondersteun en die kleintjies het meer vreugde met hom as om te sien hoe hulle "miss" se span verloor.


DSC_0204


Nelmari gereed om haar laaste doel in 'n skoolwedstryd te gooi.


DSC_0209


Alhoewel daar 'n paar krap merke was, was die wedstryd relatief "skoon" teen vorige jare en is geen tandemerke gevind nie :-). Die varsity span behaal 'n weghol oorwinning in 'n wedstryd wat in baie goeie gees gespeel is.


Goeie wedstryd net soos my span wat Saterdag lekker gewen het!!


Wednesday, June 15

En dan is dit klaar ....

Die rondhardloop agter skoolgoed en regkry vir prom en graduation is uiteindelik verby!



DSC_0176


So tussen die aantrekery en betyds weer vir die graduation het ek darem kansie gekry om 'n foto of twee te neem.


DSC_0013


Die funksie het by die Emirates Palace hotel, een van handjievol 7 ster hotelle in die wereld plaasgevind. Hoekom die skool soveel daarop moes spandeer weet ek nie, ... of miskien is dit omdat daar ook van die arabiese "royals" die funksie bywoon.


DSC_0015

Die klas van 2011 kom opgestap - natuurlik seuns en dogters apart so vir oulaas :-).




Na al die toesprake wat hierdie keer nogals kort was, sing die graduations hulle spesiale lied. of dit nou so beplan is of nie, in die dure plek kon ons hulle skaars hoor. As julle mooi loer, sal julle net onder die verhoog sulke goue stoele sien. Dit is waar die royals sit met ons pleps agter.


DSC_0023

Een vir een word die ou kindertjies uitgeroep om hulle diploma van die sheikh te ontvang en saam met dit word genoem waar hulle volgende jaar gaan swot. Van al die kinders is daar slegs twee wat nie gaan nie en sal die klas volgende jaar in bekende en onbekende universiteite reg oor die wereld versprei wees.

DSC_0028

En dan die amptelike aankondiging en die "kepse" word in die lug gegou ..... klaar met skool klas van 2011.

DSC_0036a

Na die tyd is daar weer bietjie foto's geneem en hier is ouboet en kleinsus 'n bietjie verspot. Ons het jou gemis William.

DSC_0185

Een van die klasmaats wat 'n koninklike van die land is, is weens kameras nie daar nie, maar sy stuur vir elkeen van die 90 klasmaats 'n goue ring met elkeen se naam op.


Nog 'n tik op die lysie af ... sy het nouwel haar Graad 12 goed deurgekom, maar nog wag ons vir die internasionale IB eksamen uitslae wat Augustus kom en dan begin die groot voorbereiding vir die universiteit.


Baie geluk sussie, ons is trots op jou en jou uitslae! (Kan ons nou asseblief 'n bietjie minder rondry)

Monday, June 6

Nog ‘n bietjie skooltradisie

En nog steeds kan ons nie heeltemal die skool afskud en klaar maak nie.


Vroeer hierdie week was dit dan ook tyd van die "onderwysers" om afskeid te neem van die seniors en om die Graad 11's te verwelkom as nuwe seniors. 'n Heeltemal geslote funksie waar ouers beslis nie welkom is nie .... maar ek kon daarin slaag om ten minste die kamera in te smokkel en iemand te kry om vir my foto's te neem. Ek meen, is dit nie iets wat die kinders sal onthou en van herinneringe wil he nie?


DSC_0028


Dis darem anderste om by die skool aan te kom en nie meer in uniform hoef rond te loop nie!


Page1


Daar is baie moeite gedoen om die gym mooi te maak vir die geleentheid. Waar die saal gewoonlik geskei word vir seuns en dogters, is dit hierdie keer geskei vir eetplek en toesprake. Die oulikste ballonne versierings wat soos gradueerders lyk en 'n program was op elke tafel. Onder op die regterkant 'n yslike koek waarop elkeen van die 90+ Graad 12's se name op was.


DSC_0050


Na die ete wat volgens Nelmari baie Arabies was, het die program begin met toesprake ens. Een van die tradisies was ook vir die onnies om te se wat elke kind 'most likely' gaan doen en Nelmari s'n was .....


Page2


Toe was dit die "capping ceremony". Elke kind moes vooraf 'n onderwyser vra om sy/haar "cap" op te sit. Hierdie onderwyser is een wat in sy/haar skoolloopbaan 'n groot rol en invloed gespeel het en natuurlik in Nelmari se geval was dit die sportdirekteur en ook een van haar afrigters vandat sy in Graad 5 was. Die kinders moes vir die betrokke onderwyser 'n briefie skryf om te se wat hy/sy vir hulle beteken het, en die onderwysers moes vir die kinders 'n soort getuigskrif skryf. Hierdie seremonie kan nogals volgens inligting 'n heel emosionele een wees.


DSC_0074


Met groot glimlagte is daar gekyk hoe die seuns en meisies gecap word. Die westerse meisies het gewone drag aangehad en soos julle kan sien het die arabiese meisies hulle abajas bo-oor aangehad. Dan moet die hoed nogal bo-op die doek gesit word :-). Die seuns het vir veiligheid :-) aan die anderkant van die saal gesit.


DSC_0082


Al die onderwysers wat betrokke was by die kinders se skoolloopbaan en die graad 11's was ook in die saal.


Page3


James as 'n laerskool meneer het ook die voorreg gehad om vir een van die matriekseuns te cap.


Nou is ons seker amper regtig klaar met skool :-)


Lekker week vir julle


Saturday, June 4

En dan is dit sulke tyd

Ek kan nie regtig se dat die "prom" soos dit hier genoem word, vinnig op my afgekom het nie. Nelmari is nogal nie iemand wat iets op die tippertjie doen nie, sy rek die proses uit ....... en begin al vroeg-vroeg mens heeltemal lam maak :-). Ons enigste probleem was die feit dat dit op 'n Vrydag gehou sou word, en hier is dit mos eintlik Sondag so haarsalonne en goed is toe.


Page3


Twee dae voor die tyd spoor ons 'n plek op wat die naels en hare sommer by een plek kan doen en dis nie te ver van ons af nie. So gister na kerk is ons salon toe in die hittige weer om net so onder vier uur daar te spandeer --- en toe is dit slegs 30 min om grimering te doen en aan te trek. Daar is blitsig gewerk. Gelukkig het Elriza ook so bietjie kom hand bysit met die afronding


Page4


Die prom is in die Shangri-la hotel gehou. Die foto'tjes het ons sommer voor die tyd geneem, maar gelukkig was daar ook 'n professionele fotograaf wat heelaand foto's geneem het.


Page5


Met hierdie groot geleentheid agter die rug, le daar nou 'n besige week voor met graduations ens. Ek dink eers dan kan sy/ons se, sy is regtig klaar met skool.


Geniet julle naweek


Liefde