Thursday, April 26

Dinge verander by die dag


Dis die laaste maand van lente hier in die woestyndorp en ek het nou-net geloer na die temperatuur wat 'n mak 42C is.  Lente by die huis is die tyd wat mense woel en woeker in hulle tuine en hier begin mens half liewers binne bly.  Het verlede naweek gou-gou weer by die ou souk naby die hawe gaan draai en 'n paar goedjies opgemerk.  
DSC_0424

Daar is baie mense wat dink dat dit nou tuinmaak weer is ... ai tog die frustrasies as alles binne 'n maand doodgebrand word.  Maar die plante by die souk laat mens regtig lusvoel vir tuinmaak.  

DSC_0425

Ek weet nie hoe om te verduidelik wat "groen", "tuingroen" hier vir mens beteken nie.   Daar is selfs nog tyd vir kitsgras le.  
DSC_0428
Ek weet nie hoeveel dit nou in SA kos nie, maar net om julle 'groen' te maak :-), Hier kos 'n vk meter kitsgras dhs10 (R20). 
DSC_0429

Plante lyk mooi en sterk, maar daai sonneblomme het 1 dag in die hitte uitgehou.  
I7

Hierdie foto van die souk het ek so 'n tydjie terug geneem.   Agter die geboue is daar see en die mense kom met hulle dhows om produkte hier te verkoop.  Mens kon werklik enige iets van twak tot toonnaels hier koop.   

DSC_0432

Maar behalwe 'n klein bietjie plastiek goed en die plante, lyk die afdakke nou so ...   En hoekom?  
DSC_0427

Nuwe hoe geboue het hier ook begin opskiet.  Daar is eintlik baie min van die dorp wat ons baie jare terug leer ken het oor.

Maar die hitte het nog nie minder geword nie ....




Saturday, April 21

Ander se vuil wasgoed


Ons weet almal wat wasgoed is, want hoe kan mens sonder skoon klere klaarkom.  Januarie met my besoek aan Stellenbosch loop ek "wasgoed" in een van die gangetjies raak.

photo4

Eers dink ek die arme mense wat hul goed net so kan droogkry en toe hoe op aarde kry hulle dit daar gehang - en dan sien ek dis eintlik 'n "uitstalling" deur Jacques Coetzer wat hy gekleurde gebede noem. Wat hy oa se "strings of brightly hued clothing connect people and landscape, and so the very ordinary and intimate becomes public".   

DSC_0208

Met Eddie se werkbesoek aan Indie bring hy ook hope foto's en baie daarvan ook oor wasgoed.  Hierdie mense het geen ander opsie nie, dis waar hulle hul wasgoed moet hang.  
Page1

Dan lees ek 'n Afrikaanse tydskrif en sien dat mense nie net met klere nie, maar ook met woorde hul vuil wasgoed uithang sodat dit wat privaat is aan almal uitgeblaker word. En hieroor het ons 'n keuse ....

Ek vra twee vriendinnen wat is die eerste woorde waaraan hul dink as ek se wasgoed en een vinnige antwoord kom "skoon", "lekker ruik".  In die maand van April is ons weereens herinner dat Jesus vir ons sonde gesterf het en ons skoongemaak het.  Nie meer vuil nie en nie meer nodig om die vuil uit te hang sodat almal kan sien nie, maar om vir almal te wys ons is skoongemaak sodat ons 'n lekker geur kan versprei.

Liefde

Monday, April 16

Bietjie van ou Dubai

Om te weet waar jy vandaan kom is belangrik.  Ek het al heelwat keer geskryf oor hoe die land nog jonk is in geskiedenis en die restorasie van geboue begin nou eers belangrik vir hulle word.  Een van die min museums in die land, wat ons jare terug besoek het, was die een in Dubai en toe die Abu Dhabi kinders zoontje gaan,  is die opdrag van neem foto’s gegee.
DSC01443
Die Al Fahidi fort met torings op drie van die vier hoeke is langs een van die ou stadsmuren en langs een van die mure, staan 'n groot dhow (tradisionele boot).
DSC01445
Die hoofingang word gewaak deur twee ou kanonne.  In die museum self word verskillende histories tydperke van die land se geskiedenis uitgebeeld en verbal van die pre-olie era.

DSC01446
In die era het bote 'n baie groot rol gespeel met die uithaal van perels wat die land se inkomste was.

DSC01447
Die fort is in verskillende fases gebou met die oudste toring wat rondom 1787 gebou is en die oudste gebou in Dubai is wat nog bestaan. Die fort het 'n groot rol gespeel om die "land" te beskerm tydens aanvalle van ander "lande" soos oa Abu Dhabi. Later jare het van die heersers hier gebly en dit was op 'n stadium ook 'n tronk.  



DSC01448
Markte en winkels waar hulle kruie en materiale verkoop word in die museum uitgebeeld.
DSC01453

Tonele soos hierdie is volop in die fort.  Hier sien mens van die vissermanne besig om nette reg te maak.
DSC01449

Kamele speel 'n groot rol in die geskiedenis.  Die ou op die linkerkant is nie deel van die uitstalling nie :-).

DSC01452

'n Tipiese toneel waar die manne saamkuier.  Vandag kuier die mans hier in die koffiewinkels.

DSC01455
Daar is ook heelwat argeologiese "finds" gekry tydens opgrawings van historiese "sites" soos Umayyad en Jumeirah en natuurlik sal dit die plek wees waar Leane bietjie kuier.

Hierdie museum is in 1971 amptelik geopen.  Ons moet net ook onthou dat in die tydperk voor dit, was Dubai sy eie land, net soos Abu Dhabi en die ander emirate.  Dis eers toe wat die lande bymekaar gekom het om die Verenigde Arabiese Emirate te stig.

Dankie vir die foto's julle twee!

Wednesday, April 11

Vinnige drie maande

Was net nou die dag toe ek Nelmari op Stellenbosch gaan aflaai het en ek's seker sy geniet die ervaring en ondervinding baie.  Nie so maklik vir die ma ver nie, veral toe haar verjaarsdag nader kom en ek weet sy het ‘n kort vakansiebreuk.  Soveel mense het aangebied sy kon by hulle kom bly, maar die eerste uitnodiging was van die Ferreiras daar in die Langkloof :-).  Die van julle wat my blog volg, weet ek was verlede jaar vir die eerste keer in amper 40 jaar weer in kontak met hierdie “ou” bure van ons.
398848_10150927764519392_664534391_12994449_260647978_n



Riana was wonderlik en het al die pad gery om haar op Stellenbosch te gaan haal en agterna weer vervoer terug te reel.  Daarna is hulle met tentjie in die motor, Klein Karoo Kunstefees toe en ek is/was ernstig jaloers.Hoop nie ek is te oud voordat my beurt eendag kom nie. 
529733_10150927753224392_664534391_12994340_2080625628_n

Volgens Riana het Nelmari redelik 'n kultuurskok opgedoen met alles wat daar op die fees plaasvind :-)

  Page1 
Vir haar verjaarsdag was sy behoorlik bederf deur die gesin en was dit vir die mamma hart makliker om met die ver verjaarsdag te deel omdat ek weet sy kuier lekker.
 Page3
Dis appelwereld daar en het hulle ook by die Du Toit pakstoor in Joubertina gaan kuier.  Net deur die foto's is ek beindruk deur al die tegnologie en die hoeveelheid appels - en dit lyk asof alles uitgevoer word.
 Page4
Die twee meisies met hulle wit jasse en “kepsies”.

Page2_0

Vir die paasnaweek het hulle op hul plaas gaan kuier.   Net op die foto’s kan ek sien dis ‘n ongelooflike plek en Nelmari het haar gate uit geniet. Ek sal julle nog graag Riana se huis wil wys - maar miskien doen sy dit sommer self :-).
 Page2
Riana het ook hierdie besonderse foto’s van Nelmari en “bunny” geneem. 

Riana, Pieter en Karline dankie vir ‘n wonderlike kuier vir Nelmari en al julle bederf.  Riana dankie dat jy my met al die foto’s en stories deelgemaak het.  Ons waardeer dit baie.  Sien uit om vanaf volgende maand meer van die Langkloof en omgewing te hoor en leer ;-).

Liefde

 

Friday, April 6

Woestyn paastyd

Die somerhitte is so stadig besig om spoed om te tel, dus was die naweek half die laaste kans om met die tieners te gaan kamp en omrede dit oor die Paastyd val, was dit sommer meer spesiaal. 
DSC_0044

Dis ook net hier in die woestyn wat daar 'n hek op die vlak staan met die woorde "Close the door".
DSC_0038
Ons kampterrein.  En daardie is nie berge in die agtergrond nie, dis duine. 

Page2

Kamp is opgeslaan en ingerig. 
Page1

Kinders besig om die terrein vir die aandprogram reg te kry.  

Page4

Almal help om die kruise aangedra en geplant te kry.

DSC_0103


Ons tieners gereed vir die aand.  Hulle was so opgewonde en het reeds van vroeg af honder keer kom vra wanneer hulle die fakkels en vuur kan aansteek.   Dit word laat donker in die woestyn en ons het daarvoor gewag en die ouers moes hulle kom wegroep het vir aandete.

DSC_0156

Tydens die aandprogram het die kinders voorgelees uit die Bybel en ons, saam met die ouers het saam gesing tydens die worship.

Page3

'n Groot bonus was die swembad wat die ouers gereel het.  Dit het nie net almal afgekoel nie, maar ook as "skoonmaak van die sand" gedien.  Daar is spesiaal 'n watertenk gehuur om dit te kom volmaak en al het hulle bietjie vasgesit, was dit alles die moeite werd. 

Page6

Met die "paasmars" het die kinders die verskillende stappe gedoen van die tuin van Getsamene, die gesel, spykers inkap, houtbalke dra tot by die eindpunt waar hulle 'n kruis moes maak.  Daarna is die kruise op die hoogste duin staangemaak en aangesteek.  Die kinders was baie moeg aan die einde met al die duine wat geop en af is, maar daar is lank stilgesit en kyk na die kerse terwyl hulle brand - dit was 'n baie spesiale oomblik. 

DSC_0238

Van slaap was daar geen sprake nie, en dit is die prentjie van ons tieners toe ons wakker word.  'n Klein bondel tieners wat heelnag gekuier het. 

Page5

Moeg word die duine weer aangedurf vir die oggendstiltetyd.

DSC_0268

Wat 'n wonderlike tyd was dit nie gewees om saam met die jongmense op 'n praktiese manier weer te kon sien hoe lief God ons het, dat Hy Sy enigste Seun gegee, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he. 


Sunday, April 1

Waar ek nie wil wees nie

Daar is 'n liedjie wat Scott Wesley-Brown jare terug gesing het oor "Please don't send me to Africa" en dis nogal 'n gevoel wat baie buitelanders hier ook het, veral as daar gepraat word oor sendingwerk ens., maar ek sou die Africa met Indie vervang het ... sonder om twee keer te dink.

Eddie was die afgelope week daar vir werk, en die foto's het daardie gevoel van my net weereens bevestig.  

DSC_0308
Ek kan nie besluit wat hierdie foto eintlik vir my se nie...was ek en ander verkeerd oor die land?
Page1

Maar ne die verkeer was dat dit is soos ek my voorgestel het.  Die meeste van ons taxi bestuurders hier is nie verniet van Indie nie.

Page2

As dit enige troos is, is daar darem baie publieke vervoer sou mens nie self wil bestuur nie :-)
Page3

Daar is baie ou en geskiedkundige geboue

DSC_0275

Hierdie lyk soos dele van ons dorp, en ons winkels ....

Page4
Allerhande blyplekke - seker arm- middel en rykmansklas met nie te skoon strate nie.

DSC_0271

 Hier lyk my is ook watertaxi's

DSC_0261

Hier is ook tuine en dit lyk eintlik stil daar

Page5

Kyk net hoe word hierdie geboue stewig gehou

DSC_0135
Oud of nuut, besig of stil, skoon of vuil .... daar is altyd tyd vir Indiese krieket :-)