Showing posts with label werktrip. Show all posts
Showing posts with label werktrip. Show all posts

Sunday, April 1

Waar ek nie wil wees nie

Daar is 'n liedjie wat Scott Wesley-Brown jare terug gesing het oor "Please don't send me to Africa" en dis nogal 'n gevoel wat baie buitelanders hier ook het, veral as daar gepraat word oor sendingwerk ens., maar ek sou die Africa met Indie vervang het ... sonder om twee keer te dink.

Eddie was die afgelope week daar vir werk, en die foto's het daardie gevoel van my net weereens bevestig.  

DSC_0308
Ek kan nie besluit wat hierdie foto eintlik vir my se nie...was ek en ander verkeerd oor die land?
Page1

Maar ne die verkeer was dat dit is soos ek my voorgestel het.  Die meeste van ons taxi bestuurders hier is nie verniet van Indie nie.

Page2

As dit enige troos is, is daar darem baie publieke vervoer sou mens nie self wil bestuur nie :-)
Page3

Daar is baie ou en geskiedkundige geboue

DSC_0275

Hierdie lyk soos dele van ons dorp, en ons winkels ....

Page4
Allerhande blyplekke - seker arm- middel en rykmansklas met nie te skoon strate nie.

DSC_0271

 Hier lyk my is ook watertaxi's

DSC_0261

Hier is ook tuine en dit lyk eintlik stil daar

Page5

Kyk net hoe word hierdie geboue stewig gehou

DSC_0135
Oud of nuut, besig of stil, skoon of vuil .... daar is altyd tyd vir Indiese krieket :-)






Saturday, March 5

Werkuitstappie

Daar is soveel mooi klein dorpies in die wereld wat ek nie eens van weet nie, en die een voordeel van rondreis en duisende foto’s neem, is dat mens die naam en wat besonders aan die plek is begin onthou. Natuurlik met die ouderdom vat dit langer, maar mens is nooit te oud om nuwe name te leer nie.

molen van de Zuidpolder

Eddie is die afgelope week vinnig vir ‘n heen en weertjie Nederland toe vir werk, en het in die dorpie Edam gebly. As ek Edam hoor, dink ek kaas …. natuurlik sal ek nie heeltemal verkeerd wees nie, maar ek het nie regtig geweet daar is ‘n dorpie met die naam ook nie. So kom loer sommer saam met my na ‘n paar foto’s.

CSC_0144

Die dorpie het sy ontstaan so rondom die 12de eeu toe boere en vissersmanne langs die Ye rivier kom bly het en so die naam “Yedam”.

DSC_0028

Skeepsbou het ‘n groot rol in die dorp se ontwikkeling gespeel en vroeer jare het hulle ‘n groot hawe gehad waar bote gebou is.

DSC_0016

Lyk my vandag bou hulle sommer die bote in die agterplaas.

DSC_0005

Daar is heelwat historiese geboue as mens langs die kanale, waarvan daar baie is, stap.

DSC_0010

Lyk vir my asof parkering ook soos in baie stede oor die wereld ‘n probleem is alhoewel

DSC_0020

fietsry ‘n meer gewilde opsie is. Met ‘n dorpie waar hulle se ongeveer 7300 mense bly, is/kan parkering darem seker nie te groot ‘n probleem wees nie.

DSC_0018DSC_0093

Met die dorpie wat rondom ‘n dam naby die Zuiderzee gebou is, beteken dit ook dat daar orals kanale is waar bote deur en op vaar.

CSC_0178DSC_0140

Mens kon amper dink jy’s in SA met van die bote se name.

DSC_0012

Die kanale maak nogal op ‘n foto lyk asof dit ‘n baie rustige dorpie is. Die bome is maar lekker kaal en ek hoor dit was lekker bibber koud daar

DSC_0132

Ek neem aan dis ook nie nou tulpe tyd nie, maar die straatmarkte het beslis ‘n goeie voorraad plantjies en saadjies te koop.

DSC_0007

En natuurlik is ‘n besoek aan die kaasmuseum en winkels ook ‘n moed. Daar is kaas huistoe gebring maar ek’s nie seker wie se geskenk dit is nie.

CSC_0126

Alhoewel Nederland bekend is as een van die lande, indien nie die land waar sedeloosheid heeltemal oorgeneem het, was dit darem bemoedigend om die foto te sien.

DSC_0029

‘n Pragtige dorpie en soos hulle “advertensie” se, kom kyk maar self. Weet nou nie of Nederland op my lysie van moet sien is nie, maar mens weet nooit want net in die week het ek ‘n geleentheid gekry om Singapore te besoek Nie dat dit op my lysie is nie, maar dis 'n aanbod wat mens stupid sal wees om te weier. Wonder of ek toestemming sal kry?

Geniet julle naweek en mag ons spanne in die krieket en rugby sommer baie goed doen!

Monday, June 15

Anderste inkopies

Met Eddie se laaste twee besoeke aan Afghanistan vra ek mooi foto's en vir een of ander rede dink hy winkels sal my belangstelling wees. Julle weet mos ekself "shop" bitter min maar ek hou daarvan om ander af te neem as hulle shop :-). Maar hier is die foto's van die winkels daar en miskien inspireer dit julle om te gaan inkopies doen of saam met my dankbaar te wees vir die winkels wat ons het.

Page1

Die man dra sy winkel na waar hy wil besigheid maak en saam met 'n klomp ander takke is dit defnitief die plek om te gaan sonbrille koop. Tussen die grys en vaal is daar ook mooi kleurvolle ballonne - ek wonder net hoe lank hulle opgeblaas gaan bly.

Page2

Ek weet nie hoe sterk die mense is om "pitte" te koop nie, maar die vlerk-kliente kan beslis nie wag vir iemand om sy inkopies te laat val nie. Kyk net al die winkels so by die waterfront! Aghan Spinneys - hier in Abu Dhabi is Spinneys "die" winkel vir expats waar mens alles van die huis af kan kry. Wonder wat mens alles hier kan koop.

Page3

Na-ure inkopies ook sterk in verligte winkels en vleis is baie vars. Waarnatoe die vroue hierdie klere dra weet ek nie, maar dit kan hulle laat goed voel en as jy moeg is, 'n klein straatkafeetjie onder die boom.

Page4

Maar daar is nog ander mooi goed in Afghanistan en tussen al die aanvalle en bomme is probeer die land stadig weer op sy voete kom.

Page6

Ek wou darem sien hoe die land ook lyk en hierdie drie pragtige foto's op die internet gekry. Elke land het darem sy unieke natuurskoon en wys net dat ons Vader Skep goed - dis net mense wat dit opmors.

Monday, May 4

Afrika en die engelse

Ek's lief vir my land en ken nie heeltemal die ander lande in Afrika nie. Eddie was verlede maand weer vir 'n heen en weertjie in Nigeria en hierdie foto's was vir my nogal interessant. So hier en daar deur mense se blogs leer ek oa van die mooi van ander dele van ons kontinent, maar jinne die woord Afrika kan darem vir ons probleme gee. Drie van ons, (ek, Charmaine en Annie) reis vanaf volgende week so 'n bietjie in Engeland, Skotland en Ierland en dit het beteken ons moes 'n visum kry. Mense ek kon so bietjie verstaan van die boereoorlog en die konsentrasiekampe want om by die Britte verby te kom was/is iets ysliks. Ek weet nie wie van julle vanaf 1 Maart al hierdeur moes gaan nie, maar hulle soek alles, jou geskiedenis, jou ouers s'n, waarnatoe jy gaan, hoeveel dit kos, hoeveel geld jy saamneem, 6 maande se bankstate om te bewys jy het genoeg geld, foto's, oogscans, vingerafdrukke, ens. ens. So sit Eddie in Nigerie en ek het nie 6 van sy bankstate nie en ek kan nie vertel waar hy is nie want dan gee hulle my nog minder 'n visum. Weet julle om jou aansoek in te gee word jy deursoek en ondersoek en mag jy selfs nie eers 'n botteltjie water inneem nie. Jy moet nie net benoud wees oor gaan hulle jou aansoek aanvaar nie, jy moet ook doodgaan van die dors in die hitte. Ons hou die tannie wat ons moet help dop, sy is van 'n asie land wat kougom erger kou as mense van daai eilandjies teen wie ons graag krieket speel. EN sy lyk glad nie asof sy lus is om by die werk te wees nie ... benoud is ons ... as ek terugdink aan die geskiedenis, wat het ons die engelse aangedoen dat hulle nou so teen ons draai, moet dit nie andersom wees nie? Of is dit die lugredery se skuld met hulle onlangse domheid? Of is dit ook oor wat in die ander afrika lande gebeur dat ons soos "skelms/skurke" behandel word? Wat ookal die rede, Vader was goed vir ons want binne 3 dae het ons die paspoort terug met die baie belangrike visum en kan ons begin regmaak vir die reis!! EN glo my dat of julle nou wil of nie, alles sal op die blog verskyn .... miskien nie alles nie, maar meeste van dit.
O terloops as die nuwe name in ons land vir julle nou te moeilik raak kan julle altyd Nigerie toe trek want daar is nog Afrikaanse straatname.

Tuesday, August 19

'n Goeie fliek en ware storie

"There is a way to be good again."



Gebasseer op die book "Kite Runner" van Khaled Hosseini 'n ware verhaal van vriendskap, familie, misverstande en die kans om dinge reg te maak, kom die rolprent "The Kite Runner".


Ek wil nie die fliek bespreek nie, want julle moet dit self gaan kyk, maar wil julle vertel van 'n deeltjie wat vir my interessant was. Om eerlik te wees een van die deeltjies, want die fliek het eintlik klomp lewensstories in een. Dit was die eerste keer dat ek gehoor het van die vlieer "tradisie" in Afghanistan.


In die fliek kan mens sien hoe Amir en Hazara deelneem aan 'n "veg-vlieerkompetisie met Hazara die baie suksesvolle "kite runner". Vegvlieer kompetisies is ook baie bekend in lande soos Pakistan, Indie en Korea.

Hierdie "gebruik" of tradisie is tussen 1996 en 2001 deur die Taliban stopgesit. Met Eddie se huidige besoek aan Afghanistan was ek baie geintresseerd in die kinders ... en na die fliek, nuuskierig of daar nog vlieers gevlieg word. En die terugvoering is JA, met die begin van die vlieerseisoen wat September begin, is die winkels vol vlieers en die huisdakke is vol van kinders wat hulle vlieers van daaraf vlieg. Al is die mense van Afghanistan nog nie heeltemal "vry" nie, is die vlieers en vir daai oomblik wat die kinders hom hoog bo kan laat vlieg, kan hulle ook begin "vry" voel.
Daar word wonderlike werk onder die kinders van Afghanistan gedoen. Loer bietjie hier.


En as julle 'n kansie kry, lees en/of gaan kyk gerus die fliek The Kite Runner.

Friday, June 13

Wat sport kan doen

Hoeveel keer lees ons nie dat sportmanne nie kon oefen of opwarm vanwee die nat veld of die ander wat ook op die veld geoefen het nie of of of of. En neem asseblief kennis want dit mag dalkies die rede wees as ons nie 'n goeie wedstryd het nie. Met van die foto's wat Eddie vir my uit Afghanistan gebring het, kon ek sien dat hierdie mense ook erg oor hulle sport is. Natuurlik met 'n bietjie naslaan, want mens probeer stories op feite en nie hoorse deurgee, het ek hierdie week weer gesien en geleer hoe mense onder moeilike omstandighede kan uitstyg en die beste van 'n slegte saak kan maak. Een van die sportvelde uit die lug geneem en julle sal kan sien dat daar baie niks rondom is nie. Nasietrots vir iemand wat aan een van die Oosterse sportsoorte deelgeneem en goed gedoen het. Hy kry die volle "motor deur die straat en vlag" behandeling. Hier ondersteun al wat leef en bewe mekaar as daar 'n wedstryd is. Die "bokke" kom kyk sokker of is dit betogers? Toeskouers oppad na 'n krieketwedstryd. Sjoe kyk daai baanblad ... wat sal Dale Steyn of Ntini met dit maak? Krieket is vir hierdie ouens 'n belangrike ding en iets wat hierdie land se mense, wat deur soveel swaarkry gaan hierdie afgelope week 'n lekker trots gegee het. Maar net omdat ek van statistieke en feite hou, kom ek begin gou by die begin. Afghanistan was een van 12 spanne wat einde Mei in Jersey probeer kwalifiseer het om in die volgende fase van die kwalfiseerende rondtes vir die wereldbeker toernooi te speel.


Dit was die eerste keer dat Afghanistan in so 'n groot toernooi gespeel het. Alhoewel dit hoogs onwaarskynlik is dat die land wel in die wereldtoernooi sal speel, kan dit vir die oorloggeteisterde land baie beteken om goed te doen in die kwalifiseerende rondtes. Afghanistan was in groep B geloot saam met lande van die Bahamas, Botswana, Japan, Singapore en die gasheerland Jersey. Net om te wys dat dit nie sommer net klein landjies is nie, groep A het bestaan uit Duitsland, Mosambiek, Nepal, Noorwee, VSA en Vanuatu. As voorbereiding het hulle 14 wedstryde in Pakistan gespeel en toe 'n kamp by die Akademie (op die foto) bygewoon. Daar is die man met die speelpakkie weer.Hierdie akademie spog darem met twee krieketbaanblaaie en 'n boulmasjien. En ander toerusting soos op die foto gesien.


En .... verlede Saterdag het honderde mense by die lughawe saamgedrom om die span terug te verwelkom. Meestal mans met landsvlae terwyl hulle gesing het 'Long live Afghanistan' en 'long live our cricket team' terwyl die volkslied oor en oor gesing is. Hierdie spannetjie het al die lande in hulle afdeling gewen om deur te dring na die volgende rondte. Daar is baie te se oor wat sport vir nasietrots kan beteken, kyk net na ons mense met die rugby wereldbeker, en sonder al die fancy geriewe het hierdie klompie manne dit ook in Afghanistan reggekry (en dis nog net die rondte om te kan deel neem aan die kwalifiseerende rondte)