Sunday, December 29

Nelmari gaan dieretuin toe


Die probleem van so lank in die deel van die wereld bly, is dat iets "allerdaags" hier nie noodwendig vir ander is nie.  Selfs met Nelmari wat nou ampertjies 3 jaar weg is weens studies ... uitgevind "Ma ek was nog nooit by die kinder-dieretuin nie".
Page4
Maak nie saak hoe groot of klein mens is nie, en nou praat ek van ouderdom nie lengte nie, om in 'n dieretuin te wees is om weer klein te wees.
Page5

Een van die beste interaksie dieretuine wat ek al in was en weereens 'n heerlike dag! Nou om uit te vind of William al hier was ...

Saturday, December 28

Kersete en kuier

Soos in Suid-Afrika raak dit stil gedurende Desember wanneer almal iewers oppad is om vakansie te hou, maar saam met Abu Dhabi vriende, ou vriende en die kinders, het ons 'n heerlike Kersmaaltyd gehad.
Page6
Daar word ernstig klappers getrek :-)  

Page8

Die twee jonges speel lekker saam en alhoewel dit heerlik koel is, sien klein Jordan heeltemal kans om in die water te speel.  Ek's seker Lara is baie lus om ook in die water te wees, maar dit kom nog.

Page9

En wat sal 'n Kersfees sonder 'n heerlike Kersete wees... en soos gewoonlik was almal moeg geeet na die tyd.  Nog 'n Kersfees in die woestyn kom op 'n einde.


Friday, December 27

'n Anderste Ou Kersaand


Eers was dit familie bymekaar vir Ou Kersaand, later ons en die kinders en die groot geniet was om te sien hoe die kinders hulle geskenke opgewonde oopmaak en nou het dit 'n vol sirkel gekom ~ ons eerste Kersfees saam met 'n kleinkind :-).  
Page1
Alhoewel sy geen idee het waaroor en waarvoor al die goed met papier om voor haar neergesit word nie, het sy gou-gou probeer om dit oop te maak... skeur.   

Page2
Dit wat nie wil oop nie het sy probeer opeet en saam met dit het oupa gevoer en ouma het haar gewys hoe die kamera werk.  
Page3

Dit was heerlik en anders om die klein mensie te sien alles byt, proe, oopmaak en mee speel, en natuurlik lekker om al die kinders bymekaar te he en ook goeie vriende. 

Thursday, December 26

Ou Kersaand in Woestyn

Verlede haar het ons met 'n handjie vol mense, seker so 10/12 in die woestyn gaan Kersliedere sing op Ou Kersaand en vanjaar het ons besluit, ons gaan weer, en hierdie keer was ons 'n paar hande vol.
Page1

Vroeg middag het die wind egter opgekom en ons was bekommerd dat ons heeltemal gaan wegwaai. Verseker het dit 'n paar mense se "saamkom" affekteer, maar met warm baadjies en komberse en glad nie voorbereid op die sterk wind se effek op die sand nie, het almal vroegaand bymekaar gekom vir die Ou Kersaand liedere in die woestyn.   
Page2

Daar was sand orals en Elriza en Leane wat die sang lei, moes maar partykeer die oe toeknyp om te keer dat dit nie vol sand waai nie.  
Page3

Van die piekniek na die tyd het niks gekom nie, die weer was te sleg, maar ons kon lekker sing en luister na die Kersboodskap terwyl ons rondom die kampvuur sit.  

Thursday, December 12

Baie nuwe dinge vir ons pragtige Lara


Mens kan ampertjies nie by hou met hoe vinnig die kleingoed groei nie en elke keer as hulle sien, is daar iets nuuts by wat hulle kan doen en 'n vaardigheid wat bemeester is.
Page1
Ek weet, ek praat van hulle, maar alhoewel klein Lara ons kleindogter is, het klein Carli net so 'n spesiale plekkie in ons hart EN sy is Lara se maatjie.  Hierdie twee gaan nog 'n hond uit 'n bos speel, want hulle kan al lekker uitpak en deurmekaar maak, en ampertjies met die bal speel.  En dan kom tannie Nelmari ook kuier en Lara kry kans om bietjie met haar te bond.  
Page3
Nelmari was maar suinig met die deel :-).  Gelukkig is daar 'n tannie Elriza ook wanneer Nelmari weer teruggaan.  

Page4

Dis ook nie al dag dat klein niggies saam in die buiteland sit nie - Lara en Lea kry kans om saam te speel en Lea wys haar baie oulik 'n paar dinge.  Tannie Nelmari is deel van die speel en na 'n tydjie het altwee klein dogtertjies lekker moeg aan die slaap geraak. 

Wat leer sy volgende?

Thursday, December 5

Stilte naweek in die natuur


Net so voor die besige tye tydens die feesseisoen, was dit kans vir 'n wegbreek vir ons jaarlikse Vroue Retreat.  

Page1

'n Paar van die vroue is nuut in die dorp en besluit om saam met ons in konvooi na die Weste te ry vir die geleentheid.  Ons beplan vooraf om te stop vir middagete en maak nie saak hoe lank mens in die land is nie, mens vergeet nog dat die klein plattelandse dorpies op 'n Vrydagoggend toe.  Gelukkig wag ons nie lang vir oopmaaktyd nie.   
Page2

Daarvandaan seker een van my gunsteling paaie na ons verblyf.  Die rede hoekom ek so mal is daaroor, is die groen van die bome met die woestyn in die agtergrond.  
Page3
Terwyl die vroue inburger in hulle slaapkamers word daar gewoel om die retreatgoed, musiek en "kombuis" reg tee kry.  Elriza het hard gewerk om vir ons 'n studie uit te werk en elke vrou kry 'n geskenkpakkie met haar boek, pen, joernaal, geskenkie en 'n retreat-beker met haar naam op. 
Page4

Dit is 'n silent retreat waar elkeen met God "kuier", praat en luister wat Hy se en dis so lekker dat ons dit buite in die natuur kan doen.  
Page5
Gedurende een van die sessies versier elkeen ook haar journal met 'n spesiale boodskap/prentjie. 
Page6

Die volgende dag word die stiltetyd voortgesit.    

Page8

Aan die einde van 'n baie geseende tyd, waar baie van ons antwoorde gekry het, is dit tyd vir ons laaste sessie en middagete voordat ons die langpad terug vat huistoe.

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Saturday, November 30

Voorbereiding vir ons Kersspel


En voor ons ons oe kon uitvee, was dit tyd om vir ons Kersspel voor te berei. Die instelling dat ons Kindergroep hier in Abu Dhabi, jaarliks 'n Kersspel opvoer, is in sy 4 de jaar en elke jaar word die voorbereiding en afwagting net groter en groter.  Die kinders en ouers is gebruik om die dekor te maak en hierdie pragtig skapies is deur ons kleintjies en hulle mamma's gemaak.  
DSC_0019

So 'n week voor die tyd is die gesiggies bietjie ingekleur om karakters te gee - party het selfs die skapies name gegee :-).
Page1_0
Maar daar mos nog 'n spaza winkel en stal kom en weereens het die mamma's gehelp om die bokse te omskep in 'n stel.
Page1
Vir die eerste keer het ons ook "versigtig" 'n oefening op 'n Saterdag gereel en ons kinders en ouers het ons nie teleurgestel nie, behalwe vir twee was almal daar.   Dit het beteken dat die hele Kersspel darem tussen 2-3 uur altesaam se oefening het ... nou kan die skare maar kom :-).
Page1_0

Natuurlik was klein Lara ook daar vir haar eerste Kersspel oefening en terwyl haar mamma en peetmamma die musiek geoefen het, het sy solank maatjies gemaak en op haar klavier geoefen vir wanneer sy dit moet doen.


Thursday, November 28

Kaalpoot in die reen ...

Die een ding wat hier in die woestyn baie skaars is, is reen.  Regte reen, nie wolke wat "geskiet" word en so plek-plek sanddruppels laat val nie. So toe die waarskuwing kom, dat ons storms gaan kry, het almal uitgesien na die meer as paar minute se druppels.  
DSC_0062
En met geen stormwater dreinering was daar gou-gou plasse orals en het dit so gereen dat die skole toegemaak het, in wag vir die storm.  
DSC_0068
Die storm het nie gekom nie, maar daar was lekker waterplasse en selfs wolke om ons te laat winter-winter speel.  

DSC_0029

Verlede jaar het ek dit geniet om te sien hoe die bure se dogtertjie die waterpoeletjies geniet, en vanjaar moes ek maar vir Elsie in die water loslaat.   
DSC_0030
En sy het dit omtrent geniet!   
DSC_0031

Selfs probeer om met haar agterbeentjies in die lug te loop toe die water te diep vir haar raak :-).  Nou moet ons seker weer 'n paar maande wag voor ons weer druppels kry. 




Monday, November 25

Kuier op die Logos boot


Na ons lekker kuier rondom die braaivleis met die Saffers van die boot, word ons uitgenooi om hulle op die boot te besoek.  Die boot het 'n lang geskiedenis en storie wat julle gerus op hulle webblad Logos Hope gaan lees.  
Page1_0

Die Abu Dhabi winters is nou hier en dis regtig 'n pragtige aand.  Ons geniet die liggies terwyl ons wag vir die res van die groep om op te daag.  

Page2

Dis lekker om die klomp van die boot weer te sien en ons geniet 'n heerlike aandete saam met van hulle. Hulle word gepepper met vrae en is meer as gewillig om al die stories te vertel.  
Page3_0

Ons kry 'n toer deur die boot en wat vir my hierdie keer uitstaan is die besoek aan die "skool" vir die mense op die boot se kinders.  Die vorige keer het ons dit nie kom sien nie - dus was dit baie spesiaal.  Een van ons gasvrouens Carlien het twee kinders wat sy op die boot grootmaak en alhoewel ek baie seker is, dis geen maklike taak om dit te doen nie, kan ek net dink watter wonderlike geleentheid dit vir die kinders is.  
Page5_0

Die wat nog nie die boot getoer  het nie, luister aandagtig na die wonderlike werk wat hulle by die hawes waar hulle aandoen doen.  Behalwe vir hulle ongelooflike groot book fair waar ons behoorlik geshop het - teen 'n uitstekede prys, help hulle ook by sekere hawens met mediese hulp, uitreike in hulle op en van die boot en nog vele meer.  Gaan lees bietjie daaroor.  

Die mense op die boot is almal vrywillig Christene wat deur mense, instansies en kerke geborg word om die werk te kan doen.  Ons het net die Saffers en Namibiers kon ontmoet, en kon sien hoe passievol hulle is om Sy boodskap aan almal oor te dra!   

Thursday, November 21

Braai saam met die Saffers op die boot


Ons was weer vanjaar in die bevoorregte posisie om die Suid-Afrikaners op die Logos Hope boot wat in Abu Dhabi kom besoek het bietjie te bederf met tradisionele Suid-Afrikaanse kos.  
Page1_1
So drie jaar terug, tydens die boot se besoek aan die woestyn het ons ook met die mense gekuier en kosbare vriendskappe gesluit en het ons van die mense toe op die Zambia uitreik vanjaar gesien.  
Page2_0
Skaap tjoppies, boerewors, pap (vir die wat daarvan hou), koeksisters biltong melktert ens. is gemaak vir die klomp en almal, ons inkluis het lekker geeet en gekuier.  
DSC_0031
Maak nie saak waar ons in die wereld is nie, daar kan lekker soos ou vriende gekuier word rondom braaivleis.

Ons sal ook die boot besoek en dan vertel ek julle watter amazing werk hulle doen!

Monday, November 18

Besie partytjie na kerk

Heelwat van ons huiskerk se mense het verjaar en dit is 'n goed genoeg rede om die belangrikste 1, om 1 te word saam te vier.
DSC_0027
Na die kerkdiens bid Elriza vir die verjaarsdagmaatjies.

Page2

Besies en feetjies was die tema, en almal is aangetrek vir die geleentheid.

Page3

Natuurlik moet daar nog foto'tjies van Lara geneem word na die tyd.  Lyk asof sy en Elriza 'n groot grap deel.


Saturday, November 16

Charmaine verjaar

Lank laas dat 3 van die 4 saam is, en ons kuier .saam met Charmaine vir haar verjaarsdag voordat William moet begin werk..
DSC_0053
Daar word ernstige bietjie video's gekyk.
DSC_0055

Die verjaarsdagmaatjie blaas kersies wat nie wil doodgaan nie dood :-).  

DSC_0059

Ma en dogter.
DSC_0064

James en Leane





DSC_0068

Wat is die twee boeties besig om te beplan met daai kyke ....

DSC_0069

Charmaine en die jonges vir 'n foto.

Was 'n heerlike aandjie saam met almal.  Lekker dat dit so stadigaan begin winter word en mens weer bietjie kan buite sit :-)