Thursday, May 31

Vir OULAAS

Gedink die basketbal seisoen is verby? Ek ook, maar hierdie week het die Varsity span teen die onderwysers in hul jaarlikse einde-van-die-jaar wedstryd gespeel.





Hier is die manne voor die wedstryd. Ses van hulle het verlede week klaar gemaak met skool, maar kon nie wegbly vir die wedstryd nie. (William nr. 22)




Die "coach" was die skeidsregter, so daar was geen amptelik spanpraatjie tussen spel nie. Mens kon sommer sien die manne staan herderloos rond.


Die laaste keer wat ma my kan pla op die skoolbaan maar ook 'n bietjie hartseer oor die laaste wedstryd. Vir die eerste keer in 'n paar jaar wen die Varsity span die onderwysers met 68 - 32.

Wednesday, May 30

Uit Bloemfontein

Hierdie laat beriggie van "James Muis" uit Bloemfontein :-



Wel in die meeste plekke in Suid-Afrika geniet die mense die koue weer en die sneeu wat daarmee te paart gaan. Die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Natal het al sneeu gekry en dit raak blykbaar net kouer. Maar soos ons nou al weet is als in Bloemfontein 'n "let down". Ons het niks sneeu hier nie - dis net FLIPPEN KOUD!!!



Het vandag opgestaan om toets te skryf en moes 7 uur by die lokaal wees. Het besluit om liewers "te" warm as "te" koud te wees en vele lae serpe, musse, truie, baadjies en goed aangehad. Gelukkig was dit die moeite werd om want die toets het goed gegaan en ek het oppad terug nie eers die koue gevoel nie. En dit was die laaste toets voor die eksamens.

Met die temperatuur as 11 maksimum vandag en minimum van -7 was die meeste half-slim mense by die huis. More lyk dit nie beter met 'n verwagte temperatuur van -5 tot 10 tot die koue front later die week kom.


Ma - Soos ek gesê het is die beriggie 'n week laat en die koue front het effens oor Bloem beweeg. Ek sien more verwag hulle net 'n 10. Aangesien jy nie 'n foto saamgestuur het, dat ons kan sien hoe dik jy aangetrek is nie, plaas ek 'n foto van William waar hy regmaak vir Bloemfontein se weer volgende jaar.


Ek moet bysê hy en Selina was net 15 min op die dak in die son voordat die hitte hulle ook binnenshuis gejaag het.

Tuesday, May 29

Foto nuus van die "byeenkomste" hierdie week

Ek weet daar is van julle wat inloer net om te sien wat in die groepe gebeur het --- so hierdie week se foto's is vir julle.

Die Kinderbediening by die Afr Kerk het met 100% gegroei. Het julle mos gesê om die spasie dop te hou. Die gemeente is nog in die baie begin stadium en ons glo dat ons so stadig maar seker die kinders ook sal kry. Moenie ophou hierdie spasie dop hou nie ....

Die getalle is nog maar klein, maar ons leer, speel, sing en dans reeds lekker saam en dit in Afrikaans!!

Klein Emily is nou nie 'n "groep" nie, maar sy het so tussen die groepe en voorbereiding ook kom kuier vir die dag. Oppad mall toe en sy gebruik Nelmari se foon om haar ma te laat weet.

Die twee geniet die liggies by Ikea en natuurlik wil die juffrou nie in die stootkarretjie sit nie, sy wil op Nelmari se arms wees.

Terug by die huis en die nuwe speelgoed moet inmekaar gesit word. Terwyl Nelmari dit doen, gooi Emily solank die blokkies rond.


Nelmari wys haar hoe dit werk en die twee geniet die spelery.

Die vroue groep kom ook bymekaar in erge hitte. Charmaine se woonstel se lugreeling is al vir 'n week heeltemal af en ons vergader met waaiers. Vanessa en Heleen lyk nie asof die hitte hulle pla nie. Heleen wat is in daai bordjie ....? Dankie Sanette vir die bak van die koek!

Maak nie saak hoeveel Amelia probeer wegkruip het, op 'n stadium het ek haar onder skoot kon kry - met koek en al!!
Vir ons ander Suid-Afrikaanse Kindergroep was dit gisteraand afsluiting vir die jaar. Dis nog moeilik vir my kop om aan Mei te dink as die einde van die jaar. DIe ouers het eetgoed saamgestuur en ons het "Happy Feet" op die grootskerm gekyk.
Vasgenael voor die TV sit van hulle. Hierdie groep kom nou eers weer in September bymekaar as die kinders terugkom van hulle drie maande vakansie. Vir al die groepleiers is dit nog nie heeltemal rus nie, die beplanning vir volgende jaar en die boeke se bestellings moet alles in die volgende paar weke geskied.
Dankie vir my groepleiers vanjaar .... Celeste Holtzhausen, Charmaine Nortje, Heleen Basson, Louis Holtzhausen en Sorina Opperman julle het 'n puik werk gedoen!!


















Monday, May 28

Inskrywing nr 150 - 'n Kleurvolle probleem

Ek's nie 'n naaldwerkmens nie. Verstaan my mooi ek sê nie ek kan nie naaldwerk doen nie. Ek is seker as ek my kop daarop sit, sal ek iets kan maak ... ek meen het ek nie 'n romp en ander goeters moes maak vir die skool se naalwerkklas nie? Die ding is net, ek het g'n begeerte om te probeer leer nie.

Dit was nooit maklik nie, want saam met die g'n begeerte het die Vader my ook geseen met wonderlike vriendinne wat goeie naaldwerkmense. Dit was altyd nag om saam met hulle in die winkels te loop en klere kyk. Sien mens iets wat jy van hou, vat hulle die materiaal so met die vingers, kyk na die prys en sê "ek kan dit baie goedkoper maak". As dit nou nie yswater gooi is nie. Veral jy Annie en Gwen was die sondebokke ... maar gelukkig kon dit my nie oortuig nie.

Maar in hierdie land waarna mense so stroom om "klere winskopies" te kom koop, bly hier baie klein mensies (die kinders noem my huiswerker 'n umpaloompa oor haar grote). Dis seker die maklikste manier om depressief te raak .... gaan net winkels toe en probeer iets vir 'n "ouer-lyf" koop - jy kom daar uit met 'n depressie wat skrik vir niks. Waar selfs ou Posh Beck met haar nr 0 lyfie hier 'n L sal moet dra, kan jy dink by watter nr ek opeindig. Genade!! So wanneer daar 'n geleentheid is en Woollies (wat ons genadiglik het en mens die nrs en groottes ken) het niks is die ander alternatief materiaalwinkel en taylor. So met William se graduation wat voorlê moes ek ernstig gaan materiaal soek (die regte naaldwerksters praat van lap). Nou lapsoek hier is ook nie so eenvoudig nie want daar is rye en rye en rye "lapwinkels"
Drie blokke met materiaalwinkels reg rondom

Orals waar jy kyk is "lapwinkels"

Mens kies nie net die winkel nie ...dis 'n hele proses. Jy gaan by elkeen in. Dis iemand soos Annie en Gwen se droom dink ek, lappe van elke vorm, tekstuur en patroon. Omdat ek nie 'n snuffellaar in 'n winkel is nie, ek koop klere wat my oog dadelik vang en drentel nie rond vir iets wat iewers wegkruip nie ... is hierdie winkels ook 'n nagmerrie. Stap jy in een is dit die prentjie wat jy sien.


Rakke vol allerhande kleure en patrone

Hoe op deesaarde gaan iets my ook so vang? En sien jy wel iets, gryp die winkeleienaar die lap, gooi hom voor jou oop en sê same-same terwyl hy nog klompe ander met dieselfde patroon maar verskillende kleur ook oopgou. My eerste instink is om vir die ou te sê is "onthou jy moet dit alles self bêre"



Mens kibbel ook nie oor die prys nie want soos dit is, is dit spot goedkoop. Dhs5 vir 'n jaart!! Ek's nie snaaks nie, maar hierdie ouens is soos kraaie en mal oor blinkgoed en GROOT blomme so lap na lap na lap wat voor jy oopgegooi word is so helder dat mens partykeer met sonbrille moet shop. Hierbo is nog 'n winkel met klompe voorraad. Maar dis nie die einde nie, want wanneer en indien jy eintlik jou stuk lap het, lê die volgende probleem voor - watter taylor?

Ek gaan nie eers begin vertel hoe mens nie 'n patroon gebruik nie, maar net 'n voorbeeld saambring en hulle maak dit daarvolgens en vir baie goedkoop.

Naskrif - ek het toe glad nie 'n lap gekry wat my oog gevang het of met my gepraat het nie en nou lê daar nog 7 dae voor ... en dis te min vir die taylor wat nou baie besig is met al die "prom" rokke - so krises. Ai tog, hoekom kon ek nie maar 'n -0 gewees het nie.

Sunday, May 27

Kerk hou ete

Gisteraand het ons 'n "Appreciation Dinner" van die kerk gehad. So 'n bietjie agtergrond oor ons kerk. Die klein Community Centre word weekliks deur 18 verskillende kerkgroepe gebruik.

Soos hieronder kan sien word daar taamlik baie dienste in verskillende tale hier gehou. Dis nou bo-en-behalwe die kleingroepies, orkesoefeninge, kindergroepe, ens. wat ook die kompleks gebruik. Heeltemal verstaanbaar is daar dus op 'n nuwe kerkgebou besluit.



Voor die bouery het ons Kerk sentrum soos dit gelyk.

Dit is hoe die nuwe kerk sal lyk as hy klaar is. Op die linkerkant kan julle 'n deel van die ou kerk sien.

Dis hoe hy huidiglik lyk en ondanks die bouery en gemors, word al die dienste (in nog minder spasie) gereeld gehou.
Lang storie om by die ete uit te kom ek weet. So gisteraand het sowat 180 mense van klompe nasionaliteite wat help met die "Gesinsbediening" (wat baba's, verskillende kindergroepe, volwassenes, nuwelinge, ens.) insluit 'n dankie-sê ete gehad.Orals was daar Suid-Afrikaners wat deel uitmaak van verskillende groepe. Ons mense is duidelik nie "versigtig" om betrokke te raak nie. Hier is die tafel waar van ons SA Kindergroep se mense gesit het. Sanette lyk heel "chuff" vir die foto.

Almal het lekker saamgeeet en daarna na 'n skyfie vertoning gekyk wat gewys het wat in al die groepe gebeur. Net sommer omdat hulle gevra het geen foto's nie, hier is Heleen en Sanette besig om kos in te skep. Dit was 'n lekker aand en 'n geleentheid om nog nuwe mense te ontmoet.













Saturday, May 26

Valke "vlieg" hoog

Julle sal onthou dat ek van die kuns Valke vertel het. 'n Week of twee terug is die liefdadigheidsveiling gehou waar hulle 26 van die valke opgeveil het. (Sien label Straatkuns) Die eerste valk is vir Dhs 30,000 opgeveil en daarna is enigiets vanaf Dhs11,000 tot Dhs110,000 vir die valke gebie.


Meer as Dhs700,000 is ingesamel en die aand was 'n groot sukses

Die gelde sal tussen 9 welsynorganisasies gedeel word.

Friday, May 25

Die ACTUAL verjaarsdag

Nou ja eintlik die dag waarna William uitgesien het. Nie net omdat dit sy verjaarsdag was nie, maar ook omdat dit sy LAASTE dag van eksamen was. Klaar met skool, klaar met eksamen en verjaarsdag!!
Opstaantyd en dit gaan maar swaar - net tot die besef van verjaarsdag en eksamen inslaan.

Geskenke oopmaak tyd....Een van die geskenke waaroor hy baie opgewonde is, is .....

Gold Class kaartjies vir Pirates of the Caribbean wat vandag afskop. Hierdie kaartjies moes lank voor die tyd al bespreek word, aangesien die hele Abu Dhabi gewag het dat die fliek moes begin draai.
James hierdie is spesiaal vir jou -sy geskenk van Selina 'n Nokia 5500 Sport. (Hy het spesiaal 'n SA 5c langs foon gesit dat jy kan sien hoe groot dit is) So besluit hy ook om met die oulike nuwe foon self die aand se foto's te neem. Die kwaliteit was nie so goed nie, so verskoon maar. (Moet bysit dat die foon se dagfoto's baie goed is)

Hier wag die man in die Gold Class sitkamer vir die fliek. Vir die van julle wat nie weet nie, die theater het net 20 Lazy Boys. Jou eet- en drinkgoed word bedien in regte eetgerei en nie papierbekers nie. Jy kan heerlik agteroor lê en kyk met die tafeltjie en eetgoed langs jou. Soos by die huis voor die TV.

Na die fliek is dit uiteet by Vasco's langs die see. Gewoonlik eet ons as familie saam, maar met pa in London en omdat dit ook Selina en William se laaste skooldag was, was dit net hulle twee en MY kar. Ek en Nelmari moes natuurlik by die huis bly sonder wiele
William in die restaurant. Hierdie keer is dit nie sy regte kuif wat so regop staan nie, maar die plant op die agtergrond.

Die fototjie spesiaal vir jou geneem in London William!! As ek dink aan die uitgawese van ons Sweet William is hierdie Sweet Williams 'n winskopie!!!

Hoop dit was 'n lekker dag seun.

































Thursday, May 24

Baie Geluk Grootseun

Vandag negentien jaar gelede is klein William gebore. Het geweet hy gaan groot word, maar nie gedink so 'n groot lang man nie. Maar hy's nog dieselfde seuntjie wat toe hy die eerste keer agterkom hy sweet, ingehardloop kom en bekommerd skree "mamma, mamma my ogietjies smelt". Toe ek deur sy album blaai, kom ek reeds in die begin jare dieselfde karaktertrekke as vandag gesien.

Op sy eerste verjaarsdag. William was nooit haastig om enigiets te doen nie, hy was lui om te begin loop en te kruip. Op sy boude seil was vir hom beter en hy kon aan alles vat en voel. Toe hy egter die dag opstaan, toe is daar nie nodig om te leer loop nie, hy kon dit dadelik doen. Miskien het hy saans in die "cot" geoefen.

Om sonder klere rond te loop was 'n groot gunsteling by hom - om die waarheid te sê vandag nog soos julle op van sy foto's op die joernaal te sien.


Enigiets word aangedurf en dis vir hom geen probleem nie. Hy's nie bang om self 'n "skilpad" aan te durf nie.
Nie bang of skaam om aan blomme te ruik of iemand 'n drukkie te gee nie. Hier is hy en James by die Taalmonument in die Paarl.
'n Waaghals wat enigiets wil probeer. So handglide, bungy-jump, toertjies met die skaatsplank ens. sal op sy "wat-het-ek-al-gedoen" CV eendag wees.
Altyd gereed vir aksie

My besigheidsman, soek Diamante op Kimberley toe hy klein was, en van volgende jaar swot hy besigheid. Altyd op soek na 'n geleentheid vir wins. Ek dink sy oupa Billy (William) glimlag lekker omdat hy net so altyd op soek vir 'n winskopie was.



Geluk met jou verjaarsdag, William, Will, Wurmpie, Seun, Boetie ... ons is lief vir jou!!!

More wys ek meer foto's van die actual verjaarsdag.









Wednesday, May 23

Amper soos by die huis

Nee dis nie sneeu of stormweer nie, hier dood ons nog klompe dode met die lente temperatuur wat styg en in elk geval is dit nie uniek van Suid-Afrika nie.


Ons het 'n kragonderbreking!!! Jip net soos by die huis het ons krag teen so vieruur se kant afgeskop. Nie gewoond aan hierdie tipe ding nie was die eerste woorde van William "wie het nou waar iets aan of af gesit wat dit nie moes gedoen het nie" (hy klink toe net soos sy pa) - die krag is geneig om partykeer af te skop as die grote ou huis oorlaai word, maar dan skakel mens dit mos weer aan. "Al wat ek aangesit het is my ipod skree Nelmari van die eerste vloer af, so dis nie ek nie, maaaaaammma". Ek sit ewe onskuldig en DSTV kyk.


Nadat die kragskakelaars goed aan en af geprobeer is, besef ons dit moet 'n kragonderbreking wees. Ek probeer onthou of ek die krag betaal het, (met die dat mens dit oor die internet doen weet jy nie altyd of dit daar uitkom nie) en duik die rekening uit. Kan nie vreeslik die Arabiese rekening lees nie, weet nie eers of dit vir ons is nie, Holloway lyk snaaks in Arabies, maar die bedrag wat ek betaal het wys ... dankie tog dis nie my skuld nie.

Mens is veronderstel om te weet wat met die rekening aangaan.

Nou moet ons stil en baie rustig raak want saam met die krag is die "a/c's" ook af en mens voel die hitte sommer onmiddelik opstoot. Vyfuur en 'n uur later, "William, bel asb die mense en hoor of hier 'n probleem in ons area is vra ek". Ek moet net hier noem dat sulke goed eintlik ALTYD gebeur as Eddie nie hier is nie, hy het juis vir 'n dag of drie London toe gevlieg vir werk. Ja, sê die gawe Arabier daar is 'n probleem in Muroor area maar dis binne 'n uur aan. Ok, so net 'n uur van stil wees en probeer dat die hitte nie oplet ons is binne die huis nie.


Hoekom dit so moet wees dat sodra mens niks het om te doen nie, mens aan jou maag dink - "Maaaa, kan ons gaan uiteet ... as ons terugkom is die krag aan en die huis koel." Nie lus nie want dis waaaaarmmmm buite, maar die gedagte aan 'n koel huis as ons terugkom wen en af is ons Fudruckers toe.

Die wêreld se lekkerste hamburger sê hulle.

Nelmari probeer dit uit.

'n Uur en 'n half later is ons terug en die huis is heerlik ..... vuurwarm. Weer bel ons en hierdie keer belowe die vriendelike Arabier dit sal defnitief teen agtuur aan wees. Ten minste het ons nou geeet. Die Voortrekker wees skop in en ons moet gereed maak vir donker word, so kry die kerse en vuurhoutjies. Maar o wee, vuurhoutjies is hier soos 'n vark in die UAE, onverkrygbaar. Iemand het darem iewers by 'n hotel 'n houertjie gekry so dit word op bystand gesit. Net so voor skemer is die kerse aangesteek en orals brand gegeurde kerse, maar dit maak nie regtig lig nie. Ek sit myself met 'n handwaaier en koel waai en tot die kat druk voor my in om 'n bietjie wind te kry. Nelmari kerm "ek gaan nooit kan slaap vanaand nie" en William wat more eindeksamen Spaans skryf sukkel om by die swaklig te sien wat in die boek aangaan. Ek gaan nie sê hy moes al geleer het nie.

Agtuur kom en gaan en ons drie bondel op die dubbelbed voor die laptop (wat se battery gelukkig vol is) en kyk 'n fliek om die tyd vinnig te laat verbygaan. Tussenin waai William my met die waaier want hy "suck-up" soos hy dit noem - sy verjaarsdag lê voor en hy het 'n spesiale geskenk in gedagte. Na die fliek is ons almal doodmoeg van die hitte en kruip maar in ons warmwatersakke in.


Ten minste kan julle die kerslig sien.

Eintlik!!!!! Net na elfuur, skrik ek wakker met lawaai wat soos oordeelsdag klink. Dis ligte en musiek en mense wat praat orals om my ... ons krag is aan!!!! Natuurlik het die kinders al die ligte aangesit en nou lyk die drie vloere soos 'n verligte kersboom en elke TV is aan en op 'n verskillende stasie. Maar die saligste van alles is die A/C wat koue lug uitblaas asof hulle betaal word .... heerlik nou kan mens darem slaap.

Ek dink aan my pelle in Pretoria en Johannesburg wat elke week 'n kragonderbreking het en selfs die ouens in die Kaap en is dankbaar dit is die eerste keer in nege jaar vir my. My hart sal dit nie hou nie. Ek moet dankbaar wees want een van die jare is ek terug in my land en dan sal ek ook daaraan moet gewoond raak.

Naskrif - Natuurlik as die gesegte "vet braai uit" waar was, sou ek nie vir 'n onderbreking elke week omgegee het nie, maar glo my dit is 'n mite!!












Tuesday, May 22

Woelige, Praterige, klomp vrouens

Met tien vrouens in 'n groep hoe kan dit nie woelig, besig en praterig gaan nie. Hierdie week was les 2 van ons nuwe studiegroep en wat 'n blessing was dit nie. Die dames was almal so spontaan en opreg en ons het sommer baie "dankies" gehad na verlede week se gebede.



Hierdie is 'n blurr foto maar ek moes net wys wat Emily gedoen het terwyl ons gepraat het. Kyk op die grond rondom Charmaine en dan is dit nog nie eers die kant waar ek en haar ma gesit het nie. So het sy haarself stroopsoet besig gehou. Ons weet nou sy hou nie van goed wat weggepak is nie.
Helene maak groot oog vir die kamera terwyl Sunette en Vanessa in gesprek met van die ander is.

Toekie en Eliza neem ook deel aan die gesprek.
Teetyd en Emily geniet die koek so, dat ons haar klere moes uittrek .... dis mos lekker.
Van die vrouens aan die gesels rondom die tee en koek. Lyk asof Sunette die middelpunt van hierdie bespreking is.
Almal kry kans om ouma te speel terwyl haar ma op die agtergrond toekyk. Dit was 'n heerlike bymekaar kom en ons sien uit na volgende week. Sterkte aan Elize met die operasie volgende week!