Showing posts with label Kindergroep. Show all posts
Showing posts with label Kindergroep. Show all posts

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Saturday, November 30

Voorbereiding vir ons Kersspel


En voor ons ons oe kon uitvee, was dit tyd om vir ons Kersspel voor te berei. Die instelling dat ons Kindergroep hier in Abu Dhabi, jaarliks 'n Kersspel opvoer, is in sy 4 de jaar en elke jaar word die voorbereiding en afwagting net groter en groter.  Die kinders en ouers is gebruik om die dekor te maak en hierdie pragtig skapies is deur ons kleintjies en hulle mamma's gemaak.  
DSC_0019

So 'n week voor die tyd is die gesiggies bietjie ingekleur om karakters te gee - party het selfs die skapies name gegee :-).
Page1_0
Maar daar mos nog 'n spaza winkel en stal kom en weereens het die mamma's gehelp om die bokse te omskep in 'n stel.
Page1
Vir die eerste keer het ons ook "versigtig" 'n oefening op 'n Saterdag gereel en ons kinders en ouers het ons nie teleurgestel nie, behalwe vir twee was almal daar.   Dit het beteken dat die hele Kersspel darem tussen 2-3 uur altesaam se oefening het ... nou kan die skare maar kom :-).
Page1_0

Natuurlik was klein Lara ook daar vir haar eerste Kersspel oefening en terwyl haar mamma en peetmamma die musiek geoefen het, het sy solank maatjies gemaak en op haar klavier geoefen vir wanneer sy dit moet doen.


Friday, April 6

Woestyn paastyd

Die somerhitte is so stadig besig om spoed om te tel, dus was die naweek half die laaste kans om met die tieners te gaan kamp en omrede dit oor die Paastyd val, was dit sommer meer spesiaal. 
DSC_0044

Dis ook net hier in die woestyn wat daar 'n hek op die vlak staan met die woorde "Close the door".
DSC_0038
Ons kampterrein.  En daardie is nie berge in die agtergrond nie, dis duine. 

Page2

Kamp is opgeslaan en ingerig. 
Page1

Kinders besig om die terrein vir die aandprogram reg te kry.  

Page4

Almal help om die kruise aangedra en geplant te kry.

DSC_0103


Ons tieners gereed vir die aand.  Hulle was so opgewonde en het reeds van vroeg af honder keer kom vra wanneer hulle die fakkels en vuur kan aansteek.   Dit word laat donker in die woestyn en ons het daarvoor gewag en die ouers moes hulle kom wegroep het vir aandete.

DSC_0156

Tydens die aandprogram het die kinders voorgelees uit die Bybel en ons, saam met die ouers het saam gesing tydens die worship.

Page3

'n Groot bonus was die swembad wat die ouers gereel het.  Dit het nie net almal afgekoel nie, maar ook as "skoonmaak van die sand" gedien.  Daar is spesiaal 'n watertenk gehuur om dit te kom volmaak en al het hulle bietjie vasgesit, was dit alles die moeite werd. 

Page6

Met die "paasmars" het die kinders die verskillende stappe gedoen van die tuin van Getsamene, die gesel, spykers inkap, houtbalke dra tot by die eindpunt waar hulle 'n kruis moes maak.  Daarna is die kruise op die hoogste duin staangemaak en aangesteek.  Die kinders was baie moeg aan die einde met al die duine wat geop en af is, maar daar is lank stilgesit en kyk na die kerse terwyl hulle brand - dit was 'n baie spesiale oomblik. 

DSC_0238

Van slaap was daar geen sprake nie, en dit is die prentjie van ons tieners toe ons wakker word.  'n Klein bondel tieners wat heelnag gekuier het. 

Page5

Moeg word die duine weer aangedurf vir die oggendstiltetyd.

DSC_0268

Wat 'n wonderlike tyd was dit nie gewees om saam met die jongmense op 'n praktiese manier weer te kon sien hoe lief God ons het, dat Hy Sy enigste Seun gegee, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he. 


Monday, April 25

Paasfees in die woestyn

Die laaste dag van Paasfees in Suid-Afrika en ek vertrou dat julle almal 'n heerlike, geseende tyd saam met julle geliefdes gehad het, terwyl julle ook die kruisiging en opstanding van ons Vader herdenk. Hier in die woestyn, is daar 'n paar skole wat wel vakansie het, maar nie omdat dit Paasfees is, hulle noem dit net 'n "spring break", en vir die ander is dit 'n gewone dag soos enige ander.


Page2


Vir ons kindergroep het ons 'n Paasdiens gereel en soos met enige kinderprogram was daar hope voorbereiding. Met Elriza se preekvoorbereiding, het sy natuurlik aan duisende dinge gedink wat gedoen kan word en so die laaste twee dae voor die diens is die groot plakkate projek aangepak. Sy het die prente geteken en geverf, en ek, Nelmari en Charmaine het gehelp met die verf.


Page1


Die eindprodukte 8 plakkate het so gelyk. Hulle is die aand van die diens teen die muur geplak en toegemaak met blaaibord en soos die storie vertel is, is die prentjie een vir een oopgemaak.


Page3


Die kinders het wonderlik gereageer soos die prente oopgemaak is. Almal, die ouers inkluis het die boodskap baie geniet. Na die tyd is ons met nagmaal bedien.


By ons kerk, het ons Sondagoggend 'n "sonopkoms-diens" (5:45) gehad voordat die mense moet werk en daar is beplan om dit in 'n parkie te hou. Met aankoms, was die hekke gesluit en ons het sommer so voor die hekke gelees, gesing en gebid met klompe werkers wat hulle verkyk het aan die klomp mense. Een ou het selfs kom foto's neem - wens ek kon dit nou by hom kry om vir julle te wys :-)


So iets is beslis onwettig hier en mens wou-wou bekommerd wees, maar dit was tog 'n wonderlike gevoel en geleentheid om in die publiek Jesus se opstanding te herdenk!


Liefde


Friday, October 2

Ons jaar is lekker besig

In hierdie woestynland begin die "nuwe" akademiese jaar mos in September, en vanjaar was dit selfs later met die Ramadan vieringe, maar toe dit verby is, het alles met 'n groot "bang" begin. Daar uit die Langkloof vra Riana so 'n tydjie terug wat het gebeur met ons poppekas, so hier is 'n kort update van die aktiwiteite waarmee ek myself die laaste tyd besig gehou het. Nadat ons orals in die land gegaan het om vir die kinders 'n poppekas te doen het die kerk in September 'n gesamentlike diens gehad waar 'n ds Elsa gepreek het.
Page1

Ons kinders het toe bymekaar gekom vir 'n groot poppekas aanbieding. Die gesiggies terwyl Flatman & Bobbin gepraat het, was iets om te aanskou.

Page2

Dis ongelooflik hoe vinnig die jonger kinders met hierdie poppe gebond het. Hulle het kom groet asof dit 'n spesiale maatjie is wat hulle lank laas gesien het - daar was drukkies en koppe vryf.
Page1

Hierdie klomp het nie gepoppekas nie, maar ons vrouegroep het alweer gaan uiteet omdat sommer 3 van ons groeplede in September verjaar het. Nodeloos om te se dat ek ernstig moes sukkel om hulle te beheer. Die lang beloofde foto's Vanessa. Elke keer as ek een afneem het hulle vir my iets teruggese. Ek het 'n spesiale prys hier uit die land van die sand as iemand kan raai wat hulle terwyl hulle groot smile vir my se :-).


Page3

En dan is dit fototyd met die Marina Mall op die agtergrond. Lyk hulle nie goed "afgerig" vir die foto's nie? Behalwe natuurlik die een wat die boom wil klim. Sal nie jou naam se nie Heleen. Annie jou "pose" gaan ver ne? Links onder is twee van ons verjaarsdagmaats terwyl die derde een besig is om in 'n land te toer wie se naam ons nie in hierdie land mag se nie. Intussen het ons groepe met ons lesse begin, dis nou die kinders en vrouens.
Page3

En hierdie naweek was daar weer 'n gaspredikant en het almal in Dubai bymekaar gekom - en weer was Flatman & Bobbin daar met 'n lessie wat hierdie keer oa gegaan het oor 'n donut dief. Ons groep was 30% meer as die vorige keer en die kinders begin nou vreeslik goed reageer op die poppe en hul lesse.

Page4

Natuurlik om by die les te pas het ons lekker donuts geeet, kyk net hoe geniet van die kinders dit.
Page5

Die poppekas is ge-high-5 en gedruk en noudat die band tussen die kinders, is die interaksie tussen die poppe en die kinders tydens die lessies iets baie besonders. Groot pret en oor 2 weke doen ons dit weer.

Geniet julle naweek!


Wednesday, August 26

'n Besige naweek

Verlede naweek was besig en hittig in Dubai en vir 'n verandering het ons glad nie in die winkelsentrums rondgeloop nie. Deel van ons kinderbediening vanjaar is 'n poppekas en alhoewel baie van die kinders nog op vakansie is, het ons karaktertjies Flatman en Bobbin (dis nou Batman en Robin se pop-familie) in Sharjah gaan kuier. Die twee het 'n blaadjie met die reddingsboodskap opgetel wat vertel hoe Jesus eintlik die super hero is en nie hulle nie. Hy het vir ons sonde gesterf omdat Hy baie lief is vir ons. Die kinders het doodstil gesit en luister. Julle kan ook by die kindergroep blog hier loer. Een van die dogtertjies wou persoonlik met hulle praat en het sommer reg voor die kas kom staan om haar vraag te vra. Sy't eers begin met "maatjies", "maatjies" en toe Bobbin nog besig is met haar storie, kliphard gese "maatjies, shutup" sodat sy haar vraag kan vra. Die enigste deel van Dubai wat ons gesien het die heel naweek was die foto vanuit my kamervenster vroegoggend en met die deiserigheid op die agtergrond kan julle sien, nog 'n koel dag in die land van sand. Saterdag was dit heeldag vergadering saam met die ander groepleiers van die verskillende emirate om ons jaar en doel vir die jaar te bespreek. Lekker gewees om almal te sien. Hierdie foto is vir my baie spesiaal :-) want hier het ek 'n bewys dat 3 van die leiers (en blogmaats) sowaar vir my geluister het gedurende vergadering....... Hoeveel keer gebeur dit hm Charmaine, Greg en Vicky? :-).

Vir die volgende twee naweke is dit nog poppekas en vergaderings, maar ek sien uit en is opgewonde vir die nuwe jaar wat voorle.

Monday, August 18

Klompe lekker ...

Saterdag het ons bietjie uitgery Al Ain toe en kans gehad om klomp lekker dinge te doen. Lekker te kuier saam met vriende, lekker te eet, aan kindergroep goed te werk en natuurlik sport te kyk (die uitslag was nie heeltemal so lekker nie)! Ons het so bietjie ons boeke en musiek aan die groep in Al Ain gaan bekendstel. Hoekom sal Greg so lyk wonder ek? Die Sloans het ons uitgeneem vir ete by Chili's en ek's baie trots op myself dat ek die kamera nie eenkeer in die restaurant uitgehaal het nie. (Ek kan byvoeg die ander kon dit nie glo nie en wou sommer vir my foto's neem). Na ete het van die ander groeplede by ons aangesluit en ons het lekker beplan. Natuurlik wys ons graag die mense ons musiek en na die afsluiting sluit ons af met Glory and Honor. Loer bietjie hier om ons te hoor sing! Hierdie verbasing op die gesiggie was vir my te oulik. Chrispin kom om die hoek en hoor/sien die volwassenes aan die sing. Dan is Vicky nog 'n bobaas bakster en ons kuier lekker met kaaskoek en souttertjies. Greg hou nie sy bord vir nog nie, hy wil eintlik net vir "Buddy" (die hond) 'n stukkie he :-). Die kinders het in die hitte sommer buite in die swembadjie geplas. Dan is dit rugby en omdat Abu Dhabi 'n verpad terug is van Al Ain gaan ons deur die martelproses van kyk daar. As ek geweet het ons gaan "so goed speel", het ons waarskynlik dadelik teruggery huistoe. Nie almal het rugby gekyk nie en daar is selfs hard tydens die rugby aan die kinderprogram gewerk. Hoe opgewonde lyk Greg nie!?!
Dankie Vicky, Greg en kinders, dit was 'n heerlike dag saam met julle!!

Friday, May 30

Einde van die jaar

Een van ons kindergroepe het ook hierdie week afgesluit vir die somervakansie. Ek het volledige daaroor geblok op ons Kindergroep blok, (gaan loer bietjie daar om te kyk hoe ons SA kinders "kinderkerk" hier in die vreemde het) maar omdat Nelmari deel is van die groep, kan ek hier ook bietjie daarvan vertel en foto's wys. Ons het bietjie by die Guest palace parkie gaan piekniek hou.Die kinders was omtrent boomverskrik, dis mos 'n skaars ding hier, en het almal bome toe gehardloop. Nelmari en Jessica het nie die bome aangedurf nie, maar baie jare terug toe hulle heelwat kleiner was, het hulle by die einste bome rondgehardloop en klim. By die parkie en paleis is daar ook 'n heli-landingsplek vir die paleis se gaste en met ons geluk het daar ook ene kom land en alles rondgewaai. Die tieners het besluit om iewers op hulle eie te gaan piekniek hou. Charmaine se twee brakkies was ook daar. Hier dra Nelmari en Devon die honde. Hier sit hulle en kuier...ek het wel later twee van hulle ook in 'n boom gekry. Lekker dat die tieners so met maats van hulle eie land kan saamkuier.