Wednesday, October 31

Oppad Syria toe

Groot opgewondeheid vanoggend douvoordag toe ons Nelmari by die skool gaan aflaai vir hulle volleybal toer Syria toe!


Dit gesels en lag en vertel en alles terwyl hulle wag vir die res van die maats om ook op te daag



Nog een wat moet kom, maar die meisies is gereed om te vertrek. Hulle gaan teen spanne van oa. Kuwait, Egipte, Syria en Doha deelneem.

Gereed om te vertrek en so gou moontlik onder ma en die kamera uit te kom. Hulle sal weer Sondagaand terug wees. Sterkte met die toernooi Lions!

Monday, October 29

Dis anners as by die huis

Ek weet nie altyd wat die mense by die huis se prentjie/indruk van die Midde Ooste en spesifiek Abu Dhabi is nie, heelwaarskynlik anders as wat ons dit ervaar. Die beste manier om hier te "oorleef" is om te vat dit wat logies is en die teenoorgestelde te doen ... dan is mens omtrent in pas met wat hulle doen.
Hier is sommer net 'n paar foto'tjies van dingetjies in en om Abu Dhabi.

Abu Dhabi ontwikkel onder homself uit. Nie lank terug nie het ons op 'n boot by daardie "jetty" geklim om op 'n eiland te gaan braai. Nou skuif hulle die see nog verder weg, en die eiland is ook omskep (wil binnekort daar gaan loer en vir julle wys)
Hulle sal tekkies, rolskaatse, ysskaatse en wat ookalskoene aantrek .... maar die swartrok bly!

Een ding wat hulle nie sal inboet nie, is hulle gerief selfs in die woestyn. Dis nie snaaks vir hulle om voor enige winkel en restaurant te stop, te toet en hulle bestelling te plaas nie. Dit beteken eintlik elke winkel is 'n drive thru ne.
Die wonderlike U-draai. Mense jy sal na 'n plek toe ry en dit dan op jou linkerkant byvoorbeeld sien, maar moet aanhou en aanhou ry tot jy 'n U-draai kan maak. Om sommer net af of in te draai en km of km te bespaar word nie hier gedoen nie, selfs nei eers by jou blyplek nie.Dis seker die rede hoekom elke vulstasie enige tyd van die dag of nag lyk asof die petrolprys opgaan. Ek weet as mens by die huis so 'n tou motors by die vulstasie sien sal jy onmiddelik ook in die ry inval want miskien gaan die prys op of die petrol is op .... hier lyk dit altyd so.... en dan kan die ou agter in die groot 4x4 so op die toeter lê want hoekom beweeg die motors nie.Hulle vang baie keer baie stupid dinge aan. Eintlik snaaks om hulle te sien motor stoot want gewoonlik is dit hulle drywers wat die probleem vir hulle moet oplos (miskien is daardie drywers ek weet nie). Jy moet hulle sien as 'n motorwiel pap is ....die hoeveelheid ouens wat na die motor staan en staar en wonder watter knopie moet mens druk vir die wiel om homself te vervang.
Padtekens, naamborde en winkelname kan vir groot pret sorg. Ek het van hulle al met julle gedeel, maar nog steeds vat hierdie een die prys. Die pad kan kort raak terwyl jy vir die road surprises soek.
Is dit 'n slegs Arabier voetoorgang, slegs iemand met rokke of sommer vir almal?
Alhoewel Abu Dhabi mooi groen geplant is en daar orals fonteine is, wys hierdie bordjie vir jou dat gras hier in die woestyn, is einlitk ook spesiaal en nie algemeen nie.

Sunday, October 28

Oulike kompleks

Ek het nog belowe om te vertel van die kerkkompleks in Dubai. Het nie vreeslik eerstehandse inligting oor dit nie, behalwe wat ons gesien het tydens die konferensie. Dis 'n dubbelverdieping plek met op die boonste vloer oa vier "sale" waar dienste gehou word.
Ek vermoed hierdie is die hoof "kerk" want dis ook waar die klankstelsels en goed is. Vlae van al die nasioinaliteite verteenworodig hang in die saal. Soos julle kan sien is ons vlaggie ook daar reg op die punt. Daar is ook badkamers ens op die eerste vloer en .... 'n hysbak.
Onder is daar verskeie kuierhoekies, klompe klaskamers, speelkamer vir kleintjies, kantore en ook 'n koffiewinkel.
Daar is ook 'n soort van 'n hout "verhoog" in die middel wat mens natuurlik allerhande dinge kan aabied of doen.'n Groot boek/cd winkel van die Gulf Bible Society is ook hier waar mens regtig 'n groot verskeidenheid goed kan koop.
In ons kerkgebou waar 18 verskillende kerke bymekaar kom, kan ons nogal doen met soveel spasie en klaskamers. Die nuwe aanbouings wat September 2007 sou klaar wees, is natuurlik nog nie klaar nie, maar daar word gewikkel, kyk bietjie.
Dit was die "ou" kerkkompleks waar ons gereeld Vrydae en Maandagaande vir die kindergroep bymekaar gekom het.
Hierdie nuwe veranderings is toe beplan vir die "nuwe" kerk met die regterkant se stuk heeltemal nuut met 'n nuwe "kerksaal", klaskamers, kantore ens ens. Die gedeelte aan die linkerkant sou nog so gehou word. Die koste vir die aanbouing was geskat op meer as Dhs10 miljoen. Die kerk het sover met donasies, skenkings en lenings van kerkgangers slegs 'n tekort van Dh1,167 000 wat nie te sleg is nie. Dit het beteken dat hulle geen banklening hoef uit te geneem het nie.
Met die boukostes en alles wat so vinnig styg, is daar toe besluit om sommer dadelik ook met fase 2 aan te gaan, 'n nuwe linkerkant ook. (Ek's tog so bly want dit het nie heeltemal so goed gelyk nie). Daarvoor sal die kerk dus net 'n Dh 7 iets miljoen ekstra nodig hê. Ek's nie seker of ek ooit die hele voltooide kompleks sal sien hier in Abu Dhabi nie, maar ek sien uit na die voltooiing van fase 1 en vir die gebruik van die nuwe klaskamers en goed.
Die vensters en goed word nou ingesit en hopelik binnekort. Ek sal julle beslis vertel van hoe dit binne lyk sodra ons intrek.

Friday, October 26

Reunie venue

Dit was met 'n groot verligting dat ek uiteindelik die venue vir die reunie kon vasmaak en bespreek. Nou kan ek begin met die fyner details en reelings. Ek weet ook dat daar baie opsies was van die gewone bring & braai tot elkeen bring 'n dis, maar ek wou hê dat die reunie iets spesiaals moet wees. Nie dat elke reunie nie is nie, maar 'n groot een waar mens almal probeer teenwoordig kry, is iets spesiaals. Familie is spesiaal en soos Pieter in sy mail geskryf het, mens besef nie altyd hoe belangrik dit is om kontak met mekaar te hou nie. Dis ons "roots" en of mens nou wil of nie, Vader het elkeen van ons in 'n spesiale familie gesit met 'n doel. Of mens van mekaar hou of nie - dit gaan niks verander nie, ons is aan mekaar verbind :-). Dis ook belangrik vir ons kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en en en om mekaar te ken en kontak te hou. Daarom ouens gaan ons 19 Januarie 2008 behoorlik reunie hou. Die plek wat ons kon kry is Mooikelder Manor House in die Paarl. Hierdie Kaap Hollandse huis wat in 1835 gebou is, was eens 'n huis van Cecil John Rhodes. Dis op 'n werkende plaas gelee en so 2km van die Boland Kelders af. Ek sal later vir almal 'n kaart/aanwysings laat kry.
Daar is pragtige tuine en uitsig. Hierdie is ook 'n gewilde plek vir troues en onthale .... maar niks daarvan nie ok...... ons hou eers reunie.
'n Swembad wat ek vermoed deur van die jongmense gebruik gaan word. Die swembad is langs die stoep en kuierplek.
'n Lekker kuierplek in die tuin vir gesels en foto's!! Ja ons sal sorg dat daar 'n fotograaf is.

Die stoep waar mens kan sit en kuier en eet. Indien slegte weer, kan dit ook toegemaak word.

Hier is ook fasiliteite vir die "koor" wat gaan optree ... (hoop die 4 oefen) en vir die foto's en staaltjies wat gedeel gaan word.
'n Sitkamer vir nog kuierplek sou mens daar wou sit en kuier.

Mooikelder is ook 'n gastehuis met verskeie baie mooi kamers sou iemand van ver kom en belangstel om daar oor te slaap.


Alhoewel die bedrag vir die reunie alles insluit, word die kos deur 'n ander plek reg langs Mooikloof gedoen en die breekgoed by 'n anderplek. Met 47.16c vir sekere items is dit 'n storie vir 'n ander dag. 'n Feit bly egter dat ek gedurig aan die reel en beplan is met die goed om alles te laat vlot verloop en slegs as julle ouens lekker saamwerk en reageer op versoeke, kan ons hierdie dag die sukses maak wat ons wil hê dit moet wees.


Sien uit daarna om julle almal te sien!

Thursday, October 25

Wat is dit?

Ek het julle mos vertel van hoe ek gevoel het oor die ouens se porsies op die konferensie. Verlede Saterdag het ons 'n opvolg dag by my huis gehad om op te vang op die sessies wat ons self nie kon bywoon nie. Natuurlik moes ons eet- en drinkgoed verskaf en ek het dit baie duidelik gestel ek gaan nie my koeksisters deel nie ... netnou word dit gemors. Maar ons sal nice wees en Charmaine sal melktert maak en ons sal van hulle tradisionele eetgoed verskaf.
Nou moet julle my nie vra wat dit is nie, maar mens koop dit by die winkel se gebak, so uit die goedheid van ons harte koop ons 'n verskeidenheid. Eerlik fasineer daai groot geel,oranje balletjies ons ... en nee dis nie vir juggle nie. Wat sal binne in wees?

Ons sny dit oop, maar die binnekant lyk net soos die buitekant en ons is niks wyser nie. Iemand sê dis nes rice crispies net geel. Vir my lyk die oranje na wortelstukkies en die groen na komkommer, maar die geel kan nie geidentifiseer word nie. Iemand moet dit proe, en die brawe een wat hou daarvan om nuwe goed te proe en weet van clowning en juggle besluit om die geel balletjies te proe.
Vertel hierdie gesig nie alles nie ....dis heerlik!!!! (Sien maat ek weet ek gaan in die moeilikheid wees oor die foto, maar dis klein!)

Die ander koekies lyk beter en volgens Nelmari proe dit ook lekker. So sal dit seker wees as dit na 'n soet kondensmelk proe. Ons goeie daad was toe nie so wonderlik nie, want hulle het liewers van die melktert geeet en ons met die koekies agtergelos.

Wednesday, October 24

Vicky Nel verjaar





'n MOOI DAG WORD JOU TOEGEWENS!!

EK HOOP JY WORD LEKKER BEDERF VANDAG

EN LAAT HOOR VAN JOU DAAR UIT DOHA.


LIEFDE : die HOLLOWAYS

Die pienk het my laat dink aan jou liefde vir pienk badkamers :-) in die UAE

Tuesday, October 23

Nelmari speel in ADSAC toernooi

Maandagmiddag/aand was dit weer tyd vir die ADSAC toernooi vir skole in Abu Dhabi. Ons skool AISA het nie die beste van seisoene tot dusver gehad nie en soos die Engelse rugbyspan kan ek ook aan klompe verskonings dink. Kort seisoen, Ramadan, nuwe span omdat ou spelers opgeskuif het Varsity toe, swak taktiek deur die afrigters ens. ens. maar soos ons nou met die rugbybeker sê, dit tel alles niks, dis die einde wat saak maak.

Hier warm twee van die skole op voor die begin van die toernooi.

Ons span ook besig om op te warm. (William herken jy die ou met die wit hemp hier reg voor?)

Dan is dit tyd vir die eerste wedstryd, ons teen ACS, ons aartsvyande. Die telling werk anders as gewoonlik en ipv tot 25 speel, speel hulle tot 15. ACS wen die wedstryd

Die twee "stouters" van die span, Nelmari en Minri deel 'n grappie na die wedstryd, glad nie bekommerd oor hulle verloor nie.

Ons speel nog drie wedstryde waarvan ons twee wen.

Nabetragting na die toernooi want hoewel die UAE seisoen nou verby is, gaan 8 van hulle volgende week nog 'n toernooi in Syria speel

Die span - wat 3de in die toernooi eindig!!!

GO LIONS volgende seisoen probeer ons weer.

Sunday, October 21

Wie vanjaar vandag?

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG
GERHARD

AS JY VIR DIE REGTE SPAN SKREE, WEET EK SOMMER JY SAL VANDAG 'N WONDERLIKE DAG HE!!
(nie elke dag wat mens kan tong uitsteek vir die mense in die land van varings oor rugby nie)
'N BAIE MOOI JAAR WORD JOU TOEGEWENS
LIEFDE DIE HOLLOWAYS

Saturday, October 20

William in 'n stil Bloem

Foto's en stories van hoe William die stil tyd in Bloemfontein nou beleef. Al die studente behoort nou te swot vir die eindeksamen so die man moet hom nou besig hou met baie niks. Sy berig is ook maar met net die nodige woorde. Amper tyd om bietjie huis toe te kom seuns.

Not alot of news, here in Bloem things have been going a bit slow, after getting back from camp. So I just collected some small bits and bobs thats happening around (nothing big)


We had some nice cold weather with alot of rain and even a bit of hail, flying about (been like 8 years since I saw hail).

Walking on campus one day towards our friendly 7 /11 I spotted a strange looking thing at one of the hostels, peeking over the top of the trees. Can you guess??


It’s a huge inflatable slide about 2 and a half story tall. What a strange site on univ campus.
In my boredom I also decided to cut my hair, and of course I went to the cheapest barber I could find. None other than James and it cost me a whole lot of nothing, which suited me very well. And the professional that he is, he did an ok job...
What do you think??
James also played a very casual game of badminton, so I went along to see if I could get another storie. After a very intense match, James did walk away the winner.There was also a team building thing on campus; I guess it was mostly a first year thing, but the hostels where divide in teams and they had to create different art pieces. A dance, sculpture, costume and a song.
There was also a new member to the Family.....Leane got a puppy from one of her house mate for her birthday , but more of that later.

Friday, October 19

Hompe rys, bietjie vleis en bene oor en oor en oor

Na ons baie uitputtende oggende wat eers half twee oor was, was dit tyd vir middagete. Die eerste dag het ons die kos so geloer en gesien dis BAIE arabies en indies. Ok nou wat beteken dit sal julle vra...Ons het twee keuses slaaie, 'n gemengde een (nie soos julle aan gemengde slaai dink nie) en hammous, arabiese brood en dan is daar drie warm bakke - een met hoender, een met mash en een met baie rys met stukkies vleis in. Die nagereg is rooi jellie en wit goed wat dalkies vla kan wees. Wat's die probleem sal julle vra? Niks fout op eerste dag, maar met die volgende middagete staan daardie drie silver bakke weer daar ... en met een kyk besluit ons McDonalds net om die hoek vir middagete. Almal vra waar was julle en ons besluit om aandete maar weer saam met die groep te eet. Genade tog daar staan dieselfde slaai en drie bakke alweer en na 'n vinnige verdwyingstoertjie (nie op konferensie geleer nie) gaan eet ons by ons hotel. Die volgende oggend kla die organiseerders net 80 van die 280 mense het daar geeet ....ek wonder of hulle nie wonder hoekom nie? So kom middagete weer en ons probeer maar saam eet ... ek hoef nie te sê dis dieselfde bakke nie. Party van ons ontdek beentjies in die vleis en ons kan nie die dier identifiseer nie ....Gelukkig kan ons in Afrikaans kla en ons besluit om die volgende dag se middagete by die mall te gaan eet - kan julle glo die Battuta Mall is 3 min van ons, en daar is niks tyd om soontoe te gaan nie.
Die stukkie klink nou na baie herhaling, maar die aandete lyk weer dieselfde en ons besluit om maar iewers iets te eet waar mens groente of iets anders as rys kan kry. Om hierdie baie lang storie kort te maak, die volgende dag se mall eet, val toe ook deur die mat, toe die groep bymekaar wil kom reg in die middel van die middagete breuk en ons is weer aangewys op die drie silver bakke. Ons staan so 20ste in die ry en met die een oog sien ons iets anders ..... chips in die een bak, snitzel in die ander en die gewone rys en vleis. Dankie tog..... maar o wee ....die chips is op toe ons daar kom en die snitzels min, maar darem kry ons. Ons sit aan die tafel van ons groep, baie indiers, 3 Suid-Afrikaners, een Asier, een van Russies oorsprong en een Amerikaner. Eersgenoemdes se borde is tot bo en hoer vol met 'n ekstra bordjie vol snitzels. Die Amerikaner kom sit maar sy was te laat vir snitzels maar kla nie. Ek's nogal omgekrap oor die ongeskiktheid (aangesien mens nie varkerig in hierdie land mag sê nie) van die hompe kos terwyl ander nie kry nie. Dan sê die dame langs Charmaine ewe, "portions too big" terwyl sy die self ingeskep het en sommer twee gevat het. Onmiddellik besluit ek dat Saterdag met die terugvoering ek beslis nie die koeksisters gaan uithaal nie, netnou bly dit ook op bordjies agter soos die snitzels terwyl ander nie kan eet nie.
Maar ons het nie net geeet nie al klink dit so. Na middagete het ek "tricks" vir 'n sessie. Sekere lede van die groep is so vol geprop van die kos dat hulle vas aan die slaap sit en wieg. Nie eers die ou se kunsies hou hulle wakker nie. Hier oefen 'n groep hulle toue en dit lyk amper soos 'n Voortrekkerkamp.Ek het die sessie geniet en hoe om die kinders stories te verstel soos bv van die Drie-enige God dmv toue. (Kyk op kindergroep blog volgende week) Die tieners moet weet, hulle is in vir 'n toertjie of twee.
Charmaine het die clowing bygewoon en sy kom trots vir ons haar "hond" met ballonne wys. Die groene is haar hond en die bloue hoe dit moes lyk. Seker sy sal dit mooi vir ons verduidelik. Na die sessies was dit tyd vir Vrae en Antwoorde by die verskillende kursusse en dan aandete. Die aandprogram het 7 uur begin as ons gelukkig was en daar was allerhande "skits" deur die kursusgroepe, sang en oordenking. Teen tienuur was die dag so te sê klaar. Ek's baie dankbaar dat ons wel in 'n hotel gebly het, en nie op die perseel geslaap het nie. Daardie arme mense het op 'n opblaasmatras geslaap en tussen almal net twee storte gehad. Party was maar erg knorrig aan die einde van die konferensie. As oud Voortrekkers het ons ons dae van grondslaap gehad, en as daar kinders was, sou ons saam met hulle in ongerief gebly het, maar as dit nie nodig is nie .... dan is 'n bed en stort opsie baie baie beter. Die kerkkompleks is egter baie oulik en ek vertel julle volgende keer kortliks hoe dit daar lyk.