Tuesday, February 20

'n Dag saam met James

Dis vir my lekker om ook te skryf oor wat in James se dag aangaan, want alhoewel ons veronderstel is om gewoond te raak aan hom wat ver van die huis is, verlang ons baie en praat ons van en met hom asof hy sommer net anderkant die duin is.

Hier is die hoof administrasie gebou op die kampus en die plek waar die kantore van die rektor ook is.


Dit sal baie gaaf wees as hy sy graad met vlieende vleuels slaag - hoop dis hoekom hy so oor die watervoortjie spring.

Nie Pretoria se kerkplein nie, maar Kovsies se "rooiplein". So vernoem oor die rooi bakstene en natuurlik Pres. Steyn se standbeeld.


Hierdie is die plekke waar hy buiten studie tyd uithang. Ek sien nogal nie boekwinkels en/of plekke wat enigiets met studies te doen het nie.

Die "brug" wat die kampus met die sportgronde verbind en al hulle winkeltjies en goeters is daar. 'n Koffiewinkel waar die maag gevul kan word.


Die bank en dis handig vir die studente om hulle eie een te hĂȘ waar enige transaksies gedoen kan word. Dis nie net 'n tellermasjien nie maar 'n volwaardige bank. (Hierdie paragraaf word nie deur ABSA geborg nie) En die "maag" moet vanuit Abu Dhabi gevul word.

Die vriendelike 7/11 vir al daai goedjies wat mens haastig nodig het. Gelukkig het die ou geleer dat hier koop is partykeer duur koop.

Dan Kovsie FM waar James al sedert sy eerste jaar werk. Vanaf Oktober verlede jaar is hy Nuus Redakteur/Bestuurder. Hy lees nog partykeer die nuus en het sy eie "show" naweke soggens tussen 7 - 10. Die naam is "Clean shaven".

Hier is James agter die mikrofoon besig. Die laaste paar maande geniet hy dit ook om advertensies of "jingles" te skryf.


Die kantoor waar hulle die nuus kry en navorsing doen vir die nuusberig.


Iewers tussen-in swot hy ook --- ek dink.

1 comment:

Anonymous said...

Ja...dit lyk my ek het nie tyd tussen in om te swot nie. Net altyd besig om baie niks te doen!
Ek het darem al 2 kwalifikasies agter my naam ne! Al is dit massage en vlak 1 rugby!