Sunday, January 30

Ons kuier in Pretoria

Behoorlik 'n vinnige heen-en-weertjie wat ek SA toe gehad het. Vakansie sal ek dit nou nie noem nie want daarvoor was daar net een daggie, maar tog was dit lekker om die reen te voel, donderweer te hoor, nuwe mense te ontmoet, met oues weer op te vang en les bes om langs die see te sit en die branders te hoor en ruik.

Die eerste "aksie" in SA was 'n werkswinkel wat ek, Charmaine en Elriza vir die jeugleiers van die Ringsjeugkommissie van Daspoort kon aanbied en watter groot blessing was dit nie. Ek het 'n klomp foto's van die geleentheid op die kindergroep blog geplaas vir hulle om af te laai, so julle kan daar ook gaan loer, maar hier in 'n kort opsomming ....

Page1

Een van die aktwititeite was worship en hier voor die mense kom oefen die twee een van die liedjies se bewegings. En nee hulle het nie probeer om die mense bang te maak of uit te koggel nie, dis net deel van die bewegings :-).


Page9

Ons het heelwat tussen-in nuwe liedjies aan hulle bekendgestel en dit sommer geoefen ook. Die leiers het onmiddelik aan die liedjies gevat en lekker saamgesing.

Page6

Die ouderdomsgroepe (dis nou die kinders waarmee hulle werk en nie die leiers nie) het ook saamgewerk om "ou" lesse bietjie op te kikker met verskillende maniere van aanbied sonder om aan die boodskap te verander.

Page10

Op die laaste dag het van die kinders ook kom saamsing en groot pret is gehad deur almal.

Page12

Na die laaste les wat gegaan het oor die reddingsboodskap het ons ook die wat die les onthou het, "beloon" met ietsie lekkers - altyd 'n goeie maniere om die boodskappe vir ons kinders oor te dra. Almal, groot en klein, oud en jonk het saamgespeel!

Dit was werklik 'n besonderse tyd saam met die groep leiers en ons is saam met hulle opgewonde oor die jaar wat voorle.

Geniet julle laaste dag van die naweek!

Liefde

Monday, January 24

Uit op ‘n leeujag

Het al 'n paar keer oor die wildpark hier in Abu Dhabi geskryf en dis altyd leker om vir die diere daar te gaan kuier.

DSC_0042

Hier is 'n paar foto'tjies wat William geneem het. Hierdie ou was nie baie lus vir mense nie .... wat 'n pragtige dier.

photo 1

Die rooi katte het maar rustig le en alles uitkyk.

photo 2

Lyk of hierdie ou koud kry - darem baie soos 'n huiskat.

DSC_0078

Hierdie tweetjies was baie lief vir mekaar. Hulle het 15 van hierdie bobbejane by iemand se villa gekry en hulle is nog ernstig besig om aan te pas.

photo 3

Is dit nie 'n oulike enetjie nie?

DSC_0092

Hierdie outjie het so gehou van kielie, hy het sommer so agteroor gele terwyl Elriza hom gekrap het.

DSC_0117

Met hierdie skilpad het ek sommer iets geleer. Hy het 'n ander een geboelie dat die bloed loop en sommer vinnig rondgeloop na 'n ander een vir nog 'n fight.

DSC_0133

Een van die wit leeus.

DSC_0136

Sy het met haar bene so teen die muur gele want dis koud van die aircon binne hulle kamer.

DSC_0140

Hierdie ou het so 'n bietjie in die middagsonnetjie gerus.

DSC_0146

William en Niel is maar versigtig terwyl hulle met die leeumannetjie kuier.

DSC_0195

Is hierdie luiperd nie pragtig nie?

Lekker om so in die woestyn bietjie uit te kom in die buitelug!

Groete hier uit 'n koeler woestyn.

Monday, January 17

Saam met die kinders en die rooi karretjies

Het lanklaas weer bietjie nuus gegee maar het so 'n goeie verskoning. Is tans in die Kaap vir 'n kort paar daggies.

Page1

Ek weet ek het al oor Ferari world geskryf, maar met William se kuier het ek besluit om self bietjie saam met die kinders te gaan kyk wat daar aangaan. Ons was redelik vroeg daar, maar self toe moes mens maar in die tou staan vir kaartjies. Gelukkig niks so erg soos die toue van besienswaardighede in Europa nie. Die kinders was bietjie teleurgesteld dat die vinnigste rollercoaster ter wereld af was vir die dag, maar ons het tog besluit om wel op die ander goed te gaan ry.

Page3

Die jongklomp het ernstig elke keer die kaart bestudeer oor waarnatoe hulle wil gaan en die twee "ou" tannies het geduldig saamgestap en behalwe op een ding aan alles meegedoen!

Page4

By 'n uitstalling van ou Ferrari motors, het elkeen sy keuse van 'n motor gemaak.

Page5

Vir kleintjies is daar hope pret en motorritte en mens kon jou verkyk aan hulle gesiggies soos hulle konsentreer om die motors te bestuur.

Page6

Die windtonnel moes natuurlik ook uitgetoets word - dis hier waar jy kan voel hoe vinnig die motors om die baan jaag.

Page7

Daarna is ons ook op 'n 4D rit wat net soos die ware jakob voel. Selfs as die motor deur water jaag, voel ons die water.
Page8

Kyk net hoe hou William se oe toe :-). Nog speelplekke vir die kleintjies en die jongklomp tydens 'n rit deur 'n "ferrari enjin" kom papnat daar uit.

Page9

Daar is selfs 'n rit "deur Italie" en ons het selfs van die bakens herken waar ons verbygery het gedurende ons "toer"

. DSC_0079

Weer 'n 3D rit wat ons hierdie keer moes brille opsit en ja ons ou tannies was by.

Page10

By gebrek aan die vinnigste rollercoaster wat nie gewerk het nie, is daar darem 'n ander opsie ook en hier maak die klomp reg om resies te jaag teen die motortjies op hulle linkerkant.

DSC_0104

Nadat ons baie gestap en gedoen het, is dit tyd om huistoe te gaan en die kinders maak al klaar plan hoe hulle "die volgende keer" se ritte sal aanpak.

Groete uit die Kaap

Friday, January 7

Laaste paar daggies vir William

Seker loshande die aktiwiteit wat William die meeste geniet wanneer hy hier by ons kuier in Abu Dhabi...kayak! Dus met Niel wat hier kuier, moes sy sussie en William hom ook die ondervinding laat ervaar.

DSC_0003

Die drie luister mooi na die gids. Met William en Elriza altwee "ervare" kayakers in die dorp is Niel verplig om ook die 3 uur eiland roete te doen.

DSC_0009

Die twee "pro's" wag vir die ander om in die water te kom.

Page2

Dan is almal bymekaar en daar gaan hulle.

DSCF1433

Nog 'n ruskans of wag hulle vir die agterosse om ook in die kraal te kom?

DSCF1448

'n Eiland naby die dorp waar hulle bietjie bene rek. Kyk net al die flaminke.

Page3

Paddle board is deesdae ook die in-ding hier en die klomp oefen terwyl hulle rus. Ek weet nie presies wat William in die bosse maak nie, maar met die kamera is hy verseker uitgevang.


DSCF1492

Oppad terug maak hulle ook weer 'n draai in die Mangrove ... Ek weet sommer dat daar nog 'n paar ritte vanjaar gaan wees!

Hoop die Nuwe Jaar is sover goed vir julle!

Liefde

Monday, January 3

Die dorp gaan die Nuwe Jaar in

Die nuwe jaar het al klaar weer begin hardloop ....

DSC_0009

Ou Jaarsaand het ons op die Cornish gekuier en gewag vir die vuurwerke wat 12 uur sou plaasvind. Windstil, spieelglad water en vrolike liggies het mooi prentjies gemaak.

DSC_0090

Maar eers het ons lekker gaan fliek en ietsie gedrink om die wagtyd korter te maak.

DSC_0161

William was in beheer van die kamera vir die aand en het eers rondgespeel sodat hy die aandliggies stelling kon uitwerk. Die ou Hilton hotel van die winkelsentrum se kant af.

DSC_0167

DSC_0168

DSC_0187

DSC_0193

Abu Dhabi skyline uit verskillende hoeke terwyl ons wag. Die liggies het die mooiste patrone op die water gemaak.

DSC_0214

Iemand het ook een of twee Chinese lampe/kerse opgestuur wat die mooiste prentjies gemaak het. Ons het gedink hoe mooi dit sou lyk as daar honderde opgestuur sou word.

DSC_0238a

DSC_0246b

DSC_0247a

DSC_0248a

DSC_0250a

DSC_0252a

DSC_0268

DSC_0269a

DSC_0271a

DSC_0272a

DSC_0275a

Die vuurwerke was eintlik was eintlik vanjaar 'n teleurstelling, want ipv dit al langs die Cornish te he, was daar slegs vuurwerke by die Emirates Palace hotel. Gelukkig kon ons dit sien en afneem.

Hoop dat 2011 vir julle 'n baie besonderse jaar gaan wees!