Thursday, February 1

William speel in die Cager Classic Toernooi



William en die res van die Varsity Basketbal span van AISA (afkorting vir die skoolnaam, American Internantional School of Abu Dhabi) het vandag Dubai toe vertrek om deel te neem aan die Cager Classic Toernooi. Agt skole, oa ook van Jordan en Turkey, neem deel. Hier is die span voor die skoolhek. Die kort ou op die regterkant is die busbestuurder wat nie wou padgee uit die foto nie. William staan tweede van links in die tweede ry. Die lang ou van die span.

Ook maar moeilik om vir die ou te gaan groet by die bus, hy's heeltyd besig om met die meisies "spanpraatjies" (vermoed ek) te hou. Die twee meisies direk langs hom, links is Almari vd Merwe en regs Olivereen vd Merwe is Suid-Afrikaners. Die seuns het ook twee Suid-Afrikaners in hulle span.



Uitgevang!!!! .... William kry net nie vir die meisies bye gesĂȘ nie!!

Sal julle vertel wat met die toernooi gebeur het.

No comments: