Tuesday, May 22

Uitreik in die woestyn

Die somer is ernstig besig op spoed op te tel hier en dit raak al lekker warm.  Temperature in die hoog 40's is nou aan die orde van die dag.  Alhoewel ons a/c's het orals, is die kort afstand van jou "koel" huis na die motor waaaarmmm!!!  Amper almal in die dorp kry erg warm, maar as daar een groep is wat ek jammer kry, dit die arbeiders wat in die hitte moet werk.  En hulle bly nie noodwendig is sulke koeler omstandighede soos ons nie.  Die wette van hierdie land se dat elke inwoner moet 'n minimum van 3 vierkante meter leefspasie he - kyk bietjie hoe groot is dit. En behalwe vir die klein lone deel hulle ook hul akkommodasie met baie ander. 

Page1
Ons kerk en veral die kinders het betrokke geraak met 'n uitreik aksie na die arbeiders -  vir 'n maand lank is daar elke kerkdag goed gekollekteer.  En verlede week was dit tyd om alles in die boksies te pak. 

6711524

Dis 'n projek wat orals oor die wereld aangepak word.  Daar is 'n spesieke lys van wat in die boksies moet gaan dan koop jy hoeveelheid bokse om vol te maak.  Met die vol bokse word daar dan 'n "partytjie" vir die arbeiders gegee waar die geskenkies oorhandig word met storie van Jesus se liefde.
Page2

Die kinders het in plaas van die gewone boksies, elkeen met boodskappies versier.
Page3

Die bokse nadat hulle versier en volgemaak is. 'n Goeie manier om ook ons kinders te leer om iets vir ander te doen.