Wednesday, February 7

Langs die Cornish - Deel 2

Alhoewel dit nog steeds dynserig in die lug is, het ons vanaand nog 'n deel van die Cornish aangedurf. 'n Bietjie korter as die vorige keer - met 'n hele end tussen hierdie deel en die vorige deel wat uitgesny is - die pad na die mall, Marina Mall.

Ons begin weer by 'n duikweg en hierdie een het heeltemal ander tonele. Al sien mens dit hoeveel maal oor is dit altyd mooi om hierdie mosaikwerk te sien.

Die wit paleis, waar die Sheikh oorspronklik gewoon het word uitgebeeld in mosaik. Hierdie paleis word nie meer bewoon nie, dit is nou 'n besinswaardigheid.

Die van julle wat al kom kuier het, is almal met so 'n foto waar julle saam met hierdie meisies verskyn, huistoe! Die mosaikwerk beeld die vroue uit wat 'n tradisionele "hare-dans" doen.

'n Entjie verder af in die straat is die Hilton Hotel wat die eerste "hotel" in die dorp was. Mens kan dit op ou foto'tjies van die dorp herken. Hierdie hotel het een van die mooiste privaat strande in die dorp.

William skaats vooruit. Kyk die teelwerk op die sypaadjies.

Aan die ander kant van die Cornish is Marina Mall ....dis waarheen ons oppad is. Lekker mall om te shop Marie.

Die Emirates Palace Hotel (7-ster) op ons regterkant. Sal julle nog gaan wys hoe dit binne lyk. 'n Lekker plek om te besoek vir tee. Mens kry heerlike sjokolades met goud op om te eet.

Orals is daar foto's van die ou Shaikh Zayed Al-Nahyan. Hierdie een staan by op die hoek van die straat oppad mall toe.

William se tong hang uit. Hy's dors en dis nog 'n entjie mall toe.

Die Cornish waar ons vandaan kom op die agtergrond. Kyk hoe dynserig is die lug, 'n teken dat die hitte oppad is.

Die water is net effens "stormagtig" vir Abu Dhabi. Twee dhows (bote) en 'n polisieboot lê vasgemeer.

Amper daar. Hierdie is die Marina Klub waar die bote vasgemeer word en net oorkant die mall.

Nog 'n marmer "monument" met teelwerk van die ou Sheikh wat amper twee jaar gelede oorlede is.

Die bootjies van nader. Ek dink ek het die foto weer sodat julle die dorp "weggesteek" kan sien op die agtergrond.

Eindelik die mall!!! Hier is 'n deel van hom. Ander dag wys ek julle meer van Marina Mall. Al wat ek kan sê is dis die lekkerste inkopie mall in Abu Dhabi en BAIE groot!

3 comments:

Anonymous said...

Baie dankie vir die fotos van die "mall". Kry familie nie gratis vliegkaartjies nie?????? (Vra maar net hoor)Hier by ons voorspel hulle lekker reën en yskoud in FEBRUARIE. Sal aan jou dink!!
Liefde
Marie

Anonymous said...

Kom dan maar een-een kuier. Is dit nie tyd nie?

Anonymous said...

Wens ek kon!! Kry vir my 'n special deal..........................................XX