Friday, September 23

Maanlig kayak

Die Abu Dhabi jaar het begin! En met 'n bang want ons is lekker besig met al die groepe en hulle aktiwiteite.


DSC_0015


'n Paar van die jong volwassenes het kans gesien om die laaste bietjie van die hitte aan te durf en weer te gaan kayak. Natuurlik is dit "koeler" in die maanskyn en die water is net louwarm ipv kokend.


DSC_0030


Hulle luister mooi na die veiligheidsreels want al is dit windstil, gaan hulle nog steeds op die see uitroei.


DSC_0052


Elriza spring weg met die dorp se liggies op die warm.


DSC_0054


Is dit 'n benoude kyk Nelmari? Dis mos nie die eerste keer wat jy dit doen nie? :-)


DSC_0058


Die hele groep op hulle kayake oppad die diepsee in.


DSC_0066


Twee uur later en hulle is terug ...


DSC_0070


Kyk net hoe nat is hulle klere, en dis nie omdat hulle in die water geval het nie .... dis die humiditeit.


DSC_0074


Dit kon nie so erg wees nie, daar is nog glimlagte orals.


DSC_0075


En nou gaan ons spring. Een ...twee...drie!!! (Die sprong sal op die groepblog wees)


'n Lekker begin vir die jaar!


Amper naweek vir julle, geniet dit!


Thursday, September 15

Waar bou die wyse man nou weer?

Kinders dink baie letterlik en die figuurlike boodskap van bv ‘n liedjie sink nie noodwendig in as hulle dit sing nie. Meeste van ons het op een of ander stadium daai liedjie van “die wyse man” wat sy huis op die rots bou gesing. Kan jy onthou watter prentjie jy in jou kop van die liedjie gehad het? My prentjie was van ‘n groot sterk rots op die strand waarteen die branders geslaan het, maar my huis was veilig. Ek dink hier in die woestyn kan daai woorde heeltemal ‘n ander prentjie word.


DSC_0020


Behalwe vir groot, hoe, blink, indrukwekkende woonstelgeboue, is hier ook pragtige villas. Party klein en ander heelwat groter met baie ruimte. Hierdie kan van die sandduin waar ons bly, skiet daar elke dag nuwe villas op. As die SAffers hier kom en blyplek soek, is een van hulle vereistes gewoonlik ‘n ou plekkie om te braai ook, so mens soek villas nie woonstel nie.


DSC_0015


So ‘n paar dae terug oppad na Charmaine toe, ry ek stadig verby een van die klomp villas wat hulle hier bou en kan ampertjies nie my oe glo nie.


DSC_0012


Kyk die bouwerk.


DSC_0013a


Die openinge word sommer met klippies opgevul. G’n wonder die huise kraak so nie. Hulle word net netjies toegepleister en dan kyk ons almal met verlangende oe na die mooi villas en lekker spasie vir 'n braaiplekkie.


P1040219


Maar mens kan nie altyd dingetjies toepleister en wegsteek nie, op ‘n stadium val alles inmekaar.


P1040220


Hierdie villa so ‘n blok van ons is hulle besig om “reg” te maak – sommer net die krake toe te pleister dat niemand sal weet dit het so gelyk nie.


P1040221


My nuwe prentjie van die liedjie is dus nou bietjie anders. Die verstandige man bou sy huis op 'n rots (fondament), maar die dwaas oorweeg nie eers die risiko's en uitdagings wat sy huis in die toekoms sal moet trotseer nie. Hy sien net die oomblik raak en wil so gou as moontlik intrek met geen sekerheid dat die huis die toets van die tyd sal deurstaan nie.


By ons breek die naweek vandag aan. Lekker week vir julle!


Saturday, September 10

Laaste stuiptrekkings van die vakansie

Die hitte van die woestyn en die ongelooflik besige maar opwindende wegspring van die nuwe jaar hier hou ons warm en besig :-) en tyd vir blog is daar ampertjies nie. Dis reelings en beplanning vir die kinderbediening, vroue retreat, kamp, groepe wat begin en ander lekker dinge soos 'n jeugsentrum wat begin gaan word en 'n uitreik aksie na Namibia wat nog gefinaliseer moet word. Laasgenoemde is iets waarna ons baie uitsien en die behoefte daar is groot, maar ons moet binne die volgende tien dae nog fondse daarvoor kry.


So met al hierdie dinge kan ek nog so 'n bietjie aan die vakansie herinneringe vashou. Ek loer so bietjie wat het ek nog nie op my foto-dagboek gesit nie, en sien dat Nelmari regdeur die vakansie 'n "tema" gehad het..... DIERE.


DSC_0018DSC_0022


Maak nie saak waar en wanneer ons iewers was nie, sy het die diere soos 'n magneet aangetrek. Die kat op Plettenbergbaai het gou gesien hier word daar lekker aandag uitgedeel en Rene se ou grote het self van 'n ore-krap gehou.


DSC_0117DSC_0297


In butterfly word het die apie haar uitgesoek om te kou en die pappagaai was ook heel gemaklik om op haar arm te sit en eet.


DSC_0312


Die eende het ook nog 'n eiertjie kom le.


DSC_0052


By die dieretuin kan mens nie sommer net aan die diere vat nie, maar as en wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, was Nelmari daar om dit te gebruik.


DSC_0183


Lyk amper asof hierdie ou gesmeek word om te kom kennis maak.


DSC_0137


Ganse het kom geselsies aanknoop ...


DSC_0170


En die donkies by Eseltjiesrus het almal kom aandag soek.


DSC_0319


Hierdie ou bok het ook nie 'n probleem met ore krap nie.


DSC_0222 DSC_0228


Die honde in die restaurant het haar ook kom opsoek vir bietjie aandag (nie dieselfde Great Dane as op boonste foto nie).


DSC_0211


En net as mens dink sy het genoeg gehad van donkies, is die klomp naby Dassiesfontein vinnig daar om bietjie aandag te kry.


Gelukkig het sy nie ingeskryf om veartskunde te swot nie, want dan sou sy al die diere in die koshuiskamer wou aanhou.


Geniet die rugby en mag die beste span more wen


Go Bokke!


Saturday, September 3

Was so lekker

Dis lente in Suid-Afrika en hier tussen die duine het die sandstorms die herfs heeltemal verjaag en ons kry nog warm, baie warm!!!!


Lekker om darem so deur die vakansie foto's te gaan en die mooi van ons land te sien en sommer van hulle op my foto-dagboek te laai.


Page1_0


Een van ons draaie was in die rigting van Darling en ons kon ook vinnig by Evita se kuierplek stop. Alhoewel dit toe was, was daar wel 'n heerlike klein restaurantjie op die dorp oop vir ontbyt.


DSC_0383


Vir winterweer was ons regtig geseend met heerlike sonskyn sodat ons die see en uitsig kon geniet.


DSC_0388


Hier gebeur alles teen 'n hiper-rustige pas ... Van die grootste verkeer is soggens half tien by die winkel, wanneer die warm brood uit die oond kom.


DSC_0413


Die kinders het dit geniet om bietjie "koeler" aan te trek en sommer verspot te wees.


Page1


Daar is tot na sonsondergaan op die strand rondgespeel.


Mis die see wat ruik en die heerlike koel warm weer.