Monday, August 29

Heerlike wintersdag

Tydens ons paar daggies in Johannesburg is daar 'n paar opsies genoem waarnatoe ons kon gaan, aangesien Nelmari nog nooit daar was nie (elk geval nie waarvan sy kan onthou nie). By die noem van dat daar 'n dieretuin is, was sy al opgewonde en daarom is sy die een gewapen met die kamera hierdie keer :-).


Page2


Ekself was ook nog nooit daar nie, ons het maar meestal Pretoria dieretuin besoek. Nie die mooiste tyd van die jaar wat groen betref nie, maar met die bloeisels en 'n heerlike sonskyndag was dit 'n heerlike uitstappie.


Page1


Die dieretuin se geskiedenis begin reeds in 1904 toe die grond aan hulle geskenk was en eers in 1960 rond het hulle hokke begin bou waar diere in soort van natuurlik omgewing kon bly. Dit lyk asof daar baie gereeld nog hokke opgegradeer word. Hierdie beer het bietjie gefrustreer in sy omgewing gelyk, alhoewel hy 'n pragtige hok het


. Page3


Nelmari het elke liewe dier of diertjie, wat sy gesien het afgeneem, van die voels tot die groot ou olifant.


DSC_0052


Hierdie ou groot "karperd" was 'n treffer by die meisies want hy het die aandag vreeslik geniet.



Page4


Die ouens in die hokke was maar lekker lui in die wintersonnetjie.


DSC_0155


Ons self het die son geniet en lekker gesit en boerewors rolletjies eet en rus.


DSC_0189


Die poue was regtig uit om al die vroue te beindruk en het heerlik vir die kamera 'n vertoning opgesit.


DSC_0197


Natuurlik soos altyd kan mens lang tyd by die apies spandeer.


Page5


So klein soos hulle is, het die meerkatte almal groot pret verskaf met hulle "show" vir die kamera. Dit was 'n heerlike dag om sommer so tussen die diere te kuier.


DSC_0286


Net so voor ons terugvlieg Abu Dhabi toe, het ons ook by die Moyo restaurant by Zoo lake gaan eet. Die meisies wys hulle geverfte gesigte ....


Mooi week vir julle almal!


Monday, August 22

‘n Wonderlike geleentheid

Net so na die kuiertjie in die Kaap het ek en Nelmari 'n wonderlike geleentheid gekry om saam met Elriza en Charmaine by 'n projek in Johannesburg te help. Sonder om die hele storie te vertel .... kyk gerus hier vir die storie.


'n Pastoor in Johannesburg het 'n behoefte/nood raakgesien om 'n kleuterskool in 'n moeilike gebied te begin. Die ouers het vroeg soggens gaan werk en met die ouer boeties en sussies op skool, het 6 jariges partykeer na kleiner boeties en sussies gedurende die dag gekyk. Vir die skool het sy net 'n gebruik van 'n ou koue slaghuis kon kry en met hulp is daar later matte, stoeltjies en oa tafels aangekoop. Die plek is regtig soos 'n yskas en met die koue weer in Johannesburg het ons onsself behoorlik warm gebewe.


Page2_0


Die eerste dag het ek en Elriza met die leiers van die skool en omliggende kleuterskole gewerk en hulle oa bekendgestel aan 'n oulike boek waarmee hulle deur kleure die kinders meer van die evangelie kan leer.


Page1_0


Terwyl ons besig was het Nelmari en Charmaine vir die kleuters nuwe liedjies geleer en die volgende dag is een van die lessies ook met die kinders gedoen. Maar gaan lees gerus die hele storie.


Dit was 'n wonderlike geleentheid om te sien hoeveel passie die leiers het wat met die kinders werk en hoe hule met 'n sagte woorde en liefde nie net se nie, maar ook demonstreer dat Jesus vir elkeen van hulle lief is. Ek moet by se dat ek nog nooit 'n groep kleuters so gehoorsaam en in 'n roetine gesien het nie.


Dankie julle dat ons ook kon deelwees hiervan!


Wednesday, August 17

Lekker by die see

Die weer in SA het ons regtig vanjaar uit ons sokkies gebless. Wanneer ons by die huis gebly het, was dit lekker koud en nat met heerlike reen en wanneer daar 'n uitstappie beplan is, het ons koel maar sonskyn weer gehad. Ons kon regtig nie beter vra nie.


DSC_0021


Net so voor William se terugvlieg Bloemfontein toe het ons ook kans gehad om bietjie in die Kaap self rondteloop. Die dag is afgeskop met 'n ontbyt in Bloubergstrand saam met tannies en 'n niggie.


Page1


Dit was by die Moyo restaurant in Blouberg en natuurlik het almal se gesigte 'n prentjie opgeverf gekry. William het geen probleem gehad as die enigste haan onder die henne om ook geverf te word nie.


Page2


Soos gewoonlik wanneer die tannies teenwoordig is, is daar baie fun gehad so tussen die etery deur. (Tannies meer foto's op die familieblog).


Page3


Nelmari wou gaan putt-putt en ons is Seepunt toe waar ek self jaaaaarreeee terug gereeld gespeel het. Ek was so bly dat hulle liewers buite as in 'n mall wou wees. Aan die einde van die middag was William en Monica se name op die bord as die laagste tellings van die dag. Daar was nie 'n veteraan telling nie, anders kon ek dit maak :-).


Page4


Aangesien hulle nou te groot is vir die blou treintjie waarop hulle soveel pret gehad het as klein kindertjies, het hulle besluit om die maze aan te durf. Vir 'n slag was hulle sonder die mammaratzi maar in haar plek iemand nog baie erger .... will-i-am-ratzi!


DSC_0186


Op Nelmari se lys vir SA was ook 'n draairoomys met flake en gelukkig kon ons dit vandag ook af tik. 'n Heerlike dag saam met die kinders!


Liefde vir almal


Monday, August 8

'n Bietjie geskiedenis in die veld

Na 'n paar heerlike koue dae met reen, is daar eintlik weer 'n bietjie sonskyn en 'n kans om een van die plekke op my lysie te gaan besoek.


Page1


Die iKhwa ttu is 'n plek waar mens meer van die SA San of Boesman menses kan leer en sommer met die inry by die hek is ons al opgewonde toe die bokke sommer so voor die motor oor die pad verby loop.


Page2


Die kultuursentrum is 'n pragtige ou huis met 'n moderne ontvangs en 'n lekker warm kaggel vir die koue. Net langsaan is 'n tradisionele restaurant met die interessante disse op die spyskaart.


Page7


Die toer begin waar ons dmv foto's meer van die San kultuur leer en dis ook interessant om te hoor dat die San-mense eers die gebruik van 'n kamera geleer het, toe die tegniek van foto's neem sodat dit hulle eie foto's is wat gebruik is vir die storie.


DSC_0074


Dan leer hulle 'n paar van die taal se "tongklappe" en om so 'n paar woordjies te se. Die drie van hulle konsentreer hard op die papier oor hoe om die klanke te maak.


Page5


Tradisionele tekeninge is deur drie van die San mense gemaak - dit beeld hulle geskiedenis uit. Die prent onder regs beeld bv ook die San mense wat saam met ons soldate destyds in Angola geveg het


DSC_0078


Deur die venstertjie van een van die prente. Julle kan sien dit was maar lekker koud.


Page8


Dan stap ons op 'n voetslaanroete om na die plante en blomme te kyk en ook te ruik. Party ruik duidelik nie so lekker nie.


Page9


Ons kyk ook na 'n tradisionele stat en hoe hulle gebly het. Duidelik nie gemaak vir lang mense nie.


DSC_0113


Een van die huisies oppad terug na die kultuursentrum toe.


Page10


Vir die volgende deel van die toer sit ons agter op 'n wa en trekker terwyl ons deur die "reservaat" ry.


DSC_0133


Orals is springbokke, zebras, bontebokke, volstruise ens. te sien. Ook tradisionele huisies. Tot teleurstelling van die kinders word die jaggedeelte van die toer weens die weer nie gedoen nie, maar miskien 'n volgende keer.


Page11


Ek's bly ons het ook 'n bietjie van die geskiedenis gaan leer en dit was regtig 'n heerlike dag buite in die veld al was dit ook ysig koud.


Ons kuier nog lekker!


Friday, August 5

Sonskyn en skoenlappers

'n Heerlike sonskyn dag in die Kaap en met William wat nou ook saamkuier, ry ons bietjie rond en besoek Butterfly world. Alhoewel dit 'n slegte tyd van die jaar is vir die skoenlappers, gee ons dit nogsteeds 'n probeer en is glad nie spyt nie.


Page1


Oulike kennisgewings borde orals in die "tuin".


DSC_0046


Hulle is orals rondom, bo-oor en onder mens en jy weet nie wie of wat om af te neem nie.


Page2


William gryp vinnig die kamera om die skoenlappers af te neem en daar is soveel mooi foto's geneem.


Page3


Ons spandeer ook 'n tydjie by die papies en sien hoe heelparty skoenlappers hulle eerste verskyning maak. Amazing.


Page4


Die apies sorg vir groot pret - William word "gemerk" en Nelmari gebyt toe sy hom nie wil toelaat om in haar hare te kruip nie. Monica se hare word ook beetgekry.


Page5


Hierdie groottes steur hul maar min aan die mense en le lekker onder die warm ligte.


Page6


Die spinnekoppe en slange is nie my gunsteling nie, maar ons loer darem. Die groot ou padda slaap deur al die lawaai.


Page7


Die voels is 'n groot hit en ons geniet dit om deur hulle hok te stap en verkyk ons na alles wat hulle doen.


Page8


Hierdie ou geniet die aandag en die gekrap tot groot vermaak van die kinders.


DSC_0317


Dan so 'n draaitjie of twee deur die Paarl voor ons stop vir middagete.


Page9


Hulle bestel vir Nelmari 'n "gewilde" drinkding en dit is haar reaksie daarop. (Natuurlik gaan ek in die moeilikheid wees vir die opsit van die foto's)


Lekker in die Kaap en lekker om bietjie saam met William ook te kuier.


Wednesday, August 3

‘n Familie vroue saamtrek

Dis altyd lekker om weer vir 'n bietjie in mens se eie land te kuier en om dinge soos koue, reen, lekker sonskyn, mooi groen (dit sluit cream soda vir Nelmari in), ocean basket, wimpy koffie, ens. te geniet. Petrol- en kospryse is natuurlik nie so 'n groot plesier nie. Om familie en vriende te sien bly ook 'n groot bonus. Ek het nie net ou-ou vriende van skooltyd opgevang nie, maar ook 'n heerlike vroue saamtrek van die familie gehad. Ons eie vroue dag.


Page1


My niggie Rene en haar dogters het reeds vroeg-vroeg alles reggemaak vir die vrouedag. Daar was 'n hoekie vir opdress, 'n hoekie waar jy kon foto's neem met ou fotos wat uitgestal is, en 'n lekkergoed hoekie.


Page2


En natuurlik die hope en hope eetgoed. Daar is baie lekker rondom hierdie eetgoedtafel gekuier en gelag.


DSC_0111


Nelmari het sommer wonderlike kontakte opgebou vir wanneer sy volgende jaar in SA swot en ek weet daar gaan goed na haar maag gekyk word :-). Ook het sy die geleentheid gehad om met haar niggies op te vang en die enigste nefie by die reunie.


Page3


Daar is vreeslik gekuier en gesels en foto's gewys van almal wat nie daar kon wees nie.


DSC_0130


Al drie die oorlewende susters en ses skoonsusters was daar en die drie tannies en een van die skoonsusters het vir ons 'n wonderlike item gelewer. Die mense het gele soos hulle lag terwyl hulle die familiegeskiedenis "ge-item" het. (Ek sal video clips op die famlieblog sit)


Page4


Behalwe die lekker eet en gesels was die groot gelag. Orals het daar gedurig 'n gelag uitgebreek en dan was mens baie nuuskierig om te weet wat daar gese is. Dis nou een ding van die klomp, hulle is nie skaam om pret te he nie.


Was 'n heerlike dag met wonderlike herinneringe. Dankie vir almal van julle wat gekom het!


(ps Sal baie van die honderde foto's op ons blog sit)