Thursday, September 27

"Happy Feet"

Die ou kuiertjie in SA was maar kort, en gelukkig kon ons oppad van Stellenbosch vinnig 'n draai by die pikkewyne gaan maak. 

DSC_0158

Net langs Wallers way in Bettiesbaai is die Stony Point pikkewyn kolonie en as jy nog nie daar was nie, is dit 'n plek om te besoek.
DSC_0271

Die Afrika pikkewyn wat die enigste pikkewynspesie is wat mens in Afrika kry en op gelys word as 'n bedreigde spesie word hier aangetref en mens kan hulle sommer lekker van naby sien. 

DSC_0272

Mens volg so 'n houtpaadjie deur die kolonie. 
DSC_0188

Die eerste pikkewyn neste hier is in 1982 ontdek en tans is daar oor die 1000 broei pare hier.  As julle mooi sien, sal julle van die neste op die foto sien. 
DSC_0220

Daar word mooi rekord gehou van die pare en die neste is genommer om die taak te vergemaklik. 
DSC_0176

Die vere van 'n pikkewyn beskerm hulle teen die koue van die water.  Hierdie twee het nog ernstig nie hulle serpies afgeskud nie. 

DSC_0218

Die klomp het lekker in die koue water geswem en in die wintersonnetjie gestaan en droogword.

DSC_0213

Die Afrika pikkewyn kan tussen 3.1 - 3.6 kg week en word tot 40 jaar oud. 

DSC_0224

Daar was sommer baie kleintjies en ek het gewonder oor al die tweelinge.  Maar dit is heeltemal normaal want twee eiers word gelei en dit vat net so bietjie langer as 'n maand om uit te broei.  Beide ouers help met die versorging en die broeipaar bly hulle hele leeftyd saam. Hierdie tweetjies het nog al hulle dik veertjies gehad.

DSC_0265

Hier word rekord gehou van al die pikkewyne soos hoeveel broeipare daar is, hoeveel kleintjies, ens. ens.  
DSC_0246

Die tweetjies  wil sommer gelyk middagete he. 

DSC_0227

Dit is so 'n mooi omgewing om te stap en die voels en pikkewyne te geniet. 

DSC_0267

So as jy nie regtig wil pikkewyne kyk nie, is dit nog steeds 'n mooi paadjie om sommer bietjie te stap en die mooi uitsig te geniet. Behalwe dit het ek natuurlik ook die lekker koue seelug geniet.

Lekker naweek vir julle

Monday, September 17

Dit kan net hier gebeur - 12

Alhoewel dit 'n land is waar baie van die "olie" vandaan kom, en brandstof redelik goedkoop is, is daar nog een ding wat net hier kan gebeur ....

251151_4424270172714_2067037227_n
Maak nie saak watter tyd van die dag of nag nie, die vulstasies lyk altyd asof die petrolprys opgaan want daar is toue en toue motors.  Hierdie foto is net voor 12 in die aand geneem ... en die prys sou regtig nie om twaalf verhoog het nie.

Thursday, September 13

Tyd vir 'n blaaskansie

Die uitreik was nie net werk nie, en na 'n besige week, was dit heerlik om weereens 'n besoek aan die Etosha Nasionale Park te bring.  Anders as die vorige keer, na die groot brand, was daar volop kos en die diere was in 'n uitstekende kondisie.

DSC_0404

Dis nog 'n bietjie droog daar, tot voordeel van ons kykers, want die diere was orals oppad na die drinkgate wat naby aan die paaie gelee was.   

DSC_0486

Ons kon vroegoggend by die eerste uitkykpunt gaan koffie en kyk hoe die diere kom "ontbyt". 

DSC_0482

En hulle het, alle soorte.  Kon self sit en kyk hoe die diere anders as mense, geduldig wag vir die ander totdat dit hulle beurt is.   

DSC_0582

Hierdie klompie was oppad na 'n ander watergat vir middagete.   

DSC_0603

En hier was daar nog 'n groter verskeidenheid te sien.   So anders as ons vorige wildtuin by die huis ervaring.  William se kommentaar as eerstekeer besoeker:  "hiertoe is 'n wildtuin vir beginners, mens hoef nie so hard te soek nie" :-)  
DSC_0666

En toe wou ons olifante sien en enige dier, donker van kleur van ver is gesien as olifante.  Met een so 'n kyk is die eerste olifante gewaar en die ou wat eerste was is ge-high 5 en alles.  Vra ek vir Elriza of sy ook die olifante sien en 'n foto kan neem en sy antwoord nie.  Weer 'n keer word daar gevra en toe kom die antwoord:  "ek sien die olifante tannie, maar as ek inzoom dan is dit zebras".  Die spesie het toe 'n olibra geword.  Gelukkig het die olifante vir ons by die volgende watergat gewag.  'n Trop van 40+ waarvan ons honderde foto's geneem het, en wat ons baie lank ge-entertain het.  

DSC_0754

Behalwe vir die leeus wat ons nie van naby kon sien nie, was dit 'n heerlike dag van sommer net ontspan en naby aan dit wat God geskep het te kon wees.   

DSC_0774

En hoe het ons dit geniet om die aand ook in die "veld" deur te bring.  

DSC_0791

Ons het by een van die tentkampe oorgebly en dit was groot bederf.   

DSC_0798

Die volgende oggend kon ons bybelstudie in die natuur, wat vir ons hier in die woestyn nie eintlik moontlik is nie ... en toe is dit terug vir nog 'n bietjie werk.

Monday, September 10

Dit kan net hier gebeur - 11

Nog 'n padteken, maar een wat lekker is om te sien ...

11

Hier loop werklik baie kamele rond in die woestyn en dis niks snaaks om hulle langs die pad, of selfs in 'n motor te sien as mens bietjie uit die dorp uit ry nie.  En nou praat ek net van middestad dorp, want sodra mens sand kry, is die kanse goed dat daar 'n troppie iewers sal wees.  

Die mense mag dalkies hulle geld uit toeriste en olie maak, maar hulle kamele bly nog hul rykdom en trots.


Sunday, September 2

Dit kan net hier gebeur - 10

Die padtekens hier kan nogal snaaks wees hier in die woestyn en meestal vir hulle manier van se en die spelling.

 
10
 
Hierdie een is maklik, dis 'n voetoorgang vir mans met rokke :-).  Kon net sowel gewees het, "hardloop vinnig want ek stop vir niks en niemand".