Showing posts with label Abu Dhabi. Show all posts
Showing posts with label Abu Dhabi. Show all posts

Friday, June 27

Verjaarsdag Dhow


Soos in baie jare vantevore, word James en Elriza se verjaarsdag saam gevier.

Page1

Baie jare terug toe hulle 21 geword het, het ons dit op 'n boot langs die Cornish gevier en vanjaar het ons gedink, dit sal dalkies weer 'n goeie idee wees.   
DSC_0022
Was baie lekker om William ook vir die aand saam met ons te he.  Hier wag die ou vir die ander om te kom.  
Page2

Vanaand was 'n vaste spyskaart, en die kos was baie smaaklik.  Baie tradisioneel van hierdie land en Lebanees. 
DSC_0069

Intussen is die dhow ook besig om langs die Cornish af te vaar en die groot vlag lyk mooi so in die lig.  
Page3
Na ete gaan sit die klompie buite en geniet die vaart.   
DSC_0099
Die verjaarsdag twee het dieselfde pose as 8 jaar terug,  net sonder die koek :-).   
DSC_0106

Die verjaarsdagman James en Leane na die tyd.  

DSC_0113
Die verjaarsdagmeisie en haar ma Charmaine en William.  
DSC_0110
Die jong klomp ... heerlike aand saam met hulle gewees!


Monday, June 23

High tee op vloer 74

Om na klomp jare in die land nog nuwe plekke te sien en ervaar bly 'n groot lekker en met Elriza se verjaarsdag wou die vroue iets nuuts probeer.  
Page1

Onder groot geheimhouding is die high tea op 'n baie hoe plek gereel en sy het nie eers 'n klein bietjie snuf in die neus gekry nie.  Toegegee ek moes oppad soontoe 'n paar wit leuentjies vertel, maar alles deel van die fun. 
Page2
Die tee en kuier saam met die jong klomp was lekker, maar ek het dit ook geniet om te sien hoe die dorp die laaste paar jaar verander en gegroei het.  Mens kan terugkyk en se "ooo daar was die Ladies Club" of "oooo daar het die kinders vlieer gevlieg jare terug" en nou is dit net 'n gewoel soos hulle nuwe plekke bou. 
Page4

Met al die water/see kan mens eintlik nou regtig sien dat Abu Dhabi die dorp op die eiland regtig omring is met water.  
Page5
En om te dink daai eiland waarop die groot mall gebou is, was destyds net see en dis mensgemaak.  
Page3
En intussen het die verjaarsdagmeisie dit baie geniet!   
DSC_0212
Die 74ste vloer en hoogste uitkykplek in Abu Dhabi, is beslis die beste plek om 'n high tea te hou.   Was baie lekker!

Wednesday, January 1

Oujaar by die see


Laaste dag van die 2013 jaar en ons kry bietjie kans om saam met Lara by die see te wees.

Page1
Die juffrou geniet dit om in die sand te sit en die son.  
Page2
Dis 'n heerlike "herfs" dag en almal ontspan lekker.  Nelmari en Elriza gebruik ook die kans om bietjie te kayak.
Page4
Ai en die sand tussen mens se vingers is soooooo lekker.  
Page6
Hoe kan mens dan nou nie gelukkig wees met almal se aandag en liefde nie .... mens raak sommer verspot
 :-).

So geseend dat ek kan sien hoe Lara al die nuwe goedjies ervaar en geniet!


Sunday, December 29

Nelmari gaan dieretuin toe


Die probleem van so lank in die deel van die wereld bly, is dat iets "allerdaags" hier nie noodwendig vir ander is nie.  Selfs met Nelmari wat nou ampertjies 3 jaar weg is weens studies ... uitgevind "Ma ek was nog nooit by die kinder-dieretuin nie".
Page4
Maak nie saak hoe groot of klein mens is nie, en nou praat ek van ouderdom nie lengte nie, om in 'n dieretuin te wees is om weer klein te wees.
Page5

Een van die beste interaksie dieretuine wat ek al in was en weereens 'n heerlike dag! Nou om uit te vind of William al hier was ...

Wednesday, May 1

Nuwe pret in Abu Dhabi

Ook seker nie heeltemal so nuut nie, dit het in Januarie oopgemaak, maar beslis iets wat die dorp nodig gehad het ... sy eie waterpark.  Ek self het nog nie daar gaan kuier nie, maar die kinders het met baie terugvoer en foto's.   

Page1
Ek hoor die souk is nie so groot soos by ander waterparke in die land nie, maar vir hulle was die park belangriker.  Self sal ek nie sommer daar koop nie, want dis lekker duur, maar met die paar winkels en 'n eetplek of drie is jy gehelp deur die dag.  
Page2

Die waterpret is egter 'n perd van 'n ander kleur want hulle was mal daaroor.  43 verskillende ritte, op 4 verskillende moeilikheids vlakke het beteken dat hulle nie halfpad deur alles gekom het nie, en moet daar weer gegaan word. 

DSCF1858

Van bo een van die ritte kan mens ver sien.  Die rooi dag gebou is die Ferrari World waar die vinnigste rollercoaster ter wereld is en die wit dakkies regs is die Grand Prix baan.  Behalwe vir daai stukkie sand wat julle sien, lyk dit soos 'n woestyn?   

Page3
Nog van die ritte.  Al probleem wat mens ondervind is die lang toue want almal wil in die hitte gaan afkoel en wat kan lekkerder as 'n waterpark wees.  Maar as jy jou dag goed beplan en daar nie skoolbusse kinders of toeriste is nie, kan dit 'n heerlike dag van pret en plesier wees.  Mens kan natuurlik VIP kaartjies ook koop dat jy nie in die rye hoef te staan nie. 

Ek sal maar self ook moet gaan kyk hoe dit daar lyk.


Thursday, April 26

Dinge verander by die dag


Dis die laaste maand van lente hier in die woestyndorp en ek het nou-net geloer na die temperatuur wat 'n mak 42C is.  Lente by die huis is die tyd wat mense woel en woeker in hulle tuine en hier begin mens half liewers binne bly.  Het verlede naweek gou-gou weer by die ou souk naby die hawe gaan draai en 'n paar goedjies opgemerk.  
DSC_0424

Daar is baie mense wat dink dat dit nou tuinmaak weer is ... ai tog die frustrasies as alles binne 'n maand doodgebrand word.  Maar die plante by die souk laat mens regtig lusvoel vir tuinmaak.  

DSC_0425

Ek weet nie hoe om te verduidelik wat "groen", "tuingroen" hier vir mens beteken nie.   Daar is selfs nog tyd vir kitsgras le.  
DSC_0428
Ek weet nie hoeveel dit nou in SA kos nie, maar net om julle 'groen' te maak :-), Hier kos 'n vk meter kitsgras dhs10 (R20). 
DSC_0429

Plante lyk mooi en sterk, maar daai sonneblomme het 1 dag in die hitte uitgehou.  
I7

Hierdie foto van die souk het ek so 'n tydjie terug geneem.   Agter die geboue is daar see en die mense kom met hulle dhows om produkte hier te verkoop.  Mens kon werklik enige iets van twak tot toonnaels hier koop.   

DSC_0432

Maar behalwe 'n klein bietjie plastiek goed en die plante, lyk die afdakke nou so ...   En hoekom?  
DSC_0427

Nuwe hoe geboue het hier ook begin opskiet.  Daar is eintlik baie min van die dorp wat ons baie jare terug leer ken het oor.

Maar die hitte het nog nie minder geword nie ....




Saturday, February 25

Wind waai ‘n hond uit ‘n bos

Die afgelope paar weke is die weer iets afgrysliks hier. Ek hoor dat Tom in sy nuuste rolprent 'n sandstorm "beleef" en volgens mense wat dit gesien het, is dit 'n vulletjie teen wat ons die laaste tyd mee moes deel.

596928190

Die laaste paar dae/weke is dit wat ons meestal ervaar op die pad.

1179059440

En mens moet mooi kophou want die sig het niks aan die mense se kan-nie-bestuur-vernuf gedoen nie.

DSC_0001

Die ergste wat ek in al die jare hier nog beleef het, was verlede naweek toe ons Ruwais toe gery het. Ons het eenmaal 'n maand 'n uitreik-diens daar in die woestyn.

DSC_0005

Die wind was iets ysliks en met niks geboue langs die pad nie, net woestyn was dit by tye skrikwekkend.

DSC_0004

So 'n paar kilometer voordat ons moet afdraai was dit ons uitsig en ons was effens bekommerd ons gaan die brug mis en in Saudi opeindig :-).

Hoeveel mense gaan in die weer vir die "diens" opdaag - ons het geweet die wat met die boot kom sal beslis nie opdaag nie. Maar soos altyd is God baie getrou en het ons in hierdie winderige, sanderige Shamel storm, 100% meer mense as verlede maand gehad. Die storms kan maar kom en ons probeer weghou, maar hier in die woestyn is groot goed aan die kom ook :-)

sandstorm

En dan natuurlik op bietjie stiller wind-dae (jy kan nog die sand in die lug sien) is dit ook 'n werkskeppingsgeleentheid - hoe anders kom die paaie weer skoon. Gelukkig is ons sandhoop in die portaal bietjie kleiner en mens stofsuig dit sommer.

Sunday, May 29

‘n Lekker nuwe ontwikkeling


Die naweek weer in Dubai gewees. Het die laaste tyd soveel gehoor in die nuus, tydskrifte en by mense hoe stil Dubai nou is .... wens ek het geweet watter paaie hulle ry, want ons het maar redelik die normale malhuis verkeer op hulle paaie gekry. Dis wanneer mens deur Dubai ry dat jy weer van vooraf waardering het vir Abu Dhabi se beplanning.


Page6


So 'n week of twee terug gehoor van die nuwe sport resort wat hulle behoorlik onder my neus gebou het en natuurlik moes ons gou gaan kyk want die tieners en jongmense soek 'n plek vir 'n uitstappie. En watter aangename verrassing was dit nie. Dis nog nie 100% klaar nie, en het slegs 'n "soft" opening maar ek kan al klaar sien dat hier nog baie gekuier gaan word.


Page1


Ons eerste besoekpunt was een van die skietbane. Die nuutste tegnologie word gebruik op die professionele skietbaan waar hulle selfs skietlesse aanbied en vuurwapens verkoop. Dit gaan natuurlik deur die proses van polisiegoedkeuring, maar die baan bied selfs persoonlike kluise waar die wapens gehou kan word. Elriza het hier 'n bietjie die laserbaan gaan uitprobeer en dit was nogal groot pret. Pyl-en-boogskiet bane word ook nog op die oomblik gebou.


Page2


Die tweede stopplek was die go-karts wat 'n volledige 18 sirkel baan het waar mens kan rondjaag in motors van verskillende kragsterkte. Streng maatreels word hier toegepas en mens moet eers 'n aantal veilige rondtes met die kleiner motor doen voordat jy kan aanbeweeg na die groot perde. Die baan het selfs 'n pawiloen vir die wat wil kyk en aanmoedig. Mens kry die regte klere en valhelm om erg professioneel te lyk wanneer jy jaag. Hierdie lyk na iets wat ons tienerseuns sal wil doen.


DSC_0022


Ons het heeltyd gedink dat paintball heelwaarskynlik die aktiwiteit sal wees wat ons kinders voor sal gaan, en kon heerlik rondkyk by drie van die vier bane wat reeds oop is. Hierdie buitebaan met spreiligte as mens in die aand wil speel, is ook die een wat kompetisies aanbied en waar spanne mekaar uitdaag.


Page3


Die Pacific World War 2 baan is ook verskriklik oulik. Ons toer het op dieselfde dag as die plaaslike koerante geval, en omdat ek met die kamera rondloop is ons orals toegelaat wat nogal lekker wees. Hulle wou net heeltyd weet in watter koerant hulle foto's gaan verskyn :-).


Page4


Ek het gedink die Wilde Weste se baan is die oulikste. Die kinders gaan verseker 'n fees hier he en met baie bloukolle wegstap.


Page5


Dan kon ek nie glo dat hulle sommer hier onder my neus twee varswater "lakes" gebou het vir die watersport nie. Hier kan daar allerhande watersport beoefen word en daar word lesse gegee as mens nou nie heeltemal dit self kan doen nie.


Bo en behalwe al hierdie goed is daar 'n equestrian baan waar perdry lesse aangebied word en selfs show jumping. Kleinduif skiet bane word ook ontwikkel saam met 'n offroad circuit vir motors. Daar is 'n swembad, gim, tennis-, volleyball en basketball bane en sokkervelde. Ek klink miskien soos 'n advertensie, maar julle moet weet hierdie plek wat baie baie groot is, is sommer so op my voorstoep gebou sonder dat ek dit geweet het. Ek weet net dat die kinders beslis hier gaan uithang.


Geniet julle laaste rusdag!


Thursday, May 19

Toegang tot die eiland


Met Nelmari wat nou haar laaste skooleksamen skryf, was ek die laaste tyd enige tyd van vroeg tot middag oppad eiland toe om haar by die skool af te laai en elke keer was daar honderde motors wat almal ewe ongeduldig is wat saam met my op die pad is. Mens mis die dae toe die dorp heelwat minder motors gehad het. Ek besef net weer dat hierdie dorp verskriklik gegroei het in sy kort lewe en dat onsself 'n paar nuwe toegangroetes tot die dorp/eiland beleef het.


abudhabi-masdar


Op hierdie foto wat ek van die internet af geleen het, kan julle mooi sien dat die dorp Abu Dhabi reg rondom hom water het.


An aerial shot of the empty land of Abu Dhabi, and the road (or  bridge) that was a beginning to Abu Dhabi's future. 

Courtesy Al Ittihad


In 'n boek wat ek gelees het, skryf hulle hoe hulle met 'n klein roeibootjie van die eiland na die vasteland geroei het. Die wagpos was die geboutjie op die foto onder regs.


2039892


Met ons koms was daar nog steeds net die een brug, maar daar was geboue en bome is orals begin aanplant. (Foto ook vanaf die internet)


DSC_0004


Op 'n stadium het die verkeer meer geword en 'n tweede identiese brug is gebou.


157647


Die ou waghuis is omskep in 'n museum en reggemaak en ek wonder hoeveel mense het dit al besoek omdat dit so half uit die dorp uit is.


DSC_0001


Elke keer wat ek onderdeur die brue ry - dit is oppad na een van ons gunstelinge eetplekke - probeer ek altyd 'n foto van die toring neem want ek het nooit geweet hoe lank gaan dit nog staan nie. Hierdie mense het vroeer nie veel aandag gegee aan restoureer nie, maar ek sien darem die toring word reggemaak.


DSC_0005


En toe rondom verlede jaar is daar weereens 'n brug gebou om te help met die toenemende verkeer.


02-Sheikh%20Zayed%20Bridge-20%20October%202010


Hierdie foto is deur 'n helikopter maatskappy geneem en wys baie mooi die drie brue langs mekaar met nog steeds die toring en waghuis te siene.


Die drie brue is al lankal nie meer die enigestes wat toegang tot die eiland verleen nie. Dit maak nouwel die verkeer bietjie beter, maar hoeveel motor kan die eiland nog vat. Ek weet ek en klompe ander motoriste voel dis nou genoeg. Wonder as hul die motor en brandstofpryse opstoot of dit 'n verskil sal maak - ek sien nie juis dat dit in SA 'n verskil maak nie.