Wednesday, February 14

Kindergroep

Maandagaand was weer Kindergroep tyd. Alhoewel ek heelwat foto's geneem het van die kinders tydens sang en lofprysing was die kwaliteit van die foto's nie te goed nie. (Dis regtig nou tyd vir 'n nuwe kamera). Dis een van die dele van ons groep waaroor ons so opgewonde is. Die kinders geniet die P & W ongelooflik baie. Na die P & W gaan die kinders na hulle groepies toe vir die lessie.
Helene ongelukkig kon ek nie jou dans foto plaas nie (wag maar dis sal kom) maar hier is van ons 8 - 10 jariges besig met hulle lessie. En hulle is ALMAL Suid-Afrikaners!!
Die kleintjies se tema was Wapenuitrusting van God en ons speel die "Armor of God" bordspeletjie. Dis 'n heerlike speletjie vir oud en jonk.
Klein Mia het ook kom kuier en wil plak en teken. Sy is amper twee jaartjies oud.

No comments: