Tuesday, February 6

Kindergroep begin weer

Na 'n lang vakansie het die SA Kindergroep ook weer begin. Vir die wat nie weet nie, die storie agter die storie. 'n Paar jaar gelede was my eie kinders nog klein en tydens Omgeegroep het hulle plus die ander lede se kinders maar groot lawaai gemaak as ons probeer groep hê. Vader het dit op my hart gelê dat ons die kinders moet produktief besig hou en so met 5 kinders in 'n villa het die SA groep begin.

Nou 'n paar jaar later is ons 50 kinders met 8 volwassenes sterk. Baie van daardie eerste 5 is nou in die tienergroep op wie ons baie trots is. As almal die dag opdaag is hulle 14!!.

Dis 'n groep waar ons leer van Pappa, sing, speel en baklei in Afrikaans. Selfs die Engels sprekende Safrikaners wat kom, praat Afrikaans. Wie het gesê Afrikaans is 'n taal wat uitsterf? In SA dalkies maar nie in Abu Dhabi nie!!


Van die kinders besig om te sing "Ons God is 'n Wonder God!"

Ons het 'n wonderlike lofprysings program wat die kinders vreeslik geniet. Van tyd tot tyd tree ons selfs in die kerk op en tydens die Kersprogram het hulle spesiaal vir ons kinders kom vra om saam te sing. Daar is ook 'n optrede gehou in een van die plaaslike hotelle vir Kersfees.

Leana is 5 jaar oud en gebore in Abu Dhabi. Sy praat Afrikaans met 'n Amerikaanse aksent (rol die woorde selfs meer as 'n Gautenger) maar sy praat hom goed en ek kan my verluister aan haar. Die kleintjies se lessie vandag het oor gebed gegaan en hoe ons enige tyd en enige plek en enige manier met Vader kan praat. Hier maak sy 'n "gebedsblommetjie".

Vandag het die middelgroep geleer hoe om 'n "Awesome Disciple" te wees, en die ou ek af te lê en nuut te begin. Ons lessies is baie prakties sodat die kinders dit hulle eie kan maak. Hier is van die outjies besig om hulle "sonde" in 'n "sinbox" te gooi.
Twee van die ouer seuns, Ricus en Dirk besig om versies op te soek. Hulle leer een van die maniere om versoekings te vermy is om te fokus om goed te doen ipv om nie verkeerd te doen nie.

Hulle versie vir vandag.


Die tieners het vanaand gaan Pizza eet.


No comments: